Dlamini verseker Sassa-begunstigdes

Bathabile Dlamini, minister van maatskaplike ontwikkeling (Foto: ANA)

Bathabile Dlamini, minister van maatskaplike ontwikkeling (Foto: ANA)

Bathabile Dlamini, minister van maatskaplike ontwikkeling, het Sondag gesê daar is meganismes in plek om seker te maak dat alle welsynsbegunstigdes betyds betaal word, veral wanneer haar departement se huidige kontrak met Cash Paymaster Services (CPS) aan die einde van die maand verstryk.

“Die Suid-Afrikaanse agentskap vir maatskaplike sekerheid (Sassa) begin op 1 April met ʼn nuwe era in volgehoue ontwikkeling,” het sy tydens ʼn perskonferensie in Pretoria gesê. “Net soos in die verlede, sal almal betaal word. Ons fokus op ons mandaat om maatskaplike bystand te lewer aan die land se mees weerlose.

“Ons sal saam met alle sleutel belanghebbendes saamwerk en met die regsraamwerke wat ons werk en optrede beheer. Ons kan nie bekostig dat ons aandag afgetrek is en nie voldoen aan die belofte nie, dat die regte bedrag betyds en aan die regte persoon betaal sal word.”

Sy het gesê sedert Sassa in 2006 gestig is, word die 17 miljoen welsynstoelaes slegs deur derdepartye betaal. “Deur die dekade van Sassa se bestaan het ons verskeie oorgange beleef, van die oprig van die organisasie, die konsolidasie en standaardisering van die betaalstelsel van gefragmenteerde provinsiale stelsels, die instelling van ʼn nuwe betalingsdiensverskaffer plus herregistrasie waar ons meer as vyf betalingsdiensverskaffers oorgeskakel het na een geïntegreerde toelaagbetaalstelsel.

“Ons sal steeds welsynstoelaes ná 31 Maart betaal, wanneer die kontrak met die huidige diensverskaffer verstryk. Dit is en was ons enkele fokus en ons bly toegewyd tot hierdie visie. In Suid-Afrika is maatskaplike bystand ʼn konstitusionele reg en ons durf nie versuim om aan hierdie statutêre verpligting te voldoen nie.”

Sy het gesê haar departement en Sassa het “R140 miljard maatskaplike bystand wat direk na die begunstigdes gaan”. Sy het gesê in die toekoms sal Sassa sy eie betaalmodel hê om die toelaes te versprei.

“Die uiteindelike doel is dat Sassa ʼn geïntegreerde toelaagadministrasie- en betalingsproses verskaf. Dit beteken dat Sassa sy eie betaalkaart verg wat in ʼn oop en geslote stelsel gebruik kan word deur middel van ʼn biometriese identifikasiestelsel.” Dié Sassa-betaalplan is geskeduleer vir April 2019.

Dlamini het gesê sy was “in gesprek” met die minister van finansies Pravin Gordhan oor die toelaagdebakel waaroor miljoene weerlose Suid-Afrikaners, wat op welsynstoelaes staatmaak, angstig was.

Pres. Jacob Zuma het Saterdag met Dlamini en Gordhan vergader waar hy op hoogte gebring is van die regering se gereedheid om vanaf 1 April toelaes te betaal. “Die president is van mening die kwessie kan opgelos word. Hy het die twee ministers opdrag gegee om hulle tegniese spanne die mandaat te gee om aan alle uitstaande sake te werk om seker te maak dat die toelaes op 1 April betaal sal word,” het die presidensie in ʼn verklaring gesê. “Die ministers het die president verseker dat alles moontlik gedoen sal word om ʼn oplossing te vind.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

21 Kommentare

JWM ·

Jammer, sy oortuig my nie. As dit so eenvoudig was, was daar mos nie nou hierdie krisis nie en alles in plek. Ek bid maar verder.

Cherokee ·

Waarom sal sy dit hê as haar chief dit nie het nie? Vele van die wat dit het, het dit buitendien bedrieglik gekry.

christine ·

Boy o boy sy speel met die hienas en lamme se tande hulle sal vir haar kom byt.

snoefie ·

hoekom moet daar altyd n derde party wees? dis al due derde manne wat geld reserwes so vinnig oovreet. doen julle ….. werk self of bedank en gaan sit by die huis dat bevoegde mense die werk suksesvol en goed koop gedoen kry sonder die alewuge derdeparty/ middleman/ gabba wat bevoordeel moet word.

Scalla ·

Die tyd sal leer, as ek dinge so luister kwalifiseer die minister vir ongeskiktheids pensioen weens onbevoegdheid, sy sal verseker sorg dat sy April ten minste hare kry, voel niks vir die ander wat dit werklik nodig het nie

koos ·

Ek dink nie dat die matriek sertifikaat so seer die probleem is nie
Is meer die onvermoee om die delangrikheid van die saak te besef. As jy ook behoewenb is sal jy dem seker maak dingee is in plek. Jy het dan nie n matriek sertifikaat nodig.
As jy elke dag by jou werk is en doen wat van jou verwag word sal dit beter gaan.

Cherokee ·

Wat laat jou sò dink? Jy weet nie wie is haar vriende nie!

Frik ·

Dit het Dlamini en haar departement 3 jaar en 11 maande gevat om te kom waar hulle nou is met reelings in plek te kry vir uitbetalings en daar was nie tot laas week. Nou wil sy almal laat glo alles gaan reg wees en gereel , In plek plek wees binne n maand. “Dream on” hier kom n “train smach” en n oordentlike een

Basjan ·

Frik, ek stem 100% saam met jou. You can fool some people for some time, but not The al the people all the time.

Johann ·

Wat sy sê is baie vaag, as ek reg deur die lyne lees is daar nog niks konkreets in plek nie, verder wil dit sterk deurskemer dat slegs die aller armstes geholpe gaan raak. Help my, lees ek reg?

p ·

Wat is dan die nut van ‘n hof as hofuitsprake geminag word en geen vervolging vind plaas nie?

Cherokee ·

As die hof nie happy is nie kan dit emigreer. Hierdie is Afrika.

zoom zoom ·

Wat kry sy uit die kontrak met die bestaande paymaster dat sy die kontrak wil verleng. Ruik ek bollie of my bo-lip

Jan maak n Plan ·

Hierdie kan die spyker in die ANC se doodskis weers en veral Zuma se einde wees. Hoop hulle kaarte paleis tuimel in een.

Cherokee ·

Ek nie. Nie nòu al nie. Niè dat daar ‘n alternatief in die vooruitsig is nie, maar waarop hoop jy as ‘hul kaarte huis in een tuimel’? Op die EFF om oor te neem? Moet nou nie verspot wees nie en dink realisties, asseblief. Zuma is die beste president wat ons nog gehad het. Wiè anders kon die ANC so in brokke opgedeel het as hy? Wiè anders kon die ANC soveel verlies aan stemme gekos het as hy wat Zuma is? Wees dus versigtig en moet nie hoop op ‘n tè vroegtydige verbrokkeling van die ANC met miskien die hoop dat Helen Zille (lees Helen Suzman) se liberale party sal oorneem nie want julle mistyk heavy! Die volgende ‘leiers’ wat die kiesers ‘lyers’ kan maak, sal nòg meer Africa-wise wees.

Johann ·

Julle……! Behoede ons ou landjie van wanbetalings aan die massas! As jy wil weet hoe “blaf” n land? Dis hoe dit gaan klink aa die massas onbetaaldes hul.laaste parfien gebruik om SA aan die brand te steek…WOEF….maar Zuma en sy Zumaikies sal seker op Ntlnata wees langs die fire pool?

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.