Dlamini-Zuma dalk klaar met AU

Nkosazana Dlamini-Zuma. Foto: GovernmentZA/Flickr

Nkosazana Dlamini-Zuma. Foto: GovernmentZA/Flickr

Dit lyk al meer waarskynlik dat Suid-Afrika se Nkosazana Dlamini-Zuma vanjaar sal uittree as die voorsitter van die Afrika-Unie.

Op die vooraand van die AU-beraad word wyd bespiegel Dlamini-Zuma se tyd by die AU sal in Julie tot ʼn einde kom wanneer haar eerste termyn eindig. Daar word bespiegel sy sal terugstaan vir die Algeriese minister van buitelandse sake, Ramtane Lamamra, ʼn voormalige AU vrede- en veiligheidskommissaris.

Lamamra maak reeds voorbrand vir die posisie, maar daar is geen tekens dat Dlamini-Zuma dieselfde doen nie. Hy wou egter nie Woensdag bevestig of ontken dat hy sal staan as AU kommissievoorsitter in Julie nie. Op ʼn stelling dat daar wyd bespiegel word dat hy wel gaan staan, het hy geantwoord, “Laat die bespiegeling dan voortgaan”.

Tydens ʼn inligtingsessie oor die beraad in Pretoria Woensdag, het ʼn analis van die AU-binnekring gesê Dlamini-Zuma sal waarskynlik uittree omdat daar geen waarborg is sy sal weer verkies word nie en weens haar politieke ambisies in Suid-Afrika. Dit verwys na die vermoede wat al lankal die rondte doen dat Dlamini-Zuma haarself as kandidaat beskikbaar gaan stel om pres. Jacob Zuma op te volg.

Die analis, wie se naam nie genoem mag word nie weens die reëls van die seminaar, het egter erken daar is baie onsekerheid oor Dlamini-Zuma se planne. Sy het self nog nooit iets oor haar planne laat glip nie en sommige analiste glo sy sal eers haar besluit neem wanneer die opvolgerspolitiek in die ANC duideliker word.

Die analis het verder gesê alhoewel die verkiesing van die AU vrede- en veiligheidsraad gewoonlik relatief ongesiens gebeur, is daar verskeie faktore wat dit hierdie jaar belangrik maak. Een daarvan is dat al 15 lede se termyne terselfdertyd verstryk, wat beteken alle posisies is beskikbaar om gevul te word.

Die vrede en veiligheidsraad se belangrikheid het ook aansienlik gegroei in die lig van die aantal veiligheidskwessie wat die AU moet hanteer. Die raad is besig om dieselfde statuur as die VN Veiligheidsraad te kry, wat beteken meer lande het hul oog op die raadsposisies.

Maite Nkoana-Mashabane, Suid-Afrika se minister van internasionale betrekkinge en samewerking, het Woensdag bevestig Suid-Afrika sal weer staan om tot die raad verkies te word.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

28 Kommentare

Kaspaas ·

Wel daar is gerugte dat sy Zuma dalk gaan vervang as President. Sal maar wag en sien.

Rupert Ashford ·

Selfde statuur as die VN Veiligheidsraad. So die tuiste van politici en diplomate wat praat en praat en geldmors maar eintlik niks bydra tot die welstand van die wereld nie, maar eerder die teenoorgestelde?;-)

Attie ·

Korrek! Mense het niks meer as munisipaliteite nodig nie. Alle ander regeringsvlakke dra niks by in terme van goedere en dienste nie (niks wat die privaat sektor self kan doen nie.

alida ·

Nog een wat die soustrein gaan bestyg. Haar eks sal seker daarvoor sorg. Stem asb vir enige party verkieslik die DA maar nooit vir die ANC nie.

Kaspaas ·

Alida stem saam behalwe jou laaste punt van DA. Hulle ware kleure wys nou. Ek sit hulle in dieselfde liga as ANC en EFF. Ek sal eerder glad nie stem as om vir hulle te stem. Gelukkig is daar genoeg ander partye, maar die DA het lank genoeg die wittes bedrieg om vir hulle te stem, ek was een van die wat vir dit geval het maar nooit weer nie.

hein ·

DA beleid = ANC beleid = regstellende aksie, BEE, ras kwotas = ek gaan nie stem voordat alle diskriminasie nie gestop gaan word teen minderhede. Alida gaan vra maar vir die DA om regstellende aksie of grondeise te stop en dan stuur jy vir ons hulle reaksie

Paul ·

Een ding is seker as sy president sou word – Ons sal nuwe laagtepunte in onbevoegdheid leer ken.

alida ·

Kaspaas, Mnr Maimane het niks teen die wittes nie. Hy is met ‘n blanke vrou getroud onthou en al haar familie is blank. Kom tog by man. Hy probeer doen wat goed is vir ALMAL ongeag sy kleur.

Mike ·

Alida, ek kan waarlik nie glo dat daar nog mense soos jy met skille oor die oe is die SA nie!

Paul ·

Kaspaas is 100% korrek. Die DA is geensins bekommerd oor die blankes nie, hulle steun BEE, grondgryp, ens, ens, ens. Mev black sash het maimane aangestel net om die swart steun te trek en hy is enige tyd net so rassisties soos malema en zuma.

chrisp ·

alida.
BEE,SEB,grondhervorming,ANC se vryheidsmanifes ens?Dit is voorbeelde wat hy teen die blanke en spesifiek Afrikaners het.
Nou vir jou voorbeelde waar jy vir die Afrikaner opgekom het.As jy nie kan nie verspreis jy leuns.
So omdat hy met ‘n witvrou getroud is maak hom ,wat?

