Dlamini-Zuma in hofstukke: Tabakverbod ís noodsaaklik  

Die minister van samewerkende regering en tradisionele sake, Nkosazana Dlamini-Zuma. (Foto: GCIS)

Die tabakverbod is noodsaaklik om Suid-Afrika te help om “ongeskonde” deur die Covid-19-pandemie te kom.

Só voer Nkosazana Dlamini-Zuma, minister van samewerkende regering en tradisionele sake, in ʼn beëdigde verklaring aan wat Vrydag by die appèlhof ingedien is. Die appèlhof het die regering vroeër die week tot vandag 15:00 kans gegee om om sy reaksie in te dien op die Fair-Trade Independent Tobacco Association (Fita) se aansoek om verlof tot appèl.

Fita het verlede Vrydag sy aansoek by die appèlhof ingedien om direk in dié hof te appelleer teen ʼn besluit van die hooggeregshof om nie die verbod op tabakprodukte ter syde te stel nie.

Dlamini-Zuma voer aan daar is geen redelike vooruitsig dat die hof nie sal saamstem met die Pretoriase hooggeregshof se besluit nie. Daar is volgens haar geen dwingende rede vir die saak om aangehoor te word nie.

Die minister het Fita voorts daarvan beskuldig dat hy oneerlik is deur aan te voer dat die hooggeregshof versuim het om die wettige vereiste van noodsaaklikheid in die Rampbestuurwet korrek te interpreteer vir beperkings wat deur die regering ingestel is.

Volgens Dlamini-Zuma het Fita tydens sy aansoek in die hooggeregshof egter gefokus op die rasionaliteit van die verbod op sigaretverkope.

Foto: Courtney Africa/African News Agency (ANA)

“Maatreëls om die druk op die gesondheidsorgstelsel te verminder, is in die situasie waarin ons verkeer, nie net opsionele moontlikhede nie. Dit is ’n streng noodsaaklikheid as die land ongeskonde deur hierdie pandemie ongeskonde gaan kom,” voer sy aan.

“Soos die hooggeregshof beslis het, dien die tabakverbod om die druk op die [gesondheid]stelsel te verminder. Dit volg dat die verbod streng noodsaaklik is om die publiek te beskerm.”

Fita het tot 11 Augustus om sy antwoord op die regering se voorlegging in te dien.

British American Tobacco (Batsa) se saak teen die tabakverbod is Woensdag en Donderdag in die hooggeregshof in Kaapstad aangehoor.

Alfred Cockrell SC het namens Batsa aangevoer dat die minister nie kon bewys dat dit absoluut noodsaaklik is vir die gesondheidstelsel dat rokers ophou rook toe die verbod ingestel is nie.

Dlamini-Zuma se regsverteenwoordiger het in die hof geredeneer dat verskeie hofuitsprake in die departement se guns wel voldoende bewys is dat die rookverbod rasioneel en wettig is. Haar departement voer ook aan dat die regering en algemene handelaars nie soveel geld verloor weens die verbod nie, aangesien rokers nou hul geld op ander produkte as sigarette bestee.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.

20 Kommentare

jongste oudste gewildste
Persheks

Jy jaag my meter op!!! Dis oor jy geld op swart mark maak en word steeds nie vervolg nie! NDZ kom ons vat “our people” se regte weg en kyk of hulle gelukkig gaan wees! Ek praat spesifiek van jou taxi’s. Jy’s te bang vir hulle ne? Jou dubbel sinnige reëls is ‘n pot snot! Moet nie ons intelligensie onderskat nie! Dagga rook is ook aanvaarbaar vir hulle en boonop wettig. Nee genade dom, dommer, domste. Red ‘n nasie met die regering.

Marius

Dink jy moet vir Mr Trump gaan werk hy sal jou in toom kan hou

Niklaas

Dit wil voorkom asof Kopdoek elke 2 de dag in die nuus wil wees, soms met die domste stellings. “Ongeskonde” nogal, meen sy, maar die swartmark sigarette is glo meer gevaarlik as wat altyd in winkels te koop was. Maar wat gee sy nou om?

Elsabe

Twakkies.

Eltan

Ek wil ook rook wat sy rook…….