‘Dlamini sal weer miljoene se bestaan in die wiele ry’

Bathabile Dlamini, minister van maatskaplike ontwikkeling (Foto: ANA)

Die Demokratiese Alliansie het gesê Bathabile Dlamini, minister van maatskaplike ontwikkeling, sal weer miljoene se bestaan in die wiele ry tensy die nasionale tesourie die betaling van welsynstoelaes oorneem.

“Dis duidelik dat nóg ʼn welsynstoelaagkrisis binnekort op hande sal wees met minister Dlamini, die Suid-Afrikaanse agentskap vir maatskaplike sekerheid (Sassa) en Cash Paymaster Services (CPS) aan die een kant, en 17 miljoen arm en weerlose Suid-Afrikaners aan die anderkant, het die DA Sondag gesê.

Die DA ondersteun ʼn verslag wat vandeesweek by die konstitusionele hof ingedien is deur ʼn paneel kenners wat aangestel is om toesig te hou oor Sassa se gereedheid om die betaling van welsynstoelaes te behartig, het Bridget Masango, woordvoerder van die DA, gesê.

Die paneel het in sy verslag aanbeveel dat die departement van beplanning, monitering en evaluasie die moontlikheid moet ondersoek dat die nasionale tesourie die betaling oorneem, asook die lewensvatbaarheid of Sassa of die departement van maatskaplike ontwikkeling die funksies van administrasie, registrasie en verifikasie kan oorneem.

Die DA het in die verlede ʼn beroep gedoen op die tesourie om die betalingsfunksie by Sassa oor te neem, aangesien die agentskap “in gedrang gebring is onder die giftige invloed van minister Bathabile Dlamini”, het Masango bygevoeg.

Sommige van die risiko’s wat die paneel geïdentifiseer het, is:
– Sassa het geen onmiddellike plan om behoorlik die getal en ligging van kontantbetalingspunte in die nabye toekoms te oudit nie;
– Sassa wil die CPS-kontrak tot ná 1 April 2018 verleng om seker te maak dat CPS uitgefaseer word en ʼn nuwe diensverskaffer ingefaseer word, maar hulle het tot dusver nog nie die konstitusionele hof genader vir goedkeuring nie;
– Dit lyk of daar nie ʼn oordragooreenkoms met CPS is om seker te maak dat kontantbetalings ná 1 April 2018 kan voortgaan, of ʼn ooreenkoms met CPS aangegaan is om die maatskappy uit te faseer sodra ʼn nuwe diensverskaffer aangestel is nie.

“Met minder as twee maande voor 1 April is hierdie risiko’s baie kommerwekkend,” het Masango gesê.

Mark Barnes, uitvoerende hoof van die Poskantoor, het verlede week Dlamini daarvan beskuldig dat sy “nie reageer nie en vertragings veroorsaak”, ʼn verdere aanduiding van ʼn dreigende krisis, het sy gesê.

Dit wil voorkom of Sassa en Dlamini hul voete sleep om ʼn alternatiewe diensverskaffer te bekom en dit lyk nie of daar ʼn duidelike plan van aksie is nie. “Dis duidelik dat ʼn nuwe krisis op hande is. Die DA sal altyd die begunstigdes ondersteun en ons sal nie toelaat dat die minister of enigiemand anders hul bestaan bedreig nie.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

16 Kommentare

Johann ·

Wens ek kon se wat ek dink oor die tannie se gesigsuitdrukking… MAAR wat ek wel mag vra is hoeveel mag het sy in pag om WEER n situasie so te manupileer dat wat sy doen EN nie doen nie die Howe voorse wat SAL gebeur, of nie? Stem nie saam met 17 MILJOEN wat elke maand bakhand staan vir die ANC se massas manupileer en stemme koop taktiek op ONS REKENING nie. En sy doen dit met n blatante arrogansie van ontasbaarheid soos net NUMBA WHONE haar voor doen. GEWETENLOSE MAGSBEHEPTE VERGRYPER

Johann Marx ·

LOS HAAR UIT!!! Sy is hard besig om 2019 se verkiesings-uitslae te beïnvloed. “Struggle Minister van ‘n Struggle Organization”…

Nico ·

Wat ‘n onbekwame, vermetelde mislike wese. Sy is wat die souties sê ‘n “wrecking ball”.

Uvonka ·

Eina!!! Ons is Engelssprekende mense, nie souties nie. Stem saam met jou beskrywing van die wese!

Veritas ·

Die ou vrou en haar baas is besig om die ANC ‘n gevoelige slag toe te dien. Laat hulle begaan asb.

Nettie ·

@Veritas – ek stem saam! Los haar en Nummawan uit, hulle is besig om hulself EN die ANC op te hang aan die tou wat ons maar net geredelik moet uitsit.

Joe Hall ·

Dlamini is een van talle bewyse dat Zuma en sy Gupta pelle uiteindelik ‘n klein deeltjie van hierdie droewe land se probleem is. Die moeder van alle probleme is en bly die magsbehepte, korrupte ANC regime.
Om van Zuma ontslae te raak en met Ramaphosa te vervang, is van soveel betekenis as om narre in ‘n sirkus om te ruil.

Waarheid ·

Gee tou, laat dié daai gat díéper grou, sorg net dat onskuldiges en regverdiges níé in daai put beland.

snoefie ·

as weereens n uitdruklike hofbevel verontagsaam, moet sy van minagting van die hof aangekla en tronk toe gestuur word.

McArthur ·

Ek kan net nie oor die gesig kom nie – dit is net te veel vir my.
Dit spreek boekdele.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.