Dlamini-Zuma hof toe gesleep oor entstofplan

Nkosazana Dlamini-Zuma. Foto: @SAgovnews/Twitter

Dr. Nkosazana Dlamini-Zuma, minister van samewerkende regering en tradisionele sake, het nie gereageer op die organisasies AfriForum en Solidariteit se aanmaning om antwoorde rakende die regering se implementeringsplan vir die Covid-19-entstof te verskaf nie.

Maroela Media het vroeër berig die minister het presies ’n week gehad om meer duidelikheid te verskaf oor die vraag of die private sektor hul eie entstowwe sal mag bekom en versprei.

Die organisasies sê hulle gaan dus voort met die voorbereiding van hofstukke teen Dlamini-Zuma oor die regering se implementeringsplan vir die entstof aangesien dit neerkom op ʼn nasionalisering van die verspreiding en toediening van die entstof.

“Daar is tans geen duidelikheid oor die ontvouing van die regering se sogenaamde entstofplan nie. Dit is ook nie duidelik waarom Dlamini-Zuma en die minister van gesondheid, dr. Zweli Mkhize, die bevoegdheid het om te weier dat enigiemand anders as die staat entstowwe mag aanskaf nie,” sê Connie Mulder, hoof van die Solidariteit Navorsingsinstituut.

Mulder meen dit is jammer dat die ministers hulself nie verwerdig het om antwoorde oor die uitreiking van die entstof te verskaf nie aangesien Solidariteit en AfriForum nou gedwing word om die saak in die hof te voer.

“Niemand voer aan dat die regering nie ook betrokke kan wees by die proses nie, maar daar is absoluut geen rede waarom hulle die enigste instelling moet wees wat daarby betrokke is nie. Spoed is nou van deurslaggewende belang in ʼn proses wat reeds hopeloos te lank vertraag is. Ons het nou soveel organisasies, instellings en sektore as moontlik nodig wat by die aanskaf en verspreiding van die entstof betrokke is,” sê Mulder.

AfriForum sê op sy beurt Dlamini-Zuma het meer as genoeg tyd gehad om antwoorde oor die regering se implementeringsplan met betrekking tot die entstof aan die twee organisasies te verskaf.

“Die regering se verswyging van inligting bewys net verder waarom hy nie vertrou kan word met ʼn monopolie met betrekking tot die aankoop en verspreiding van Covid-19-entstowwe nie,” sê Ernst van Zyl, veldtogbeampte vir strategie en inhoud by AfriForum.

“ʼn Regering wat nie eens daartoe in staat is om basiese deursigtigheid oor sake van hierdie erns aan die dag te lê nie, kan nie die voordeel van die twyfel gegun word nie.”

Mulder meen dit is absolute wensdenkery van die regering om die entstofprogram alleen aan te pak. “Die regering is duidelik vasbeslote om te misluk en ons kan dit nie keer nie. Wat ons wel moet doen, is om te keer dat hulle ander belet om te slaag.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

23 Kommentare

Herman ·

Gaan kyk na DZ en Manto Msimang se geskiedenis oor die hantering van hiv medikasie toe beide van hulle minisyers van gesondheid was…en die dood van ongeveer 500 000 hiv pasiënte veroorsaak het.
Ek wens so dat een joernalis artikel wil skryf en vergelyking trek tussen die hiv medikasie en nou….

Anel ·

Wat het van die R500bilj geword? Waar slegs die staat goedere mag voorsien, is dit ‘n komunistiese staat. So, sonder enige weerstand is ons land in’ n komunistiese staat omskep.