Ek kan nie glo jy glo wat jy skryf nie.

Jaco ·

As daar genoeg werk is vir almal in die land wat al die burgers van alle velkleur en kulture n ordenklike lewe kan voorsien, die dienslewering niemand benaadeel nie en misdaad n riem voor die rat het. Dit is wat vir my saak maak, nie die velkleur, naam of kultuur nie.

Winston ·

Kaspaas. Dit is glad nie regverdiging om nie te stem nie. Elke stem tel. Hoe “regverdig” dit ookal mag wees. Stem.

Kaspaas ·

Winston ek stemm 100% saam en ek gaan verseker stem. Die punt wat ek net probeer maak het is dit as daar net 3 partye was om voor te stem en gelukkig is daar nie naamlik ANC, DA en EFF, dan sou ek nie gestem het nie want vir my is al 3 dieselfde met n paar oppervlakkige verskille.

Hein ·

Ek gaan julle in die steek laat omdat julle nie die DA wil oortuig om diskriminasie te stop teen die blankes. Geen stem is die inding

charmaine ·

En daar word sy toe SA se eerste vroulike Pressie, nog voordat ons gestem het.
Hoeveel yskaste en stowe gaan sy laat aflewer waar daar nie eers krag is nie???

alida ·

Chrisp ek verwerp jou aanmerking oor leuens met die minagting wat die verdien.

Rynhardt ·

ZUMA se eks het haar oe op presidentskap! Alida dit is duidelik dat jy en talle liberale DA aanbidders verstaan nie SA politiek nie! Gistraand het jul leier, Maimane die volgende gese:”We gonna create jobs or all”.n Uiters misleidende stelling, want hul ondersteun regstellende aksie en die afneem van wit boere se plase.Nes die Anc, aanbid jul DA die vryheidsnanifes.DA-leier skiet homself in die voet lelik! Gwede Mantashe van die Anc het gistraand op SABC2 die volgende gese:”We gonna take SA forward”.Werklik? Om SA vorentoe te neem, moet hul die Vryheidsmanifes eers vernietig (hul aanbid dit) en hul moet regstellende aksie vernietig, wat Anc nie gaan doen nie! Beide Anc-partye (Anc en DA) speel die publiek meesterlik.Ek het in die verlede vir hoofstroommedia asook vir meroela media gese dat beide die Anc en DA misluk het met misdaad wat buite beheer in SA is.Vandag se die Beeld:”Kaapstad, Durban, PE en Johannesburg is die gewelddadigste stede ter wereld .” A lida dit beteken vir jou en mede liberale ondersteuners dat beide die Anc en DA die toets druip met mening in SA! Hul het reddingsboeie nodig! Alida jou DA het nie getalle om Anc te troef in munisipale verkiesings nie! Liberale DA kan my nie breinspoel nie.

Jan maak n Plan ·

Vader Jacob doedoe nie. Dis nog ‘n slim manier om homself uit die tronk uit te hou deur een van sy vrouens sy opvolger te maak. Nogal slim sou ek se.

staansaam ·

Ai mense. Die enigste manier om die ANC uit te stem is om DA te stem. Die Wes Kaap is ‘n sprekende voorbeeld van die DA se bestuursvermoë. Laat ons asseblief nie so kortsigtig wees nie.

Maddox ·

Probleem is vandag stem jy hulle in, en more draai hulle teen jou en pas Bee en AA en grondgrype toe teen die blankes. Alles waarvoor die DA staan- so wie is nou eintlik so kortsigtig?

charmaine ·

Wonder watter standard(graad) het sy behaal op skool? En sal sy in miljoene kan praat, want dit is belangrik as jy wil gaan shopping doen. Eintlik is Zuma goed vir haar hy het baie weelde bymekaar gemaak.

Loeis ·

Die mense wie so skreeu “Zuma must fall”. Wat help dit as nog ‘n Zuma vir Jacob Zuma opvolg?!

Of Ramaphosa wie aangedui het hy wil hom nie steur aan ‘n hof nie?

Dit meot eerder wees “ANC must fall”. MAAR die ANC het twee jaar terrug meer as 62% stemme getrek. So die ANC gaan verseker nie in die voorsienbare toekoms val nie (en nee, al verloor hulle steun bly die antwoord dieselfde). Die sisteem is nie baie vriendelik nie. Mens moet die essensie van die sisteem bevraagteken.

Daar is alternatiewe, partye en groeppe het reeds voor 1992 daarvoor gevra. Die alternatief word selfbeskikking genoem. Vind bietjie voor die verkiesing uit wie daarvoor staan (en wie nie), voordat jy jou kruisie trek.

Chris ·

Ek het lankal gelees dat sy zuma se plaasvervanger gaan wees Dit sal verseker dat onse jakop om uit die tronk bly want sy sal sorg daarvoor. Sy is immers die ma van sy kinders,

Oom Boer ·

Nou-ja toe “Hier kom ‘n ding” Loeis se bogenoemde verwysing is so 100% in die kol tot “Selfbeskikng”.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.