Nkosazana Dlamini-Zuma, een van die moontlike presidentskandidate, is Donderdag as parlementslid ingesweer.
Dlamini-Zuma, wat Pule Mabe vervang het nadat dié bedank het, is deur Lechesa Tsenoli, die adjunkspeaker, ingesweer. Mathwes Wolmarans is ook in die plek van Brian Molefe, voormalige hoof van Eskom, ingesweer.
“Soos wat dit gewoonlik in die parlement gedoen word, sal die nuwe LP’s dadelik ʼn induksieprogram ondergaan en voorsien word van alle noodsaaklike handelsgereedskap om hulle by te staan om hul parlementêre pligte te verrig,” het die parlement in ʼn kort verklaring gesê.
Kort nadat die ANC bekend gemaak het dat Dlamini-Zuma in die parlement ontplooi gaan word, was bespiegeling groot dat dié stap op ʼn kabinetskommeling sal afstuur.
Dlamini-Zuma ontken egter enige wete van ʼn skommeling.
O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.
11 Kommentare
Natuurlik gaan zuma skommel en daar val die rand weereens. Sal nie verbaas wees as sy finansies toe gaan nie.
Die toekomstige middelpuntvlietende krag van die ANC in al haar glorie.
Daar is die volgende kabinetskommeling en die dame gaan verseker ‘n possie kry – ongeag die gevolge vir die rand. Onse prez lag weer die laaste en die hardste.
Die nasie van SA moet kennis neem, vandag is geskiedenis gemaak en die nasie heet sy eerste vroue president welkom.
Hoeveel vrouens het Zuma nog, ek wonder of hulle ook n beurt in die goue stoel sal kry.
Regte piesang republiek hierdie.
Jesus red ons van nog ń Zuma vir 10 jaar.