[Video] DKD-werknemers moet bevorder word, terugwerkend vergoed word

Van die DKD-werknemers wat deur Solidariteit verteenwoordig word. Foto: Reint Dykema

Van die DKD-werknemers wat deur Solidariteit verteenwoordig word. Foto: Reint Dykema

Die konstitusionele hof in Braamfontein het vandag beslis sewe werknemers van die departement van korrektiewe dienste (DKD) moet bevorder en terugwerkend vergoed word.

Dit volg nadat hulle vroeër ingevolge die DKD se diensbillikheidplan vir bevordering oor die hoof gesien is. Die hof het voorts beslis die streek se rassedemografie moet ook in ag geneem word tydens die opstel van regstellende aksieplanne.

Solidariteit se saak teen die DKD het reeds in 2012 begin, toe die vakbond ʼn aantal sake oor die DKD se omstrede regstellende aksieplan gekonsolideer het. Volgens dié plan moet die nasionale rassedemografie in alle posvlakke weerspieël word, ongeag die profiel van die provinsie of streek.

Volgens Anton van der Bijl, hoof van Solidariteit se Sentrum vir Billike Arbeidspraktyke, verander vandag se uitspraak die toepassing van regstellende aksie teenoor minderheidsgroepe in Suid-Afrika vir altyd. “Die uitspraak is nie net ʼn reuse-oorwinning vir die spesifieke applikante nie, maar ook vir elke lid van ’n minderheidsgroep in Suid-Afrika. Die uitspraak is voorts ’n herbevestiging dat regstellendeaksieplanne aan grondwetlike beginsels moet voldoen en dat sulke planne ʼn genuanseerde benadering moet volg.”

Van der Bijl sê voorts dat vandag se uitspraak bevestig dat alle relevante faktore, soos onder andere die bepaalde streek se rassedemografie, tydens die opstel en toepassing van regstellendeaksieplanne in ag geneem moet word. “Aangesien die DKD se plan nie die streeksdemografie in ag geneem het nie, is die plan as sulks gebrekkig en onwettig. Dit is dus duidelik dat dit onwettig is vir enige staatsdepartement om sy regstellendeaksieplan slegs op die nasionale rassedemografie te skoei. Ons sal daarom dienooreenkomstige stappe neem om hierdie bevel af te dwing. Hierdie uitspraak is dus ʼn groot terugslag vir die staat se beleid om die nasionale rassedemografie oral in Suid-Afrika toe te pas,” het Van der Bijl gesê.

Bruin Suid-Afrikaners maak sowat 51% van die ekonomies aktiewe bevolking van die Wes-Kaap uit en in talle spesifieke streke is die persentasie nóg hoër, terwyl hulle op nasionale vlak slegs sowat 8,8% van die totale bevolking uitmaak.

Solidariteit het namens tien werknemers van die DKD opgetree wat almal vir bevordering oor die hoof gesien is weens hul velkleur. Dit sluit Andre Jonkers, Christo February, Deidre Jordaan, Deric Wehr, Desiree Merkeur, Geo-nita Baartman, Jan Kotze, Linda-Jean Fortuin, Pieter Davids en Theresa Abrahams in.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

54 Kommentare

JC ·

VANDAG IS ‘N BLYE DAG!! SOLIDARITEIT/AFRIFORUM GELUK JULLE IS AWESOME!!

neelsie ·

Dankie Solidariteit, ons kan altyd op julle steun reken.
Moenie bang wees om hierdie korrupte stelsel hof toe te vat nie.

Loeis ·

Hoor my lied: binnekort gaan ons weer lees hoe die regstelsel “transform” moet word en hoe die grondwet eintlik nie geskik is nie. Kyk nou mooi.

Ons moet werk in die rigting dat die ANC en EFF saam nie in die parlement ‘n tweederde meerdereid het nie, sodat hulle nie aan die grondwet kan peuter nie. Binne ‘n maand stem ons – nie vir die parlement nie maar dit is ‘n kans om opposisiepartye ‘n hupstoot te gee. Elke kruisie gaan tel! Gaan trek hom by ‘n party wat vir jou belange staan!

