DKD nie langer in Oscar se pad na hoogste hof

Oscar Pistorius destyds tydens die moordverhoor. (Foto: GIANLUIGI GUERCIA / AFP)

Nié Ronald Lamola, minister van justisie en korrektiewe dienste, óf Makgothi Thobakgale, nasionale kommissaris van die departement van korrektiewe dienste (DKD), sal Oscar Pistorius se aansoek om regstreekse toegang tot die Konstitusionele Hof teenstaan nie.

Die altesaam vyf respondente in die saak, onder wie Lamola en Thobakgale, het aanvanklik versuim om hul opponerende eedsverklarings betyds in te dien voordat hulle Dinsdag eindelik in ʼn verduidelikende beëdigde verklaring aangedui het dat hulle nie langer Pistorius se aansoek gaan teenstaan nie.

Luidens dié verklaring het die respondente “geen geskil” daarmee dat Pistorius die Konstitusionele Hof nader nie. Die respondente is ook gemaklik dat Pistorius in aanmerking vir parool kom – mits die hoogte hof sy vonnis na 6 Julie 2016 terugdateer.

Dit staan Pistorius dus nou vry om die land se hoogste hof te nader in die hoop dat hierdie hof die appèlhof se bevel, wat verwarrende bewoording bevat het, korrek interpreteer, die Babelse verwarring rondom sy parool uitklaar en beslis dat Pistorius reeds in aanmerking kom vir parool, pleks van in Augustus 2024.

Conrad Dormehl, Pistorius se prokureur, het Woensdag aan Maroela Media gesê Pistorius sal nou sy aansoek om direkte toegang sou gou moontlik indien.

“Dit is dan in die hof se hande óf en hoe en wanneer hulle dit gaan aanhoor,” verduidelik Dormehl. “Hierdie is nie in die einde van die pad nie en die hof moet steeds uitspraak lewer.”

Maroela Media het vroeër berig Pistorius se aansoek om parool is einde Maart afgekeur omdat hy glo nie die minimum tydperk van aanhouding voltooi het nie.

Die DKD het aanvanklik aangedui dat Pistorius meer as die helfte van sy vonnis uitgedien het en vir parool in aanmerking kom. Die departement het dié weergawe gewysig en later aangekondig dat hy in werklikheid eers in Augustus 2024 vir parool sal kwalifiseer.

Die verwarring kom nadat die appèlhof in 2017 Pistorius se aanvanklike vonnis van ses jaar vir moord tersyde gestel en met ʼn vonnis van 13 jaar en vyf maande vervang het.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

33 Kommentare

Harley Davidson ·

Dit het seker tyd geword vir Oscar om op parool te gaan hy kan nie vir ewig in die tronk sit nie ,dit is hoe ‘n beskawing werk of ons daarvan hou of nie.

Gert ·

Jy is reg en dan kan Riva ook uit haar graf klim en teminste tyd saam haar ma spandeer.

piet ·

Nie eers die Appelhof nie. Die Konstitusionele Hof moet nou kyk of die Appelhof se optelsomme klop. Eintlik lagwekkend.

Karoo ·

Nou dat Reeva se Pa afgesterf het, is daar niemand meer sterk genoeg om te beklei nie.

Kobus ·

Haar pa is verbitterd en gebroke graf toe, gaan haar nie terugbring nie. Geen wenner nie. Oscar se ergste staf is nie die tronk nie maar sy gewete. Net hy ken die waarheid. Ek oordeel nie

Delia ·

Ek dink Karoo bedoel dalk juis dat niemand die borg nou meer sal teenstaan.

Piet 6 ·

Delia, jy weet verseker nie wat die verskil tussen borg en parool is nie.

Delia ·

Ek het bedoel parool, verkeerd getik. Dankie Piet 6. My kop was besig met die 3de borg van die ander man

kommentaar ·

Dan het jy duidelik nog nie daai tannie se werkinge gesien nie

blia ·

Ek stem saam, daai tannie is die een wat die hardste baklei het. Daai oom en tannie het my later ‘n bitter smaak in die mond gegee. Dis tragies en bitterlik hartseer om jou kind te verloor, maar soos hulle aangegaan het, wou ek later vra “Is Reeva se moord nou erger en belangriker as ander mense s’n?” Daar is BAIE mense wat hierdie verskriklike verlies deurmaak, maar hulle verwerk dit privaat. En ‘to top it all’ het hulle bitter baie geld gemaak uit onderhoude en dokumentêre oor die tragedie.

