‘Dlamini-Zuma is self die grootste probleem in munisipaliteite’

Nkosazana Dlamini-Zuma (Foto: Jairus Mmutle/GCIS)

Die probleme in munisipaliteite sal nie ophou solank die ANC en by name die minister van samewerkende regering, dr. Nkosazana Dlamini-Zuma, in beheer daarvan is nie, het die LUR vir samewerkende regering in Wes-Kaapland, Bonginkosi Madikizela, Donderdag in die parlement gesê.

Hy het deelgeneem aan die Nasionale Raad van Provinsies se debat oor die aangepaste begroting vir die departement van samewerkende regering en tradisionele sake.

Dlamini-Zuma se inset het grootliks bestaan uit ‘n lesing oor Covid-19, gevolg deur ‘n teoretiese oorsig oor munisipale regering. Sy het haar nie verwerdig om oor die spesifieke omstandighede in munisipaliteite te praat nie, ten spyte van die verdoemende onlangse bevindings van die ouditeur-generaal, Kimi Makwetu, dat bykans geen ANC-beheerde munisipaliteit in die land ‘n skoon oudit kon verwerf nie.

Dlamini-Zuma het uitgewys dat die land tans die agtste hoogste getal Covid-19-gevalle ter wêreld het.

“Niemand is veilig totdat almal veilig is nie,” het sy geprewel, voordat sy aangevoer het die regering se nuwe distriksmodel vir plaaslike regering is ‘n groot verbetering, en gesê het die Ontwikkelingsbank ondersteun haar departement om hul vaardigheidstekort aan te vul.

Dlamini-Zuma het herhaal dat R20 miljard ekstra aan nuwe voorwaardelike munisipale toelaes kragtens die rampbestuurmaatreëls bewillig word, spesifiek vir infrastruktuur in landelike gebiede en townships.

Die minister het gesê sy sal nie te veel sê oor die vordering met die nasionale administrasie van Noordwes nie – die geleentheid daarvoor sal volg.

ANC-sprekers het insgelyks grootliks gekonsentreer op die koronavirus en oproepe om sterker optrede teen korrupsie, sonder spesifieke verwysing na enige optrede teen ANC-lede.

Die DA-LP Carin Visser het verwys na die bedrog, korrupsie en wanbestuur in ANC-munisipaliteite, met spesifieke feitelike verwysings na byvoorbeeld die Naledi-munisipaliteit in Vryburg, wat R1 200 per gesigmasker aan ‘n tenderpreneur betaal, en die OR Tambo-distrik (die voormalige Transkei) se vermorsing van geld op sogenaamde koronavirus-inligtingsessies.

Visser het dit as ‘n feit gestel dat geen munisipaliteit wat al ooit onder administrasie geplaas is, beter anderkant uitgekom het nie.

“Die departement is die grootste gemors ooit. Finish en klaar,” het sy afgesluit.

Namens die VF Plus het hul LP, Fanie du Toit, gesê om munisipaliteite aan Dlamini-Zuma se departement toe te vertrou, is soos om vir ‘n siek kind gif te gee. Hy het verwys na rou riool wat in riviere en dorpe se strate afloop, asook na die gebrekkige kontrole en korrupsie terwyl die ANC weier om sy korrupte kaders tot orde te roep.

In haar repliek het Dlamini-Zuma toegegee dat die ANC baie by die DA kan leer oor skoon oudits, maar gesê die DA respekteer nie mense se menseregte nie want hulle verwyder grondbesetters in die winter.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

21 Kommentare

Mariana ·

Nou wie is sy om oor menseregte te praat, sy skend elke dag menseregte. Maar dis maklik om ander te beskuldig as jy self agter die deur staan.

Persheks Adri ·

Volg die gelg presies soos sy en haar kinders geld maak op swart mark met verkoop van onwettige sigarette en drank! GEEN vervolging nie net korrupsie!!!

