Dlamini-Zuma klaar met AU

Nkosazana Dlamini-Zuma. Foto: GovernmentZA/Flickr

Nkosazana Dlamini-Zuma. Foto: GovernmentZA/Flickr

Suid-Afrika se Nkosazana Dlamini-Zuma het glo nie aansoek gedoen om ʼn tweede termyn te dien as die voorsitter van die Afrika-Unie nie.

Jacob Enoh Eben, Dlamini-Zuma se woordvoerder by die Afrika-Unie (AU), het bevestig die spertyd vir aansoeke het Donderdag gesluit en sy het nie aansoek gedoen nie. Sy sal vermoedelik in Julie terugkeer na Suid-Afrika, wanneer haar eerste termyn eindig.

Vroeër is berig Dlamini-Zuma sal waarskynlik uittree omdat daar geen waarborg is dat sy weer verkies sal word nie en omdat sy politieke ambisies in Suid-Afrika het. Dit verwys na die vermoede wat al lankal die rondte doen dat Dlamini-Zuma haarself as kandidaat beskikbaar gaan stel om pres. Jacob Zuma, haar voormalige man, as president van die ANC op te volg tydens die party se volgende konferensie in 2017 en as president in 2019.

Daar word bespiegel sy sal opgevolg word deur die Algeriese minister van buitelandse sake, Ramtane Lamamra, ʼn voormalige AU vrede- en veiligheidskommissaris.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

29 Kommentare

Komolot ·

Smaak al hoe meer – veral na Zuma & die ANC se spinnery gisteraan – dat Zuma 1 gaan aanbly totdat Zuma 2 terug is in SA om te kan oorvat sodat die Zuma familie se beursies vet kan bly. Lyk my die ANC kry nie die boodskap nie: SA is gatvol vir enige Zuma, Gupta & Kie!

Johan ·

Ai tog. Lyk my asof Zimbabwe sukkel om van die Mugabes ontslae te raak en Suid-Afrika sukkel om van die Zuma’s ontslae te raak.

stoffel ·

Die zuma word gemerk as vervangende een vir die huidige een.

KP ·

Dit sal n nog groter ramp wees as die een waarin ons huidiglik is.

HEVW ·

Baie duidelik in die anc se stompsinnigheid en weiering om hul eie gewin prys te gee gaan groot probleme vir ons in die toekoms skep. Hier kom groot moeilikhed.

jaco ·

dan is ons terug by HIV en AIDS word deur armoede veroorsaak en dus geen anti-HIV medikasie vir HIV- en AIDS-lyers nie
Maar dis niks nuuts nie. Dit gebeur in ander lande ook. As ‘n regering ‘n land se mense goed wil beheer, hou hulle dan siek en dom
Dit verklaar ons swak gesondheidstelsel en ons swak onderwysstelsel

Joann ·

My insiens is dat die ANC bang is dat daar weer n blanke party aan bewind kom en dat al die gekleurdes weer terug gaan na voor die kombuis deur waar hul eindelik hoort.

jaco ·

So jy dink eintlik dat alle swart mense net goed genoeg is om vir wit mense te werk? Dis mos nonsens

Andre ·

Dis sulke opmerkings wat geweld wn haatspraak teen die blankes tot gevolg het.

jaco ·

so Joann dink swart mense is NET goed genoeg om vir wit mense te werk. Dis mos nonsens. Selfs ou apartheidshelde soos Verwoerd, Vorster, PW Botha, Treurnicht het die nie geglo nie.

John ·

Daar is ook nog die moontlikheid dat die twee ekse weer die knoop kan deurhaak. Hulle is hoeka nogal danig met mekaar vir geskeides. Ons geliefde president ken van ekskuus vra vir onbedoelde foute. As ons gelukkig is word sake net meer interessant in die parlement. En dan is boetie ook op die horison met eenstehandse opleiding deur sy sakevennote. Gordel vas!

Lukas ·

Johan ja, ek hoor jou hard en duidelik. Jy sit ‘n hele nuwe spin op die trein in die tonnel. Ek is oortuig die ergste lê nog voor.

hettie ·

Ek stem nie saam met bogenoemde kommentare nie Sy het ten minste die verstand gehad om deur haar eks man te sien en van hom te skei Was dit nie hoeka sy wat hom hof toe gesleep het omdat hy nie destyds die kinders se skoolfonds wou betaal nie Ek dink sy is heeltemaal in n klas van haar eie Sy moet net haar nooiensvan terug kry anders gaan mense aanhou diskrimineer teen haar op grond van haar van

Se maar net ·

En dan kan die beet en knoffel boere darem floreer en die staat geld spaar op HIV medikasie.

Freud ·

@Se maar net
Jy het die verkeerde dame beet. Dit was nie me Zuma wat die slaai aangebied het vir die genesing van aids en hiv nie.
Die dame wat jy wil noem was Manto Tshabalala-Msimang.
Ek dog ek se ook maar net.

John ·

Joann ek dink jy moet jou skoolgeld terug vra en eers leer spel, voor jy sulke twak kwytraak.
Van wanneer af werk alle gekleurdes uitsluitlik net vir witmense? Dit is deur mense soos jy wat rassehaat aanjaag en alles wat daarna sal volg.

Sarie ·

HKGK, toe die dokter skielik Donderdagoggend haar verskyning in Suid-Afrika gemaak het, het ek geweet daar is meer agter haar blitsige verskyning juis op die dat die konstitusionele hof sy uitspreek sou gee. Ons weet almal JZ en s faksie binne die ANC wil haar as ons volgende president he en nou skielik woeps daar doen sy nie aansoek om vir ‘n tweede termyn as voorsitter van die AU aan te bly nie. Ek ruik iets hier waarvan ek nie hou nie. