DKD ‘slaggereed’ om etes by tronke oor te neem

Argieffoto

Die departement van korrektiewe dienste (DKD) is vol vertroue dat hy in staat is om die spysenieringsdienste in 26 gevangenisse oor te neem wanneer African Global Operations (voorheen Bosasa) se dienste op 24 Maart tot ʼn einde kom.

ʼn Span van die DKD het die parlement se portefeuljekomitee oor justisie en korrektiewe dienste toegespreek oor die penarie waarin die departement hom bevind nadat African Global Operations om vrywillige likwidasie aansoek gedoen het. Die maatskappy is vroeër ʼn multimiljoenrand‑kontrak toegeken om spysenieringsdienste aan 26 Suid-Afrikaanse tronke te voorsien.

Die DKD het ʼn besigheidskontinuïteitsplan aan die komitee voorgelê waarvolgens die DKD self die spysenieringsdienste sal oorneem. Die departement sê hy is besig om sy interne kapasiteit in die verband te versterk en het reeds vanaf 31 Januarie die spysenieringsdienste by die Groenpunt-gevangenis in Deneysville en die Bizzah Makhate-gevangenis in Kroonstad oorgeneem.

Volgens die departement toon die implementeringsplan dat die DKD gereed is om spysenieringsdienste by al die bestuursgebiede wat geraak word oor te neem en behoort die oorgang van die dienste glad te verloop. Die departement sê die risiko’s rakende wetlike aspekte, sekuriteit, finansiële impak en gesondheid is geïdentifiseer en die nodige versagtingsplanne is gereed.

Lede van die portefeuljekomitee het die DKD aangeraai om ook maatreëls te tref om in die vervolg te verhoed dat een maatskappy ʼn dominante diensverskaffer word en op so ʼn wyse die departement monopoliseer. Die komitee het ook gesê oorsigbesoeke sal gedoen word om seker te maak die departement is wel gereed om die spysenieringsdienste oor te neem.

Intussen is kennisgewings uitgereik aan die DKD-beamptes wie se name by oortredings betrek is in getuienis voor die Zondo-kommissie van ondersoek na staatskaping. Die departement sê vyf van die ses beamptes het op die kennisgewings gereageer en sal ʼn voorlegging oor die saak direk aan die nasionale kommissaris van korrektiewe dienste, Arthur Fraser, lewer.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

14 Kommentare

SjN ·

Het hul nie vroeer self kos gemaak nie, self groente, ens geplant, hulle het mos jare se tyd, nog n teken van rommelstatus.

lanie ·

Hoekom kan daar nie van hulle dienste gebruik gemaak word om groente tuine aan te le waar die mense kan werk en hulle kos verdien nie in plaas van op die belasting betaler se nekke te le nie

Wonder ·

Waarom word Gavin Watson nie toegesluit nie, wie beskerm hom? Mnr Masutha ??? Weet jy dalk??? Lawrence Mrwebi en Jiba is mos nie meer daar nie???

Hennie ·

Ons moet nooit vergeet dat dit die ANC en sy kaders is wat hierdie dinge aangevang het nie! Bosasa net so “sustainable” soos die Gupta besighede!

anon ·

Ek stem jare terug was die dienste van mense in dietronke uitgehuur…. ook was daar die lieflikste goernte tuine….. die mense in die tronke het self kos gemaak,. Dit gaan hulle uit die kwaad hou en dan kan hulle minder met drugs ens smokkel in die tronk.

Hanna Hoekom ·

Tronke het dan altyd self kos geproduseer en etes gelewer? Leeukop gevangenis beslis. Klink vir my na tenderpreneurs / korrupsie!

ne ·

Onthou nog die bandiete het werk gedoen op plase. Mens moes net toesig hou dat hulle nie weg hardloop nie. Sal daarvan hou om malema te kry…

George ·

In plaas van om voor waaiers te sit en televisie te kyk kan hulle gerus hulle eie groentetuine begin. Dit is vroeer gedoen en moes selfs paaie ens maak onder ordentlike toesig

Nuuskierig ·

Ek is nogal nuuskierig om te hoor van wanneer is afgewyk van die gewoonte dat elke gevangenis selfversorgend was.
So jy plant self die groente wat jy wil eet & maak self die kos!

Boet Fasie ·

Met al ons wette en mense regte mag die bandiete nie meer werk nie, hulle kry lekker kos, mag aan sport deelneem, tv kyk en daar word nog gesorg dat hulle vermaak ook kry teen betaling, terwyl die belastingbetaler moet opdok vir alles.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.