‘DKD weer skuldig aan rassediskriminasie’

Foto: Reint Dykema

Foto: Reint Dykema

Die Kommissie vir Versoening, Bemiddeling en Arbitrasie (KVBA) het kort op die hakke van die konstitusionele hof bevind dat die departement van korrektiewe dienste (DKD) weer skuldig is aan rassediskriminasie.

Dit volg nadat mnr. Philip Kitching oor die hoof gesien is vir ’n vakante direkteurspos in Noordwes weens die feit dat hy ’n wit man is, wat volgens die DKD oorverteenwoordig is op daardie vlak.

Solidariteit het die KVBA weens diskriminasie in die werkplek genader nadat Kitching aan al die minimum vereistes vir die geadverteerde pos voldoen het, maar nie as ’n moontlike kandidaat gekortlys is nie.

Volgens Johan Kruger, adjunkbestuurshoof van Solidariteit, het die vakbond namens sy lid aangevoer dat hierdie handeling ingevolge artikel 6(1) van die Wet op Billike Indiensneming op onbillike diskriminasie in die werkplek neerkom.

“Die KVBA het ons gelyk gegee dat die uitsluitlike inagneming van die nasionale rassedemografie met die kortlys van kandidate vir die pos en in die afwesigheid van ʼn geldige diensbillikheidsplan onbillike diskriminasie daargestel het. Die kommissaris het beklemtoon dat om iemand op grond van sy ras en geslag nie te kortlys nie, ’n totale belemmering op sy bevorderingsgeleenthede in die werkplek plaas, en dit word uitdruklik ingevolge artikel 15(4) van die Wet op Billike Indiensneming verbied,” het Kruger verduidelik.

Volgens Kruger het die KVBA ’n bedrag as skadevergoeding aan Kitching toegestaan en ook beveel dat die DKD stappe moet doen om te verhoed dat soortgelyke onbillike diskriminasie of soortgelyke praktyke, naamlik dat geskikte kandidate doelbewus bloot op grond van ras uitgesluit word, weer plaasvind.

“Hierdie beslissing is maar net weer eens ’n bewys dat onbillike diskriminasie op grond van ras met hand en tand beveg moet word. Solidariteit sal steeds aanhou om die geveg teen hierdie praktyke te lei,” het Kruger gesê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

10 Kommentare

Lance ·

Al so baie gesien dat die wat die hardste skreeu oor n ding staan gewoonlik self agter die deur … net nog n voorbeeld

Anthonie Van Bosch ·

Ek is jammer vir hierdie persoon, maar ek dink die wittes moet meer konsentreer op die wit-armoede/werkloosheidsprobleem. Wat se programme word op die oomblik deur welgestelde wit rykes bedryf om die wittes te help? Is daar enige nuus hieroor?

Koos ·

Athonie ek stem ‘n goeie voorbeeld hiervan is toe die onwettige plakkerskamp in Moreletapark gebrand het die wit mense het mekaar uit die pad gestamp om komberse klere en kos vir hulle te vat maar in PTA wes is ‘n blanke plakkers kamp onder haglike omstandighede met net hulp van Solidariteit.????

Dirk ·

Ek verstaan die persoon se negatiewe houding. Eks self in DKD en doen aansoek vir baie poste maar nooit ge kortlys nie. Dis so sad. Ek kry die idee DKD is gerig op quantity nie quality nie.

jaco ·

anthonie, maak BAIE GIED seker van al die feite voordat jy arm wit mense help. ek was deel van ‘n aksie eendag om arm wit mense te help om n ordentlike bungalow in hulle plakkerskamp op te rig. NET die vrouens het ons gehelp. die mans het net gestaan en kyk. wat my opgeval het soos wat ek deur hulle woonstrukture beweeg het, was dat daar op groot skaal alkoholiese drank gebruik word en ek kon sien dat amper ALMAL rook. As daar geld is vir so baie sterk drank en vir sigarette, dan kry hulle mos nie regtig swaar nie. Die mans was ook eenvoudig net te lui om ons te help. Toe ek die dame in beheer van die uithelp-poging sê van hierdie waarnemings, het sy nie kommentaar daarop gelewer nie, maar eerder begin om vir Helen Zille (toe nog Kaapstad se burgermeester) te beskuldig omdat sy nie die mense wou help nie. Toe ek antwoord en sê nie eens ons hemelse Vader sou die mense help nie, het sy my van godslastering beskuldig. Die wit plakkerskamp staan vandag 10 jaar later steeds daar…

Sarie ·

In Strand waar baie van hierdie haweloses by die verkeersligtte staan het Solidariteit met ‘n aksie begin om kinders met kos en huiswerk hulp te help. Hulle het opgegee op die groot mense. Dis jammer dat ons mense so verval het jou hande is afgekap.

Dis ook belangrik dat Solidariteit hierdie man by staan. Omgekeerde rassisme moet ook aangespreek word . Hulle het dit tot by die VN gevat en dis belangrik dat die ANC uitgewys word vir wat hul regtig is. Die DA sal ook dood gesien word voor hulle n wit Afrikaner man aanstel.

Jean ·

Weet jy wat gebeur met jou hulp aan ander plakkerskampe of het jy net op die hulp aan wittes gekonsentreer? Hoeveel kerke gee vir townships en swart plakkerkampe geld en hulp, hoeveel van daardie mense is nie ook maar lui of pleeg kriminele dade nie? Hoeveel van hulle vir wie jy geld deur die kerk gee rook en gebruik dwelms en sit en doen niks heeldag nie? Moenie die arm witmense uitsonder wat ‘lui’ is nie.

Tom ·

En die geld aan hom uitbetaal, kom van waar af nou weer?
As hy in die pos aangestel is teen hoër salaris, was daar minstens waarde vir geld.

Pieter ·

Jesus het gesê die aremes sal altyd met ons wees. Sorg vir wesuwees en die wese het hy gesê. Doen jy reg of doen jy goed. Goed doen is nie noodwendig regdoen nie en reg doen is nie noodwendig goed doen nie. Die wat nie werk nie sal nie eet nie sê die Bybel en ook vir ‘n rede. As die maag honger raak raak die handetjies besig. As ons heeltyd sorg vir die mense het hulle nie nodig om te werk nie want hulle is versorg. Die mense het ons mooi geleer want God sal ons mos seen as ons hulle vesorg of so dink ons.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.