DKD slaggereed vir tronkmatriek

Korrektiewe dienste sê 189 kandidate leer hard om op verlede jaar se slaagsyfer van 77% te verbeter. Foto: Morné van Rooyen

Die departement van korrektiewe dienste is tevrede met die voorbereidings vir die matriekeksamens wat in DKD-skole afgelê sal word.

Altesaam 189 in 13 skole landwyd sal vanjaar die eksamen vir die senior sertifikaat aflê.

Singabakho Nxumalo, DKD-woordvoerder, sê die departement werk nou saam met die departement van basiese onderwys en ander vennote om ekstra klasse aan te bied en bykomende hulpbronmateriaal beskikbaar te stel om die gewone lesse aan te vul.

Die eerste praktiese vraestel is op 15 Oktober in Barberton se korrektiewe sentrum waar leerder die rekenaartoepassingstegnologie-eksamen sal aflê.

Die Korrektiewe Skool Kutama Sinthumule op Louis Trichardt het die meeste leerders, naamlik 30, terwyl Durban-Westville se 23 die naasmeeste het. Nxumalo sê albei skole hoop om hul prestasie van ʼn 100%-slaagsyfer in 2017 vanjaar te herhaal.

“Toegang tot onderwys bly ʼn hoeksteen van rehabilitasie en die DKD is trots op die gevangene Abdul Simelane, wat matriek op die ouderdom van 52 jaar sal skryf,” sê hy.

DKD meen formele onderwys verseker dat oortreders gefokus bly midde-in hul omstandighede sodat hulle hul volle potensiaal kan verwesenlik.

Die departement strewe na ʼn reuse-verbetering in verlede se slaagsyfer van 77% en glo vas ʼn 100%-slaagsyfer is binne bereik van vanjaar se matriekklas.

“Gevangenes is tans besig met hersiening, sê Nxumalo, “aangesien dit deurslaggewend voor die eksamen is. Opvoeders moniteer hul daaglikse rooster om enige ongewenste afleiding uit te skakel.”

Hy sê die eksamenproses by al 13 sentrums sal “geloofwaardig” wees danksy die toesig deur amptenare van die departement van basiese onderwys. Die sentrums sal ook voldoen aan die reëls wat landwyd vir eksamens geld.

Die departement wens sy matrikulante voorspoed toe tydens die eksamen, wat op 28 November eindig.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

Estelle ·

Soveel admin, tyd, energie en geld om ñ nuttelose NSS te kan bekom.

Estelle ·

Waarskynlik ja IK, maar daar is ander opsies om ñ pad na verdere opleiding, wat nie net beperk is tot SA is soos met die NSS nie. Cambridge, GED, American High School Diploma. En dan is die wêreld se deure vir jou oop. Die NSS word net in SA erken, geen ander land se tersiêre instansies wil raak aan iemand met net ñ NSS nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.