DKD ontken Derby-Lewis-berig

Clive Derby-Lewis Foto: news.howzit.msn.com

Clive Derby-Lewis Foto: news.howzit.msn.com

Die departement van korrektiewe dienste (DKD) ontken dat die hooggeregshof in Pretoria ʼn bevel uitgereik het waarvolgens Clive Derby-Lewis na ʼn hospitaal oorgeplaas moet word.

“Die finale hofbevel is verwerp en die hof se finale besluit was dat die normale prosedures gevolg word,” het Manelisi Wolela, woordvoerder van die DKD, gesê. Die Saturday Star het vroeër berig dat hof beslis het dat Derby-Lewis na ʼn hospitaal vervoer moet word nadat hy in die tronk aangeval en met ʼn mes gesteek is. Wolela sê Derby-Lewis se vrou het Woensdagmiddag ʼn aansoek voor die hof gebring en versoek dat haar man vir mediese behandeling by ʼn privaat mediese-fasiliteit geneem word. “Selfs die oortreder Derby-Lewis was onkant gevang en het niemand opdrag gegee nie en wil niks met die aansoek te doen hê nie,” het Wolela in ʼn verklaring gesê. Wolela sê Derby-Lewis se vrou se aansoek is aanvanklik toegestaan maar Vrydag omgekeer. “Mev. Derby-Lewis en haar prokureur het hof versoek om die voorgeskrewe prosesse van korrektiewe dienste te ignoreer.” Wolela sê die hof het aan Marius Coertze, Derby-Lewis se regsverteenwoordiger, gesê dis nie reg om Derby-Lewis te dwing om iets te doen wat hy nie wil doen nie. “Die hof het die prokureur versoek om die saak met korrektiewe dienste op te los en om die voorgeskrewe prosedures te volg en die nodige vorms in te vul.” Wolela sê indien Derby-Lewis in ʼn hospitaal behandel wil word, sal hy die departement se prosedures moet volg.

Lees ook:
Hof las dat Derby-Lewis na hospitaal oorgeplaas word
Aanval op Derby-Lewis glo te doen met Waterkloof-2
Derby-Lewis en Walus sterk in hospitaal aan
DKD bevestig aanval op Derby-Lewis en Walus
Clive Derby-Lewis en Janusz-Walus glo in tronk aangeval

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.