Dlamini ontduik vrae oor R6 miljard

Bathabile Dlamini. Foto: Flickr/GovernmentZA

Die staande komitee oor openbare rekeninge in die parlement het Sassa twee weke gegee om ʼn breedvoerige strategiese plan in te handig oor hoe hulle die betaling van welsyntoelaes kan oorneem.

Thokozani Magwaza, uitvoerende hoof van die Suid-Afrikaanse agentskap vir maatskaplike sekerheid (Sassa), het die komitee sowat vyf uur lank toegespreek. Bathabile Dlamini, minister van maatskaplike ontwikkeling, was sowat die helfte van die tyd teenwoordig, maar het geweier om uit te brei oor haar bewering dat dit R6 miljard sal kos vir Sassa om die betalings oor te neem.

“Ek dink regtig dit is onregverdig, want ons word ʼn vraag gevra en ons gee ʼn skatting in ag genome die werk wat ons al gedoen het. Ons sê duidelik dit gaan oor ʼn tydperk van vyf jaar plaasvind,” het Dlamini gesê.

Sy het reageer op ʼn vraag van Tim Breuteseth, DA-LP, oor haar uitlating verlede week wat tot hernieude verontwaardiging gelei het oor Sassa se skynbare gebrek aan gereedheid om die betaling van toelaes oor te neem. Dlamini het herhaaldelik gesê “Sassa is in ʼn baie moeilike plek”.

Dlamini het bewerings van ander LP’s dat sy onreëlmatige uitgawes aangaan deur van veiligheidspersoneel (wat deur haar departement verskaf word) gebruik te maak in plaas van die polisie, verwerp.

Dlamini het volgehou sy moet haar gesin beskerm aangesien hulle glo doodsdreigemente ontvang het toe daar onsekerheid was oor of die welsyntoelaes betyds uitbetaal sou word.

Magwaza het nadat Dlamini die vergadering verlaat het, wel toegegee dat hy nie weet hoe die minister by die bedrag van R6 miljard uitgekom het nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

15 Kommentare

MANIE ·

Dan se die anc die land is gereed vir n vroulike president. Laat mens baie wonder

m ·

Hierdie tannie weet nie of sy kom of gaan nie. Die uitdrukking op haar gesig se sy weet nie wat om haar aangaan nie. Hierdie toelae gaan nog n ramp word in hierdie land.

Afrikaanse Knaap ·

Wat maak haar gesin so spesiaal dat hulle beskerming kort en ek moet daarvoor betaal? Sy kan daarvoor betaal met haar ongenadiglike hoë onverdiende salaris. Soos die res van ons.

cor ·

Wat n onbevoegde kader sy het geen verantwoordelikheids sin nie en glo ook sy is aan niemand n antwoord verskuldig nie. Kry haar geld in die parlement verniet want sy is nooit daar nie, beskerm seker haar gesin met die R6 miljard . Is sy nie familie van die pres se ex nie, iewers so iets raak gelees.

Fires ·

Nuwe taktiek van die anc parlementslede, druk hulle in ‘n hoek en dan kom stories van sogenaamde doodsdreigemente

Johann cb ·

Sy behoort alle vrae te kan beantwoord – haar departement is immers jare gegun om ‘n nuwe stelsel te implimenteer! En sy behoort die koste tot op ‘n sent na te “regverdig”! Daar is baie GROOT fout en sy en haar departement behoort dringend deur die NVG ondersoek te word…sjoe, almal behoort te sien iets ruik baie sleg met dié transaksie…
En hoekom is haar kinders soveel meer belangrik as ander amptenare se kinders om ” beskerm” te word?
Wie is die begunstigdes wat betaling vir dié diens ontvang?
Ek vra maar net in my onkunde!

Golden handshake ·

Sy is vir my soos Hlaudi .. ek kan nie na een van die twee kyk nie .. Beide is volgens my heeltemal INCOMPETENT en loop ook nie juis ‘n reguit pad nie .. Lyk my in elk geval nie asof jy in SA gaan wen teen die mense nie, as hulle waai waai hulle met miljoene, maak nie saak wat hulle aangevang het en hoeveel geld hulle gemors of wanbestee het nie, hulle kry ‘n goue handdruk, in haar geval hoop ek nuwe lipstiek ook, en daar gaat hulle .. kyk nooit weer terug nie!

Magda ·

Hulle het 5jaar n onwettige kontrak gehad – wat gaan aan met ons Regering dat sy nog in die POS is wat sy is – en hoekom is daar nie aanklagte teen SASSA oor die onwettige kontrak wat hulle gekry het nie – en so gaan die korrupsie maar net aan. Tronk toe met hulle almal en gee die Kontrak vir iemand wat die werk kan doen – Wettig

vermeende ·

Natuurlik sal sy die vrae ontduik want daar is al klaar n 9miljard tekort nog voor dit begin het.

piper ·

ek het onlangs n huurmotor van jhb lughawe na sandton geneem. die bestuurder van die huurmotor het sommer dadelik politiek begin praat. hy beweer dat die minister kort kort parlement verlaat om n dop in die toilets te gaan maak. hy is n inwoner van soweto en beweer die mense is gatvol. dit was sy woorde. verder waarborg hy my 2019 is die anc weg as regering

Danie ·

Kan diegene wat verantwoordelik is dan nou regtig nie agterkom hier is ‘n slang in die gras nie?

GES ·

Ag nou toe-nou. Miljoene word verduister as of dit monopoliegeld is. Hierdie soustrein is al stukkend gery en almal kyk gedweë agterna. Skandelik en verfoeilik. Die gemiddelde mens moet ‘n leeftyd werk om soeveel pensioen bymekaar te maak as wat die kaderbende oor ‘n naweek blaas.

SARIE VAN HEERDEN ·

Ek het ook kinders en kleinkinders wat in gevaar lewe nadat ons ‘n gewapende roof en motorkaping oorleef het. Ek is gelukkig wit (lw. nie ongelukkig nie, maar gelukkig) en moet maar self sorg om my te beskerm en verdedig teen mense van ‘n ander kerk as ek nog die volgende dag hier wil wees. My sekuriteitskoste is net so hoog as ander s’n behalwe dat die staat nie die kostes dra nie. Viva my trots, Viva.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.