Dlamini-Zuma as LP ingesweer

Nkosazana Dlamini-Zuma ná sy ingehuldig is. Foto: ANA

Nkosazana Dlamini-Zuma, een van die moontlike presidentskandidate, is Donderdag as parlementslid ingesweer.

Dlamini-Zuma, wat Pule Mabe vervang het nadat dié bedank het, is deur Lechesa Tsenoli, die adjunkspeaker, ingesweer. Mathwes Wolmarans is ook in die plek van Brian Molefe, voormalige hoof van Eskom, ingesweer.

“Soos wat dit gewoonlik in die parlement gedoen word, sal die nuwe LP’s dadelik ʼn induksieprogram ondergaan en voorsien word van alle noodsaaklike handelsgereedskap om hulle by te staan om hul parlementêre pligte te verrig,” het die parlement in ʼn kort verklaring gesê.

Kort nadat die ANC bekend gemaak het dat Dlamini-Zuma in die parlement ontplooi gaan word, was bespiegeling groot dat dié stap op ʼn kabinetskommeling sal afstuur.

Dlamini-Zuma ontken egter enige wete van ʼn skommeling.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

11 Kommentare

Alida ·

Natuurlik gaan zuma skommel en daar val die rand weereens. Sal nie verbaas wees as sy finansies toe gaan nie.

Grassie ·

Miskien hoër onderwys. Ek dink Zuma wil van Blade ontslae raak.

John ·

Die toekomstige middelpuntvlietende krag van die ANC in al haar glorie.

Pensioenaris ·

Daar is die volgende kabinetskommeling en die dame gaan verseker ‘n possie kry – ongeag die gevolge vir die rand. Onse prez lag weer die laaste en die hardste.

Hanna ·

Hoe oud is die vrou?
Sy moet eerder Ouetehuis toe gaan. Haar spraak is by tye net so swak soos Mugabe sn. Sy wys weinig energie en sal seker 10 ander moet aanstel om haar werk.te doen.
Nee wat, Kabinetslede moet aftree as hulle max 60 is soos die res van die Staatsdiens

Vermeende ·

Die nasie van SA moet kennis neem, vandag is geskiedenis gemaak en die nasie heet sy eerste vroue president welkom.

Hoeveel vrouens het Zuma nog, ek wonder of hulle ook n beurt in die goue stoel sal kry.

Regte piesang republiek hierdie.

tamboti ·

Ek raai minister van mynwese, of is dit nou ondermyn of ondergrawe, ingrawe of wat ookal!

Boet Fasie ·

Sy gaan tydens haar induksieprogram sommer al haar handelgereedskap kry om haar pligte te verrig. Hierdie handelgereedskap sluit nou seker in tjekboek, kredietkaarte , SAL vlugkaartjies vir oorsee vlugte of miskien haar eie straler met staanplek op Waterkloof lughawe, en handleiding oor die toepassing van staatskaping in die banana republiek van SA .

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.