JJ ·

Heksie, bring die feite tafel toe, dan kan ons almal saam praat. Sonder feite … wel jy weet wat

Spyker ·

Amper lewer ek kommentaar maar het my weerhou. Stilbly is ook n antwoord!

Sandra ·

Wens die regering wil so sterk oor besetting voel soos oor sigarette en wyn.

Jacobus ·

Geen twyfel hoegenaamd – trouens enige ding wat sy aanraak is ‘n probleem in wording. Daardie unieke, gevaarlikke kombinasie van onnosele, onbevoegde, korrupsie. Gevaarlik as iemand in magsposisie stupid is en dit nie besef nie. Voorbeelde in kabinet is legio.

Johan D ·

Ek dink Cyril sal so gou moontlik vd vrou ontslae moet raak, hou gouer hoe beter! Dis nou natuurlik te sê as dit binne sy mag is!

Johann ·

Om te dink ons is aangewese op die onbevoegdheid van self! Ek dink nie sy weet of sy wakker of aan die slaap is nie?

Frans ·

Da is n tyd vir kom en n tyd vir gaan somige mense moes noit ers tyd gehad heti

JohanR ·

Kan ‘n paar ouetehuise en aftree oorde aanbeveel. Sal ook self die voet en ondersoek werk vir haar doen, en haar aan ry en aflaai. Sal net seker maak ek laai haar reg voor ‘n diep water gevulde slaggat af…oops!

christo ·

Ha, ha die ANC kan baie leer by die DA leer oor skoon oudits. Jy kan nie ‘n ou hond nie nuwe truuks leer nie. Trouens, jy kan geen ANC lid enige-iets leer nie, hulle is eiewys. Al wat hulle sien van belastingbetalers is GELD. By watter munisipaliteit het dit nog ooit beter gegaan? Ramaphosa het met so ‘n klein meerderheid by Nasrec gewen, ingesluit die wat omgekoop is, dat hy geen mag in die parlement het nie. Die omgekoopte lede is almal Ace Magashule se bende wat NDZ steun. O, ja Gauteng is ook uitsetters van die grondbesetters, veral dié grond wat aan ANC entrepreneurs behoort.

Sonneblomkind ·

Ja alle aandag eord mou aan Covid 19 gegee sodat die verdoeseling van geld weggesteek word…maar ons weet hul skuldig en hul mag nie wegkom daarmee nie

KB ·

Menseregte?! DZ is ‘n mooi een om te praat! Die ANC wat vir jare lieg oor, en plaasmoorde ontken, BBBEE instel en toepas! DZ bly liewers stil, jou geheue is bitter kort.

Scalla ·

Sy is die grootste probleem, wat het die grondbesetters daar gaan soek in die eerste plek, moes hul gewag tot somer, die ouma is kens.

Sarel ·

Sy kon nie destyds die Presidentsverkiesing wen nie nou ly sy aanagsmisbruik

Pieter ·

Hoe gaan SA ontslae raak van hierdie patetiese, onbevoegde en onbekwame vrou Dlamini Zuma? Sy is die toonbeeld van hoe die korrupte en “evil” ANC regering is.

Dirk Mostert ·

“Die agste meeste covid-gevalle ter wereld.” Totale sterftes is tans 0,007% van die SA-bevolking van 60 miljoen. Gemiddelde sterftes/jaar vir griep, verkoue, longontsteking en TB = 50,000. Halfpad deur vanjaar se griepseisoen is daar skaars 5,000 covid-sterftes (vir wat die covid-statistieke werd is).

Anoniem ·

Ek het nog nooit so ‘n persoon gesien nie. Haar eertydse man het skaars St 3 (Gr 5) op skool bereik. Watter standerd of graad het sy bereik?. Dit is hoekom ons land so in ‘n gemors is. Mense word aangestel in poste waarvoor hulle nie bekwaam is nie!!!!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.