Dlamini-Zuma binnekort ANC-LP

Nkosazana Dlamini Zuma. Foto: Flickr/GovernmentZA

Nkosazana Dlamini-Zuma sal binnekort by die Nasionale Vergadering aansluit wanneer sy as ANC-LP ingesweer word.

Die kantoor van Jackson Mthembu, hoofsweep van die ANC, het dié nuus Vrydagmiddag bevestig.

“Sy [Dlamini-Zuma] sal Pule Mabe as LP vervang. Ons kan in dié stadium nie sê wanneer sy ingesweer sal word nie,” het Nonceba Mhlauli, Mthembu se woordvoerder, bevestig.

Dlamini-Zuma het haar oog al ʼn geruime tyd op die presidentspos.

Meer inligting is nie in dié stadium bekend nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

14 Kommentare

piper ·

op die oog af sal ek eerder donald tromp se vrou as president kies,

cs ·

Groot asb – net nie asb ‘n vroue president nie – dit gaan nag wees glo my

SARIE VAN HEERDEN ·

Die Zuma vrou is wel lid van die ANC maar op watter wyse is sy verkies tot die parlement? Het ons dan nou wraggies so laag gedaal dat ons nou sommer enige onverkose siel kan aanstel om te dien in die parlement?

Chevy ·

En so tjoek tjoek die ANC soustrein verder, hulle doen maar net wat hulle wil, was altyd al vriendepolitiek en verander nou in familiepolitiek.

N Lourens Reitz ·

Self beskikking op eie grond deur my eie mense.Dit alleen maak my trots- Volkseie

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.