Marcello ·

Ek hoop hierdie keer gaan Oscar Pistoruis slaag, hy het nou genoeg straf gehad vir wat beweer was moord uitgedien.

Gert ·

Ek hoop hy sal hierdie keer besef dat indien hy wakker word en sy vrou nie langs hom is nie dat sy moontlik die geraas in die badkamer veroorsaak en haar vra of sy daar binne is voordat hy skiet deur n toe deur.

Republikein in die Wes Kaap ·

Hy moet nooit weer ‘n vuurwapen besit nie. Te onvolwasse daarvoor. Huil eerder voordat hy verantwoordelikheid aanvaar.

Casper ·

Ek was nie daar nie en daarom weet ek nie wat die waarheid agter die skiet dood van Steenamp was nie,maar een ding wat nie betwyfel kan word nie is dat Oscar geen poging aangewend het om seker te maak waar Steenkamp was nie.Hulke het saam gebly hoekom sou sy dan die deur sluit.Hoekom nou skielik die tegemoedkomendheid van DKD.As Oscar parool kry sal hy nog steeds nie ‘n vry man wees nie maar onder die donkerwolk van korrektiewe toesig leef met streng voorwaardes tot sy vonnis van 13 jaar en vyf maande verstryk.

Bolandse Nooi ·

As ‘n man sy vonnis – oftewel die gedeelte wat vereis word voor hy parool mag kry – uitgedien het, het hy dit uitgedien. Laat die een wat sonder sonde is, die eerste klip gooi … Oscar sit nou al vir 7+ jaar in die tronk … hoe lank wil julle nog hê moet hy sit? Is die wete dat hy sy verloofde vermoor het, nie genoeg aanklag op sy gewete nie? Hy was in die fleur van sy lewe (ja, sy ook) en op die toppunt van sy loopbaan … hy het alles verloor en is deur die gemeenskap verguis. Wat nog???

Ronel ·

Dis hoog tyd dat Oscar parool kry. Niks kan verander aan wat gebeur het nie, maar daar is miljoene daar buite wat almal ‘n tweede kans gegun word – waarom hy nie ook nie?

piet ·

Die punt is hy is geregtig op parool volgens die Wet maar word nie vrygelaat nie weens ‘n fout (begaan deur die Appelhof nogal).

kommentaar ·

Die dag toe Barry Steenkamp dood is kon ek hoor hoe draai daai tannie se ratte. Ek hoop Oscar kom vinnig uit. En moet asb nie vir my preek wat as dit jou dogter was nie, want dit is nie!

Keelvol ·

Dit maak my siek dat jy hom so ophemel. Sou jy dieselfde van n plaasmoordenaar gesê het.

Gabriel ·

Die verwaring met sy parool kon vermy gewees het , as die Apel hof sy vonnis terugwerkend gemaak het tot sy oorspronklike vonnis , dan kon die tyd wat hy reeds gedoen het daarvan afgetrek gewees het en of in agneem word interme van sy gewysigde vonnis.

Gert ·

Ek kan nie sien hoekom al sy Dae nie kan tel vir straf uitgedien nie . Hy was mos toegesluit vir daai tyd en als moet mos tel. Hy is ook die eerste ou wat 2 keer vir dieselfde oortreeding gestraf is

Keelvol ·

Waar’s hy ooit 2 Keer gestraf? Hy word soos n hel deur party mense behandel. … maak my siek.

annie ·

Die astrante mannetjie wil gereed wees vir die volgende Olimpiese Spele. Wat ‘n arrogante man wat niks voel vir ander mense nie. ‘n Bedorwe brokkie wat die tragiese gebeure net afskud en steeds roem najaag.

Owlie ·

Hierdie man moes lankal uit die tronk gewees het – sy hele lewe is op gemors oor “so called liefde” Gee hom ook n regverdige kans in die lewe – indien haar ma weer die parool teestaan is daar bsie vrae wat nooit beantwoord sal word nie

O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.