JC ·

Loeis, hulle kan dit nie verander nie anders is dit ‘n verbreking van die SKIKKINGSOOREENKOMS wat bereik was in 1994- synde ‘n “solemn pact” te wees. Indien daar weggedoen mee word met ‘n mensereg in die Handves van Regte in die Grondwet, of dit gewysig word, moet die hele Grondwet heroorweeg en heropgestel word! Daardie manne was beslis nie dom nie! Die “regering” – “parlement” kan die regte in die Handves nie eensydig verander of wegvat sonder die Afrikaner se instemming nie anders is dit ‘n verbreking van die “solemn pact”, die bepalings waarvan uiteengesit is in die Grondwet, 1996. Eenvoudig gestel: dan is dit oorlog. Die feit dat die Grondwet uiteensit op watter wyse die Handves van Regte verander kan word is bloot net om aan ‘n formaliteitsvereiste te voldoen m.b.t. die opstel van die GW, dit was NOOIT die bedoeling van die Grondwetopstellers dat die Handves op wesentlike wyse verander kan word nie JUIS omrede dit ‘n ooreenkoms of skikking vir die “nuwe Suid-Afrika” was-SO wees vir eers rustig ou maat! Meerderheidsbesluitneming of oorheersing kan nie die skikking (GW en Handves van regte) troef nie omdat die skikking juis voorsiening gemaak het vir die beskerming van minderheidsregte. Eensydige verandering daarvan is nie moontlik nie! DIE GW is juis so ontwerp. Gaan kyk na die proses hoe die Grondwet en Handves van Regte tot stand gekom het!!

JC ·

D.w.s. dan moet die hele SA verander word (OF TOT NIET GEMAAK WORD?) en ‘n nuwe dispensasie uitgewerk word, en dan ontstaan die kans VIR ALGEHELE TERRITORIALE SELFBESKIKKING (EN EIE BELEID) EN NIE NET DIE hoogstens outonome territoriale selfbeskikkingsvorm waarvoor die Grondwet tans voor voorsiening maak in art 235 nie! DAN! is dit die AFRIKAANSES se kans op selfbeskikking!!!

Loeis ·

JC, wat jy se oor die skikking respekteer klink pragtig. In teorie. En in alle respek, jy is naief.

“Dan is dit oorlog”. As ons daai oorlog in 1992 gehad het, was dinge vandag baie anders. Maar die sportaanbidders het toe ook die veiligheidsmagte weggegee. Oorlog is glad nie ‘n wyse plan nie.

JC ·

Hi Loeis, ek respekteer jou mening. Met oorlog bedoel ek nie “oorlog” as sulks nie -het dit meer bedoel as ‘n radikale wegbeweeg en/of distansiering van die huidige bestel en opset in SA en die daadwerklike daarstelling van die idee van selfbeskikking. Onthou selfbeskikking word eers regtig lewensvatbaar en word eers werklik internasionaal erken wanneer menseregte vergrype plaasvind [wat die geval sou wees indien die GW eensydiglik verander word d.i. die wegneem van fundamentele regte) en/of volksmoord (“genocide”) plaasvind. (Serwiers teen Kosovo) Onthou volksmoord kan ook op subtiele wyse plaasvind en DIT moet met alle mag beveg word. Dankie vir jou terugvoering en dialoog ek waardeer dit. Wil net noem ek self verpes naiewiteit! Jammer indien dit so oorgekom het :-)

Basson ·

JC natuurlik kan ‘Meerderheidsbeluitneming en -oorheersing’ die grondwet troef – viz bv UP en die res se taalbeleid verandering.

JC ·

Nee Basson, jy is verkeerd. UV is hof toe gesleep deur Afriforum. Afriforum GAAN DIE SAAK WEN. Gaan lees asb na of gaan kyk na die definisie en artikel oor “majoritarianism” by onder andere Wiki en die beskerming wat juis gebied moet word deur Handveste van Regte ten einde te verseker dat meerderheidsoorheersing nie minderheidsregte ondergrawe nie! UP kan doen wat hul wil, dis waar ja… (ek self het daar studeer) maar indien daar ‘n inbreking op GW regte plaasvind deur hul optrede kan hul Hof toe gesleep word en hul besluit op hersiening geneem word. Afriforum wag waarskynlik net om te hoor wat se die regters in die saak teen UV en dan gaan hul sekerlik voort met regstappe teen UP, viz om hul (ongrondwetlike) besluit te laat hersien en tersyde stel. Meerderheidsbesluitneming troef dus GLAD nie die grondwet nie, alhoewel daar gepoog mag word, my ou vriend.

