Dlamini-Zuma begin in haar pos

Nkosazana Dlamini-Zuma. Foto: ANA/David Ritchie

Die regering se kommunikasie-en-inligtingstelsel (GCIS) het bevestig dat Nkosazana Dlamini-Zuma, minister in die presidensie (beplanning, monitering en evaluasie), Vrydag met die pligte van haar nuwe pos in die Uniegebou in Pretoria begin het.

Dlamini-Zuma is Vrydag deur die departement van beplanning, monitering en evaluasie verwelkom.

“Die departement speel ʼn belangrike rol om te verseker dat die visie van die nasionale ontwikkelingsplan om ʼn beter en welvarende Suid-Afrika te skep, daargestel word,” het sy tydens ʼn toespraak gesê.

Die departement het op sy beurt Dlamini-Zuma as ʼn gerekende leier bestempel wat al onder presidente soos Nelson Mandela, Thabo Mbeki, Kgalema Motlanthe en Jacob Zuma gedien het.

Die departement het gesê hy is opgewonde oor die kennis wat sy kan bied om ʼn werklike verskil te maak.

Dlamini-Zuma is in 2012 as die eerste hoof van die kommissie van die Afrika-Unie aangewys. Sy het verlede jaar ʼn bittere stryd teen pres. Cyril Ramaphosa verloor om as ANC-president verkies te word. Haar veldtogte het veral daarop gefokus dat Suid-Afrika “gereed is vir die eerste vrouepresident”.

Lees ook: Ramaphosa kondig groot kabinetskommeling aan

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

6 Kommentare

Linda ·

Sy is n baie intelligente vrou. Ons wens haar die heel beste toe !

Elvira ·

Here wees tog net asseblief in beheer. Anders weet ek nie.

Beesblaas ·

Linda, daar is n verskul tussen intellegent en arogant.

Piet Piper ·

Die ANC onder leiding van Jacob Zuma en ‘n gemuil-bande Ramaphoza het meesterlik daarin geslaag om die kiesers in Suid Afrika gemaklik te hou en te laat bedaar.
Meesterlike Politieke Strategie wat hierdie land in oorlog en Anargie gaan dompel soos nog nooit tevore. Suid Afrika is aan die slaap gesus en wyl die kiesers bedwelmd is, word net gepraat en belowe….optrede teen korrupsie en bedrog bv…………maar intussen word nie een oortreder vasgevat en tronktoe gestuur…nee…….die bedrieers kry net ‘n nuwe ministers pos of word net beloon met iets anders. Dan reken Bheki Cele, ons nuwe oud minister van Polisie….hy was gefire oor huur/geboue bedrog 3 jr terug…….hy gaan Transito rooftogte vasvat , maar van moorde en plaasmoorde wek hy geen woord. Malema het ‘n waansinnige haat teen al wat wit is, behalwe sy huis se mure. Maimane is redelik ok, maar nog te veel van ‘n kind en onervare. Die ANC vis se kop vrot steeds, en daar is nie medisyne om te keer dat die hele vis verder verrot. Die nag kom nader, ek sidder.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.