Persheks Adri ·

Die regering misluk in elk geval met alles waaraan hulle vat! Absoluut NIKS kan hulle reg doen nie. Al keelvol vir die petete pffft

Natasha ·

Net nog ‘n manier wat hulle hulle “mag” probeer af dwing. Pateties en dan beweer hulle hulle het die mense van Suid Afrika se beste belange op die hart. Al vir wie hulle omgee is hulle self

Phillip ·

Maar net nog geld wat piefaatte sak toe gaan en net nog n bedrog wat gepleeg gaan word dis al wat Anc goed kan doen

Althes ·

Die nasionalisering van bekom van entstof is magsmisbruik en korrupsie en bedrog kan gepleeg word soos alreeds bewys is met die PPE toerusting.
Gee hul gas Afriforum en Solidariteit.

tweeling ·

Hulle is onbevoeg – klaar. Hoe lank het die WGO gewag vir die spul om te antwoord toe daar gevra is gee ons ‘n aanduiding wanneer julle die entstof wil aankoop ens. Hulle sal nooit regkom nie want hulle is te arrogant – we are in charge!!

Tokkel ·

Die ANC Regering kan elke dag sê hoeveel is dood en hoeveel het siek geraak, maar
hulle kan nie sê waar die miljoene rande heen is nie???? Dlamini-Zuma swaai die septer in die ANC en
Ramaphosa moet net volg. Hoogtyd dat die HIV statistieke bietjie terug verwys word, want met die
Covid gaan dit nog slegter..pleks sy vra slim Cele om liewer die diefstal van TERS te ondersoek en nie ons belastinggeld te mors om onskuldige vakansie gangers en Filmmaatskappy op te pas nie. Lekker is darem lekker…

Wondermaarnet ·

Die kopdoek antie gaan defnitief nie opdaag by die hof nie. Sy sal een of ander lam verskoning hê of die regspan sal namens haar iets uitdink.

Nie Verbaas ·

En wat gaan met haar gebeur? Niks. Hulle is mos verhewe bo die reg.

Jacques ·

Die staat se koffers is dol leeg!! Dit is net nog n manier vir die onbevoegde spul kriminele om nog n bietjie te plunder. Die privaat sektor sal 10 keer vinniger die entstof kan versprei en vir mense kan toedien. Staat sal als eers deur n tender proses moet gaan, en kaders sal afbetaal moet word deur “fly by night” BEE maatskappye wat nog nooit voorheen enige medikasie verprei of verkoop het nie. Hulle het die land se burgers al oor en oor bewys dat ALS waaraan hul vat verander in een groot mis hoop.

SomeOne ·

ndz moes lankal die pad gewys gewees het, groot gif, 2 dens moes cr ook al die pad gevat het

Pieter J ·

Ek dink dit is tyd dat mense wat geraak word hulle begin verset teen hierdie tipe optrede van sulke magsbeheptes. In Italië het restuaranteienaars saamgestaan en doodeenvoudig die regering se opdragte geignoreer. Weens die hoeveelheid mense betrokke kon die regering niks hieromtrent doen nie.

Petrus ·

NDZ is geneig om alle hof bevel briewe te ignoreer dieselfde as ZUMA en daar gebeur niks met hulle nie want hulle beheer mos die howe ook.

Jaco ·

Sy sal loskom. Sy gebruik mos gewoonlik ‘n wit Afrikaanse man as regsverteenwoordiger. Blykbaar tel regstellende aksie en BEE en transformasie van die regstelsel (dis alles ANC woorde) net wanneer dit die ANC pas.

Andries ·

Dit gaan oor beheer. Hul wil vir almal wys hulle is baas(ha ha) en sal enigiets doen om die dom massa volgelinge te beheer.

Voorslag ·

Hierdie gaan oor swart bemagtiging(BBBEE) geen ander persoon of maarskapy nie.

Anoniem ·

Me Antie Kopdoek en Ramaphosa het nou by meer as een geleentheid bewys hulle kan nie vertrou word nie. Hoekom en ek vra HOEKOM moet die Regering alleenreg hê vir verspreiding van die entstowwe. ‘n BAIE groot deel, Belastingbetalersgelde, word gebruik vir aankoop van die entstowwe. Die Regering het ook sit en slaap met aankoop van die entstowwe, Ons Ministers kan net PRAAT PRAAT EN PRAAT en verder doen hulle niks nie. Baie jammer ANC is hopeloos en grootste leuenaars!!!

Hennie ·

Daar is soveel swak en patetiese ANC ampsdraers, maar NDZ is loshande voor as die swakte. Tsek NDZ, Tsek….

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.