JC ·

Basson, UP sal dus dan (na die hofsaak) maar hul besluit moet heroorweeg met inagneming van GW regte, hopelik is die besluit dan een wat juis ons “en almal” se GW regte vindikeer (soos dit EINTLIK hul plig is as die staat) in pleks daarvan om blykbaar aktief TE PROBEER POOG om ons GW regte af te breuk!!

Koos ·

Dis ‘n bloedneus vir diskriminasie in die werksplek ,wel gedaan.

Basson ·

JC ek wil jou baie graag glo – in teorie klink alles so mooi, maar in praktyk gebeur dit nie so. (Sien ook die Fedsas saak). Minderheidsregte is m.i. nie goed genoeg verskans in grondwet.

Koos – hou in gedagte dat die WIT werknemer NIE sy saak teen DKD gewen het nie, die uitspraak het JUIS gese WITTES is oorverteenwoordig. Die uispraak het NIKS aan BEE verander nie.

Joe ·

Dankie vir die goeie werk om geregtigheid te kon laat geskied

chris ·

Fantastiese werk Solidariteit !!! En daar kry die DKD leke op hulle neuse !! Vat so !!!

Willie ·

Mooi so Solidariteit nou is die grondslag gelê vir al die staatsdepartemente.

Loeis ·

Uitstekende werk Solidariteit!

Hierdie is baie goeie nuus vir minderhede in die algemeen, en kleurlinge in die Wes-Kaap in die besonder, en is ‘n oorwinning vir die oppergesag van die reg ook. Puik gedaan!

Lollie ·

BAIE GELUK darem baie goeie nuus vir n slag veral met al die negatiewe stories wat altyd in die nuus is

Connie ·

ondersteun hulle finansieel. Dankie mak nie hulle bankrekening vol nie. Dankie outjies, julle is ysters.

Gerd Lourens ·

Skitterend Solidariteit!!!

Nou sal die busse oortyd Kaap toe ry vanaf die Ooskaap.

Josua Keys ·

Nope!!!!!! die regter was rasities in die uitspraak, die ANC en EFF sal apel aanteken om diè uitspraat te betwis en sal argumenteer dat die uitspraak nie tot voordeel van die meerderheid werklose mense van Suid Afrika is nie en dat dit inbraak maak met Demokrasie en die kostitusie asook regstellende aksie in SA en dat Solidariteit sulke hofsake wil gebruik om die verkiesing uitslag te wil manupileer om stemme te werf vir die opposisie partye. Hou maar die spasie dop, dis mos wat hulle doen as jy teen hulle ingaan!

Jaco ·

Fantasties!!!!!!!!!!!

Geld dit nou vir die privaatsektor ook??

Peter Harber ·

Baie, baie geluk! Volgende wat hof toe geneem moet word is die beginsel dat Amptenare en Politisie wat so maklik hof toe hardloop met belasting geld persoonlik aanspreeklik gehou word vir kostes. Hulle strategie is om te appeleer tot hoogste hof om daardeur tyd te wen en dan moet ons daarvoor betaal. Hulle dien nie die gemeenskap nie slegs eie kaders en dit met belasting betalers se geld!

JC ·

Hi Peter, baie goeie punt, dis van uiterste belang dat dit dringend gedoen word. Dit moet die volgende stap wees wat geneem word. VAT HULLLLE VAS AFRIFORUM (SOLIDARITEIT)!!

HEVW ·

Baie geluk Solidariteit. Nou le die groot taak voor en dit is om die duim op almal te hou. Hoeveel hofsake kom nog??? Groot moedswilligheid sal daar wees!!

JC ·

GROOOOT MOEDSWILLIGHEID hehe! AG WAT, DIT SKRIK SOLIDARITEIT BESLIS NIE AF NIE, hehe!

