DKD ontken gerugte oor beweerde Dros-verkragter

Die beskuldigde in die hof. Foto: Jonisayi Maromo/ANA

Die 20-jarige man wat aangekla word dat hy ʼn sewejarige dogtertjie in ʼn Dros-restaurant in Pretoria verkrag het, se toestand is bestendig en hy sal na verwagting binnekort terug na die gevangenis oorgeplaas word.

Dít volgens die departement van korrektiewe dienste, wat in ʼn verklaring gesê het hy het met skok verneem van die verklaring van die organisasie #NotInMyName, wat beweer die man het ʼn oordosis dwelms geneem.

“Ongelukkig het #NotInMyName nie die DKD gevra oor die omstandighede wat daartoe gelei het dat [die beskuldigde] nou mediese behandeling ontvang nie.”

Singabakho Nxumalo, DKD-woordvoerder, het in ʼn verklaring gesê medici by die gevangenis het die man ondersoek en toe aanbeveel dat hy na ʼn buitesentrum vir verdere ondersoek oorgeplaas word.

Die departement het nie bekend gemaak wat tot die beskuldigde se hospitalisasie gelei het nie.

Die man het in Maart vlugtig in die landdroshof in Pretoria verskyn. Hy staan tereg op aanklagte van verkragting, ontvoering, aanranding, dwelmbesit en dwarsboming van die gereg. Hy het vroeër vanjaar sielkundige waarneming ondergaan, waarna daar bevind is dat hy geskik is om verhoor te word en toerekeningsvatbaar was tydens die beweerde misdade.

Maroela Media het vroeër berig die staat beweer die man het die kind van die restaurant se speelterrein af tot by die toilet gevolg waar hy haar verkrag het. Volgens die staat het die kind se ma hom op heter daad betrap toe sy na haar dogter gaan soek het.

Sy verhoor begin in September vanjaar in die hooggeregshof in Pretoria.

Lees alle vorige berigte oor die Dros-saak op Maroela Media.

[Red] Maroela Media het besluit om nie die beskuldigde se naam bekend te maak totdat hy op die aanklagte teen hom gepleit het nie soos deur die Strafproseswet bepaal word. Artikel 154(2b) van die Strafproseswet bepaal dat geen persoon wat teregstaan op seksuele oortreding se aanklagte geïdentifiseer mag word, direk of indirek, voordat die beskuldigde nie op die aanklagte teen hom gepleit het nie. Sodra die beskuldigde gepleit het, sal Maroela Media sy identiteit bekend maak soos deur die wet bepaal.

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

6 Kommentare

Tammy ·

Natuurlik sal die tronk nie se waarvoor die man hospitaal toe is nie. Ons almal is welkom om te dink wat ons wil. Hy kan nie eers tussen nie tronkmure homself beheer nie. Haal hom uit die samelewing, hy hoort nie hier nie. Sies!!!

madels ·

Tammy ek weet nie of jy n ma is nie, maar glo my as dit jou seun was, sou jy heeltemaal n ander deuntjie gesing het en nie so vinnig God gespeel het om hom so te veroordeel nie. Sies! vir jou!!! Jy weet nie eers wat gebeur het met hom nie! Glo my kinders kan uit die mees wonderlikste huise uitkom en ERG DROOGMAAK! Hierdie jong man het n verskriklike ding gedoen aan daai arme onskuldige kind wat hy vir die res van sy lewe sal mee moet saamleef en voor moet boet. Ek bid dat hy by Jesus uitkom voor hy by die Regterstoel van God moet staan. Bid eerder vir hom en bid vir daai arme kind wat hierdie verskriklike erge wrede daad moes deurmaak. Albei het genesing nodig!

Wonder ·

Iets se net vir my dat die kerel onskuldig is. Hoekom sal n verkragter AL sy klere uit trek om iemand te verkrag….Hy speel teen tyd. Wonder net of die ma hom REGTIG gevang het! Het die ander nie blanke mense hom nie uitgetrek nie??? Die ding heel baie “loop holes”

Nettie ·

@Wonder ………….. ek wonder ook. Mens kan niks glo wat dié nasie kwytraak nie en by alles waarby hulle betrokke is, neem ek maar ‘n lywige knippie sout. Ek dink hy is op die verkeerde tyd op die verkeerde plek betrap. En ons weet dat daar baie keer vals klagtes gelê word en valse beskuldigings gemaak word net vir ….. wel wat ek ten beste kan beskryf, om “to get back at you whites” of om die een of ander sort “kick-back” daaruit te kry.

Helder lig ·

Wonder.
Baie dankie! Toe ek sien daar is weer ‘n berig oor die Dros saak, het ek my oë toegemaak en gevra dat daar asb een kommentaar sal wees wat dieselfde voel soos ek, ek het ook van dag een af ‘n sterk gevoel gekry dat daardie jong man (seun) onskuldig is, ongeag van enige ras, hy is die perfekte kandidaat om ge-“frame” te word, hy het nie ‘n uitstekende agtergrond nie en dan nog ‘n geskiedenis van dwelms ook…
Daar is vir my net teveel goed wat regtig nie sin maak nie, soos jy noem, dat hy heeltemal naak was.. en dan nog die onmiddelike herrie wat los gebars het..
Ek kan maar net hoop en bid dat die volle waarheid sal uitkom, terwille van almal betrokke, ook die dogtertjie, sy bly ‘n slagoffer van ‘n baie nare situasie.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.