Dlamini-Zuma erken swakhede in die staatsdiens

Nkosazana Dlamini-Zuma. Foto: ANA/David Ritchie

Nkosazana Dlamini-Zuma, minister in die presidensie belas met monitering, het erken omvattende strukturele tekortkominge in die staatsdiens weerhou die staat dikwels daarvan om sy rekeninge betyds te vereffen.

Dlamini-Zuma het geantwoord op ʼn skriftelike parlementêre vraag van die ANC-LP Lesiba Meso oor hoe die probleem van agterstallige staatsrekeninge opgelos kan word in belang van diegene wat wag vir hulle geld.

Dlamini-Zuma het gesê dis veral gesondheidsdepartemente wie se kontantvloei veel te wense oorlaat, veral weens die groot hoeveelheid mediese eise wat uitbetaal moet word as gevolg van nalatigheid in staatshospitale.

Voorts hou departemente van gesondheid se begrotingstoenames nie tred met mediese inflasie nie, en lei oneffektiewe verkrygings- en aankoopbeleid tot ʼn onvermoë om rekeninge betyds – dus dertig dae ná ontvangs, kragtens regeringsbeleid – te betaal.

Dlamini-Zuma het, openbarend genoeg, voortgegaan om wat sy as “algemene staatsdienstekortkominge” genoem het, vir die uitstaande rekeninge te blameer.

Hieronder tel, in die minister se woorde, “swak beheer, swak begrotingsbestuur en lakse toepassing van strafprosedures”. Sy het nie laat blyk hoe dit gebeur dat die situasie geduld word en voortduur nie.

Dlamini-Zuma stel vier maatreëls in die vooruitsig om die situasie reg te stel.

Eerstens gaan die Staatsaanspreeklikheidswet verander word om korrupsie met spesifiek mediese eise strenger te hanteer.

Tweedens gaan administratiewe uitdagings soos die hantering van pasiënt-lêers en dokumentebestuur getakel word. Derdens word ondersoek ingestel na hoekom omkeerplanne nie werk nie.

Vierdens kom strenger dissiplinêre maatreëls teen amptenare wat nie rekeninge binne dertig dae vereffen nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

34 Kommentare

Johann cb ·

Daadwerklike maatreëls sal ingestel moet word om korrupsie binne die Staatsdiens onder beheer te bring. ‘n Goeie plek om te begin!

Hennie ·

Dit kos nie veel om die probleem te skilder nie. Sê vir ons wat gaan jy daaraan doen! En asseblief, moet dit nie verwar met wat gedoen moet word nie. Hou op praat, en DOEN!

Geen hoop vir hulle ·

Daar is geen hoop vir die anc om iets te kan bereik nie, dis n klomp verloorders wat als waaraan hulle raak in rommel verander.

Stebastiaan ·

Hierdie is soos alles voor die deur van swak regering te lê naamlik die ANC. Dit sal nooit end kry!!!!

Gert J ·

Is daar enige goed in die staatsdiens???? Wat het hulle gedoen om die MENSE va SA op te lig? Sweet blue nothing USELESS KLOMP GOED.

Martin ·

Sjoe…well spotted Dr Zuma!!!! The level of intelegence is astounding! (Sic)

Eben P ·

Bla bla bla ….. dis verkiesingstyd en tyd vir groot praat en niks doen.

Ou Man ·

Raak ontslae van die Kader aanstellings asook hulle onbevoegde familie en vriende wat aangestel is. Alle staats departemente is wanfunksioneel deur hierdie aanstellings deur ANC regering.

Jannie ·

Ha, ha. Met verkeerdstellende aksie sal rekeninge nooit binne 30 dae vereffen word nie.

Koos Ubuntu ·

Ha ha, daar is elke dan en wan n omkeerplan, stel elke keer ander konsultante aan, weet was daar. Niks positiefs kom van enige iets nie. Hoe wil die ou zumaline amptenare aankla wat rek nie binne 30 dae betaal nie, weereens geen idee hoe dinge werk nie

fred ·

sjoe….het hulle almal plots wakker geword?????ons het dit al JAAAARE geweet…

Ella ·

Hoekom se sy nie hoekom die situasie toegelaat word?
Maklik.
Almal van hulle het geraamtes in die kas.
Almal weet alles van almal en almal is bang vir almal. So almal laat godswater oor godsakker gaan.
Maklik.

Gys ·

Dis eintlik maklik om met die regering sake te doen. 100% vooruitbetaalbaar. Kan nie glo daar is mense wat dom genoeg is om vir die regering fakture te stuur nie.

andrew ·

Daar is darrem net twee probleemtjies, ANC en regstellende aksie. Maklik om op te los.

Koos de Meyer. ·

Te veel onnodige ministers en ander op die soustrein, daarom kan hulle nie die rekeninge betyds betaal nie. Swendel die geld want dis makliker.

Anel ·

En hulle wil ‘n nasionale gesondheidsdiens bedryf? Behoede ons!!!

Snowball ·

Ongelukkig is dié oomblikke min, 99% is dit meer ‘n geval van minus firmae mentis sunt.

Smokey ·

Hulle gaan met waskomme skep, want dit gaan oorloop van die geld.

SjN ·

Brein lose mense hoort nie daar nie, pateties geborg deur Viva

Spike ·

Wanneer jy dood is weet jy dit nie, maar ander weet dit. Dit is dieselfde met onnosel.

Who'sfoolingwho ·

Om te erken daar is fout kon vermy geword het, as dit van die begin af EFFEKTIEF bestuur en beheer is.

Pieter ·

Goed dat sy dit erken maar in dieselfde asem is haar retoriek maar dieselfde as al die ANC’s dis die blanke se skuld al die pad terug tot by arme Jan van Riebeek.

Gert van Wiedapark ·

Min Zuma wil uitvind hoekom “Omkeerplanne” in die Staatsdiens nie werk nie. Dis omdat die kaders wat die planne moet dryf, nie weet hoe om die stuurwiel te vat en te bestuur nie! Onthou die Soustrein, nes brandewyn, het nie Brieke nie! Wie gaan waag om dit stop? Nie CR of sy swaertjies nie.

Alweer ·

Hier gaan ons alweer … selfde rympie … verskillende opsêer. Gaap …

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.