Ou Vlakvark ·

Die huidige regerende party se idealogie soos vergestalt in sy “National Democratic Revolution” met as oogmerk ‘n “National Democratic Society” gebaseer op ‘n nasionale kleurgebaseerde kwotastelsel moet ten alle koste op ‘n geweldlose demokratiese wyse beveg word.

Baie dank aan Solidariteit vir sy insette. Reg en geregtigheid het geseëvier.

lettie ·

Geluk Solidariteit vir jul deursettingsvermoe, toewyding en sukses! Wat die equityplan betref, baie meer swartes word indiens geneem in staatsdiens as enige ander rassegroep, maar dis ook die swartes wat die meeste per groep die staatsdiens verlaat met verskeie faktore.

charmaine ·

Baie geluk dit vat tyd maar so sal ons opstaan teen die boelies!!

Ou Bosvark ·

My vriend Ou Vlakvark,

Alle ware eerbare en vredeliewende Suid-Afrikaners moet hulself beslis vergewis wat die “National Democratic Revolution (NDR)” en die “National Democratic Society (NDS)” beteken en behels.

Ook my geluk aan Solidariteit. Ons moet almal saam verseker dat hierdie hofbeslissing afgedwing word.

Basson ·

So waar is die ‘ANC-light’? (DA)

Gauteng se rasse demografie is 70% swart, en die res die res, so dit nou 7+x+x+x ?

Lennox ·

JC, you are very naive! Whilst I appreciate what Solidarity has done for these members, your ignorance are obvious. All the ANC needs to change the Constitution, is a 2/3 majority!

JC ·

Lennox, ek is bly om te verneem dat dit skynbaar so maklik is, my ou vriend. (sarkasties) Dit is nie so maklik nie. “There is much more at play here than merely “just” changing or taking away fundamental human rights my friend”. Who is naive now?? Have you at any stage studied law perhaps? Ons praat van wysigings aan menseregte, nie speletjies by die kleuterskool nie. Verduidelik asb aan my waarom my “onkunde” so duidelik is? Daarom sal dit NOOIT gebeur nie en sal dit ‘n uiterste vertrouensbreuk daarstel met die gevolge soos hierbo beskryf!

Lance ·

Eintlik is dit n bewys dat die anc regering gladnie demokraties is maar wel uiters rasisties …haal eers die balk uit jou eie oog …maklik om vinger te wys …bly vir die uitspraak hoop net hulle volg dit nou wat hulle smeer hulle af aan die hof …kyk maar ma wat by sauk gebeur !

Charmaine ·

Bale geluk Solidariteit,weereens n bewys van aanhouer wen.

Andre ·

Is hierdie werklik ‘n oorwinning? Die konstitusionele hof net bekragtig dat demografie wel gebruik moet word met aanstelling. Verwys na die wit persoon, wie se appel van die hand gewys is, bloot oor sy spesifieke verkleur al reeds “oor verteenwoordig” is. Die vlakke van diskriminasie is nou net minder onbillik as wat dit was.

M A ·

Die uitspraak is n oorwinning vir kleurlingmense in die Weskaap. Vir niemand anders help dit eintlik nie. Maar ek is bly vir hulle!

se maar net ·

Andre, net wat ek ook se. Rassisme teen wittes is nie rassisme volgens hof. Geluk aan die ouens wat wel nie teen gediskrimineer mag word nie. Wil sien of DKD hulle daaraan gaan steur.

Ivan ·

JC. Dis lekker om `n slag iets goeds van die skikkingsooreenkoms te lees.Die meeste van ons, myself inkluis weet maar bitter min daarvan.Jou insette daaroor gee my `n effense beter gemoedsrus vir die toekoms.Afriforum,,Solidariteit,,, julle is bielies……

James ·

Dankie DA vir jul puik ondersteuning en sterkte vir dit wat julle vir die afrikaans sprekende volk doen, waardeer opreg.

TJ ·

As Ek reg onthou het die vryheidsfront plus en kie omngeregtiheid aangevat ?

Stefaans ·

Lekker “back pay” vir die outjies, maar ek wonder hoe die pad vorentoe gaan wees – ek voorsien nie ‘n aangename werksomgewing nou dat die DKD op sy herrie gekry het nie.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.