Dlamini tydelik minister van polisie

Bathabile Dlamini, minister van maatskaplike ontwikkeling. Foto: Flickr/GovernmentZA

Bathabile Dlamini, minister van maatskaplike ontwikkeling, neem dié week vir ʼn paar dae die leisels as minister van polisie oor.

Dit kom nadat Fikile Mbalula, minister van polisie, genooi is om ʼn internasionale kongres by te woon.

Vuyo Mhaga, Mbalula se woordvoerder, het gesê Dlamini is van 3 tot 7 Julie die waarnemende minister van polisie.

“Die seldsame eer het minister Mbalula te beurt geval om na ʼn Interpol-kongres genooi te word. Die agenda en rigting oor hoe dié wêreldliggaam moet reageer op kubermisdaad en ander verwante misdaad, word op dié kongres bespreek,” het Mhaga gesê.

Mbalula het Maandag na Singapoer vertrek.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

34 Kommentare

johnny_walker ·

ek kan soveel sarkastiese aanmerkings maak maar wat gaan dit help ? Here help ons !

Skybird ·

Nou verstaan ek hoekom ek nounog sit waar ek is, 7 maande al geskei van my familie! Te veel skommellinge, niemand het tyd om op werk aandag te gee

EQV ·

Ek kan nou se…maak vir wolf skaap wagter…maar daar is so baie wolwe in die cANCer,,,,ek is net meer en meer verstom elke dag wat aangaan in die mooie land wat ons eens gehad het

Uvonka ·

O wee, die een se houding spreek boekdele! Lag en kommerwekend terselfdetyd!

Tarina Engelbrecht ·

Ek bid ook Vader help ons. Sassa is daarmee heen – nou wat nou???/

Theresa B ·

Absoluut absurd!! Here gryp in asseblief!! Red ons land en red ons mense!!

Genieve ·

Wat n grap.Wa die mense se wysheid sy kan dan eers nie haar pligte by die Sassa debakel doen nie wat nog te se polisie.

wraggies ·

Selebi was president van Interpol op ‘n tyd, dalk wag daar iets op Mbalula.

Antie ·

Liewe Vader wat gaan aan in hierdie Pragtige Land van ons wat oral net verwoes en bespot word. Nou het ek sowaar nie woorde nie. Alles maar alles is besig om inmekaar te tuimel teen die spoed van lig.

arizona ·

Baie sterkte aan die Polisie manne wat onder haar werk. Die SAP lede moet nou “danger pay” ook kry want hierdie dame is n gevaar vir enige pos wat sy beklee

cor ·

Seker n “Floating Trofee” hulle wil vasstel waar gaan sy die beste skitter in onbevoegdheid. Sy en haar groep wil mos ook die dood straf terug bring , so sy moet kom vasstel hoekom word vroue en kinder moordenaars nie gevang nie en gaan solank werk maak daarvan.

Scalla ·

Volgende skuif is seker minister van gesondheid, dan kan sy vir haar en rooi oog van die sabc elkeen n lewer oorplanting reel, lagwekkend, een groot politieke grap.

vrikie ·

Is daar een of ander boksgeveg in Singapoer waarvan ons nie weet

René Prinsloo ·

O nee net nie dit nie. Ai ai die mense word in poste geplaas wat geen benul het van enige iets nie. Nou het ek alles gesien en gelees.

Johann ·

Sy is ‘n polisiemag op haar eie, die misdadigers sal haar net een kyk gee, dan laat spaander dat die stowwe so staan.

cor ·

n Polisie mag van ontkenning en sonder verantwoordbaarheid. Net1 gaan seker n veiligheids kontrak op kort kennisgewing kry om die lede se salarisse teen miljarde af te lewer.

Nico ·

Waar is sy tweede in charged seker bang hy word ontbloot so weet ons wie gaan saam met zuma groet seker klaar verblyf reg in dubai as die popo bars

CHRISTA ·

Dink julle Mbalula weet wat is kubermisdaad? Hy dink dalk dis ‘n nuwe computer game of spinnekopspesie!!!

popeye ·

LMGA!!!! Halfuur gevat om die sluk koffie uit my longe te kry!!! O jimmel…

Carel ·

Een van die mees boosagtigste mense op hierdie planeet. Daai gesig straal net haat uit.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.