Nkosazana Dlamini-Zuma sal binnekort by die Nasionale Vergadering aansluit wanneer sy as ANC-LP ingesweer word.
Die kantoor van Jackson Mthembu, hoofsweep van die ANC, het dié nuus Vrydagmiddag bevestig.
“Sy [Dlamini-Zuma] sal Pule Mabe as LP vervang. Ons kan in dié stadium nie sê wanneer sy ingesweer sal word nie,” het Nonceba Mhlauli, Mthembu se woordvoerder, bevestig.
Dlamini-Zuma het haar oog al ʼn geruime tyd op die presidentspos.
Meer inligting is nie in dié stadium bekend nie.
O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.
14 Kommentare
op die oog af sal ek eerder donald tromp se vrou as president kies,
Red ons tog net van dit…
Groot vraag
Is Pule Mabe betaal om te bedank?
Groot asb – net nie asb ‘n vroue president nie – dit gaan nag wees glo my
Asb nie weer n Zuma nie Wat van Johan Werth as pres