Dlamini gekap oor staatskaping-uitlating

Bathabile Dlamini, president van die ANC Vroueliga (ANCVL), by die ANC-verkiesingskonferensie (17 Desember 2017). Foto: ANA

Die Suid-Afrikaanse burgerlike organisasie Sanco het Maandag gesê die organisasie is geskok deur die uitsprake van Bathabile Dlamini, president van die ANC-Vroueliga (ANCVL) en ʼn kabinetsminister, dat Suid-Afrikaners staatskaping moet vergewe soos hulle apartheid vergewe het.

“Ons hoop dat Dlamini se skandalige siening nie gedeel word deur die ANCVL of enige van die leiers wat by die ANC se 54ste nasionale konferensie verkiesbaar is nie, want dit is in lynregte teenspraak met die ANC se onderneming om die vlaag van korrupsie te beveg,” het Jabu Mahlangu, Sanco se nasionale woordvoerder, gesê.

“Indien daar gehoor gegee word aan enige voorstel dat diegene wat verantwoordelik is vir die plundering van staatshulpbronne op ʼn ongekende massiewe skaal, terwyl daar ʼn bespotting van ons strafregstelsel en teenkorrupsiemaatreëls gemaak word, maar net oor die hoof gesien moet word, sal dit die doodsklok vir die regerende party wees.”

Sanco is ʼn alliansievennoot van die ANC.

Dlamini het in ʼn onderhoud met News24 gesê: “Suid-Afrikaners, hoekom is hulle nie vergewensgesind nie? Hulle wil altyd mense etiketteer. Hoekom sê hulle nie ‘kom ons luister vir ʼn slag na Carl [Niehaus] en gee hom die geleentheid om te verander’ nie.”

Sy is ʼn vraag gevra oor die gebrek aan gevolge vir mense wat in die gelekte Gupta e-posse geïmpliseer word, insluitend Niehaus, ʼn lid van die Umkhonto we Sizwe-militêre veteranevereniging.

“Daar is mense wat ʼn lisensie het om te doen soos hulle wil in die land en ons bly stil daaroor en dan is daar mense wat ons fyn dophou en nie ʼn kans gee om te herstel nie. As ons apartheid kon vergewe, hoekom is dit so moeilik om iemand anders te vergewe en seker te maak daar is regstellende stappe vir sommige van die kwessies?”

Mahlangu het gesê die ANC moet homself van Dlamini se uitsprake distansieer. “Haar vroeëre bewering dat almal in die ANC nasionale uitvoerende komitee ʼn paar ‘smallanyana’ geraamtes het laat vrae oor morele en etiese leierskap ontstaan,” het Mahlangu gesê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

14 Kommentare

Petro ·

Dat hierdie vrou hoegenaamd toegelaat word om in die regering te dien gaan my verstand te bowe…nepotism se moses.

BOLANDER ·

Petro, ek kan nie meer saam met jou stem nie. Baie baie goeie vraag!!!!!!

V ·

Kom ons laat dit dan ook as ‘n misdaad teen die mensdom verklaar en hou ‘n ordentlike waarheids en versoenings komissie om al hierdie wandade aan die kaak te stel. Of is dit ‘n mindere misdaad as mense weens swak dienslewering en onbekwaamheid in bv staats hospitale sterf? Dan praat ek nog nie eers van die vlaag geweldadige misdade in die land nie, ook ‘n direkte uitvloeisel van ‘n morele bankrot regering. Korrupsie maak mense dood Bathabile… Is jy bereid om tronk toe te gaan as die howe bevind dat jy aandadig is? Ek wonder…

Yster ·

Ek het geweet sy is nie baie wys nie . Hier is die bewys. Siestog kry haar jammer.

Kobus ·

Nog een wat n hand in die koekieblik het….nie meer tevrede met die laaste krummels

Ben ·

Daar is absoluut geen bewyse dat die ANC apartheid ooit vergewe het nie. Hulle weet nie eens waarvoor dit staan nie. Sou hulle apartheid vergewe het sou hulle besef het:
1) Dat Apartheid ‘n politieke stelsel was wat nie HAAT beteken het nie.
2) Dat Apartheid in plek was voordat enige van die huidige generasie blanke mense gebore was, wat nou tans al die ongereg ontvang.
3> Dat die huidige generasie blanke mense die was, wat daarteen gestem het en dit gestop het. Dit was nie die “Comrades” nie.
Se maar net.

Daniël ·

Ai Ben, besef jy dan nie dat as huidige generasie jou stem teen Apartheid dan juis hierdie chaos op ons land losgelaat het nie? Die tydperk 1948-1966 was Suid-Afrika se voorspoedigste ooit, die uitwissing van Apartheid in die tydperk daarna tot huidig is die noodwendige gevolg van die krisis wat nou heers. Dit het vir die ANC nog nooit gegaan oor sogenaamde demokrasie nie, diktatoriale mag was nog altyd hul doelwit. Wanneer gaan julle oë eindelik oopgaan?

SjN ·

Wonder wat was haar deel van die uitgawe tov die onthaal rekening.

Johan Momberg ·

Ben ek kon dit nie beter gestel het. Van wanneer af is “apartheid” sogenaamd vergewe. Dit word dan elke dag as verskoning vir korrupsie gebruik.

hans ·

ek stem saam met ben en johan dat hul nog nooit oor die apartheids era is nie. Dit is n baie geldige punt en ook my siening behalwe punt 3. Ek vind ook baie aanklank in daniël se siens wyse. Nogtans maak nie saak wat ons doen of sê nie sal ons altyd geskei bly van mekaar, ons het verskillende agtergronde en kultuur. Tog word sommiges se kultuur bo ander sin gestel. Apartheid het ook maar net die selfde gedoen…….

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.