Dlamini moet sê hoe welsynbetalings R6 miljard sal kos

Bathabile Dlamini, minister van maatskaplike ontwikkeling (Foto: ANA)

Bathabile Dlamini, minister van maatskaplike ontwikkeling, moet verduidelik hoe sy bepaal het dat dit die Suid-Afrikaanse agentskap vir maatskaplike sekerheid (Sassa) R6 miljard gaan kos om die welsynsbetalingstelsel oor te neem, het die Demokratiese Alliansie gesê.

Bridget Masango, die DA se woordvoerder van maatskaplike ontwikkeling, het gesê die bedrag is “kommerwekkend” en sy sal die minister in die parlement versoek om lig te werp op haar berekeninge.

“Hoe het die minister by dié bedrag van R6 miljard uitgekom? Het die bedrag toegeneem omdat Sassa nie gereed was om welsynstoelaes teen 31 Maart 2017 te versprei nie?

“Die nuwe bedrag van R6 miljard is angswekkend en kommerwekkende vrae ontstaan oor die DA se volgehoue indruk dat Dlamini doelbewus die krisis oor die maatskaplike toelaes vervaardig het, om seker te maak dat die multimiljard rand se verspreidingstelsel voortduur en dat CPS steeds voordeel sal trek hieruit.”

Dlamini het Woensdag volgehou dat dit vyf jaar sal duur om Sassa gereed te kry oom die betaling oor te neem van die ongeveer 17 miljoen toelaes. Die betalings word tans deur Net1, ʼn filiaal van Cash Paymaster Services, hanteer ná ʼn uitspraak in die konstitusionele hof vroeër vanjaar.

Thokozani Magwaza, uitvoerende hoof van Sassa, het gesê Sassa sal uitgefaseer word, kragtens die hofbevel, en sal, indien nodig, vervang word met ʼn organisasie wat saam met Sassa kan werk totdat die organisasie self die verspreiding kan hanteer.

Dit is die eerste keer wat die minister ʼn bedrag genoem het oor die betalingstelsel.

Lees alle vorige berigte oor Sassa op Maroela Media.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

10 Kommentare

Onthale ·

Daar is natuurlik ook onthale ingesluit by die bedraggie.

Cherokee ·

Moet seblief nou nie nasty wees nie! Die Sassa-verteenwoordigers, waarvan Dlamini eintlik ook een is al wil jy dit hoe bewimpel om haar haar daar uit te hou, moet nie finansiële instellings en ministriële vergaderings bywoon met taxis en kroks soos alledaags karre nie maar moet die finansiële vooruitgang van Suid Afrika weerspieël, so as jy kyk na die 6miljard en jy onthou dat sy ‘n hele familie het wat agteraan drentel, sal jy dalk voorstel dat die 6 verhoog word na 6½, so watchout..!!

Adam ·

Cherokee, jy is heeltemal korrek en ons sal waarskynlik die syfer nog sien swel teen ‘n netjiese tempo. Wat ek egter nie kan verstaan nie, is hoe ‘n intellektuele reus soos Dlamini sonder mediese toesig op straat toegelaat word nie.

Boertjie ·

Gee my die helfte en 6 maande dan sorteer ek gou die probleem uit.

apie ·

Dit sal ‘n span IT stelsels-argitekte en -programmeurs 2 jaar neem en R100miljoen kos om die beste stelsel op te bou vir die poskantoor om almal foutloos te betaal elke maand. Dus waarvoor is die R5.8 miljard wat oorbly ? Dit klink of vooruitbetalings vir kernkrag terugbetaal moet word aan die russe en Sassa is die maklikste roete.

dirk L ·

ek hoop minister Dlamini kry die wind van voor van alle kante tot sy en haar trawante die aftog blaas. Ek hoop ek het dit op n ordentlike manier gestel , want my gedagtes by die lees van die minister se kapperjolle is nie heeltemal in bg. trant nie

Alida ·

Kan niemand dan sien dat hierdie vrou onbevoeg is nie? Die banke of Poskantoor kan mos die uitbetalings doen.

Johan Fourie ·

Onthou net 2 miljard van die 6 miljard gaan na Dlamini toe vir haar dienste harde werk om so te kan lieg,Dan 1 miljard na haar skellempie toe wat so lekker die kontrak los geslaan het.Dat jy jou later self glo wat jy se sin maak,Vir wie gee julle so baie geld.

Annie ·

Die sous trein is vol stoom op roete. Ek stem saam, mag hierdie stoom trein die wind van voor en agter kry. Tjoo Tjoo.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.