Dlamini-Zuma dán weer in hof oor afsonderingsregulasies

Die minister van samewerkende regering en tradisionele sake, Nkosazana Dlamini-Zuma. (Foto: GCIS)

Nkosazana Dlamini-Zuma, minister van samewerkende regering en tradisionele sake, se aansoek om appèl teen ʼn vroeëre hofbevinding wat vlak 4 en vlak 3 van die afsonderingsregulasies irrasioneel en ongrondwetlik verklaar het, sal Woensdag aangehoor word.

Reyno de Beer, die president van die Liberty Fighters Network, het die naweek in ʼn verklaring gesê die aansoek sal omstreeks 10:00 in die Pretoriase hooggeregshof aangehoor word.

Dié betreklik onbekende drukgroep het die hofaansoek teen die regering gebring om die afsonderingsregulasies ongeldig en ongrondwetlik te laat verklaar.

“[Ons] is gereed om die minister in die tweede rondte te pak,” het De Beer gesê.

Maroela Media het vroeër berig regter Norman Davis het vroeër vandeesmaand in sy uitspraak bevind die minister se regulasies, waarmee die staat inbreuk maak op mense se fundamentele regte, het nie die toets van rasionaliteit geslaag nie. In ʼn dikwels snydende uitspraak het Davis bevind dit lyk of Dlamini-Zuma eerder glo dat enigiets geregverdig kan word in ʼn poging om die land teen ʼn ernstige gesondheidsgevaar te beskerm.

In regskringe is die uitspraak gekritiseer as dat dit vaag was in die manier waarop dit die magdom regulasies wat ingestel is sedert pres. Cyril Ramaphosa ʼn ramptoestand op 15 Mei afgekondig het, hanteer het.

Die minister in die presidensie, Jackson Mthembu, het op sy beurt gesê hy glo enige ander hof gaan tot ʼn ander slotsom kom as Davis.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

22 Kommentare

Fedup ·

Get yourself some snacks and drinks.
headscarf will most definitely bring a12000 page pitcure book for this case.
Time she move to an old age home.

Trotse Boervrou ·

Reyno de Beer, ons salueer julle. Duisend dankies vir wat julle doen. Sjoe, wat ‘n voorbeeld is julle nie vir ons almal nie. So dankbaar vir julle moed, durf en onverskrokke dapperheid. Sterkte.

Aai ·

Hoekom moet ek aftree op 63 jr maar sy kan op 71 jr besluit hoe ons moet lewe maak nie sin sy moes al lankal afgetree het dat jonger mense daai besluite kan maak niks teen ouer mense.

Eltan ·

Op die saak van hof sake…wat het gebeur van die hofsaak teen die ban van sigarette..? Sou die regters die uitspraak die geprioritiseer het nie..? Of het dit ook nou stille dood geword?
Maroela kan julle bietjie opvolg…daar word nerens van dit weer melding gemaak nie?

Die Wolf ·

Stem. Word dit nou onder mat ingevee. Maroela ons ondersteun julle bring nou julle kant asb.

Herman ·

Sy en FITA is saam in die ding. As jy sigarette koop is dit 99% sigarette van FITA se venote sin. So hulle maak biljoene. En die regters is omgekoop om nie nou al te besluit nie. Die FITA saak was als net n rook skerm en ons is die pionne en die dwase om hulle te glo. Die is die klassieke “good cop bad cop” situasie. En as ons dit so los gaan dit n permanente ban word. En dit is net die begin. Hulle sien wat is hulle magte

Johnny ·

Is dit werklik nodig om elke keer ‘n foto van kopdoek te plaas? Teen dié tyd weet ons almal hoe dit lyk. Dit maak net die Maandag blouer om in daardie gesig vas te kyk.

Alida ·

Ja regtig wil haar nie sien nie. Sy verwoes 11 miljoen mense se lewens!!!!

Pieter ·

Ek sal opgewonde word die dag wanneer sy in die tronk sit. Sy gaan absoluut niks oorkom nie, sy is hopeloos te “connected”.

Persheks Adri ·

Eltan, ek stem 100% saam met jou! Wat gaan aan met die rook verbod? Wie is die president nou weer om niks te kan se nie? Almal is “puppets” vir almal en die vrou hoort agter tralies met haar korrupsie en geld maak op die swart mark!!! Weereens sal sy nie vervolg nie. Wonder net hoekom…

JohanR ·

Ek stem saam Perheks. Het jy al gesien hoe modeloos Cyril Ramaphosa lyk, en bkykbaar is? Ek dink hy wil aangaan met dinge, en voorentoe aandruk, maar word by elke draai deur die vrou stop gesit. Kan net nie verstaan hoekom hy net nie sy kabinet skommel nie, en die vrou Minister Van Tolette Skoon Maak nie? Dan is die probleem opgelos. Of is hy….het die vrou iets oor Cyril?

Blikke ·

Dankie Johan maar ek dink nie ek sou graag in die geval van die toilette gebruik wou maak nie….selfs dit sou n bekotsenswaardige situasie wees met die tante in beheer….sy moet liefs net verdwyn…..

Persheks Adri ·

Ja Johan my ou maat, ek sou ook moedeloos gewees het met daai vrou langs my! Plaas staan hy bietjie op sy voete en neem self besluite, maar nee dis mos kwansuis makliker om agter haar te skerm en te wag dat sy iets “goed keur”. Dink sy het iets op hom of hulle skep te lekker met die swart mark se geld!!! Laat sy gaan sit klaar

JohanR ·

Het sy al Vrydag begin loop sodat sy Woensdag in die hof kan wees?

Blikke ·

As dit pap reen moet jy skep….en die tannie weet dit…..geen ander rede hoekom daar niks oor die rookverbod gese word nie

Magda ·

Hoelank neem dit die regter om die uitspraak vf hofsaak van “ban van sigarette” te maak, en hoekom moet dit per epos beantwoord word – dalk al gestuur maar Kopdoek hou dit terug – Maroela enige nuus omtrend dit verder – Kopdoek hoort in die oue te huis – skuif asb jou tyd is al lankal 15 jaar terug verby.

gatgogga ·

Magda, daar is definitief ‘n slang in die gras betreffende die hofuitspraak wat vertraag word. Staatskaping duur voort?

Alida ·

Die Regter sou die uitspraak aan die twee advokate gestuur het per epos. Hulle weet lankal wat die uitspraak is maar NDZ speel soos haar ex vir tyd.

Jurg ·

Sy gaan sekerlik weer appèl aansoek bring om dinge verder uit te rek hoekom word net sekere mense geteiken en die meester brein van smokkelhandel loop al die pad en lag.

Persheks Adri ·

Sy gaan dit beslis doen Jurg! Sy gaan WEER weg kom met haar korrupsie en maak te lekker geld! Laat een van ons dit nou doen dan gooi hulle sommer die sleutels weg… Wie wil haar gras rook in elk geval? Sy’s heel gelukkig dat dagga mag gerook word. Ek verstaan dit glad nie

netekalleen ·

Een of ander papawer jaag dinges aan om in die nuus te kom en lei mense se aandag van die sigaret ban af.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.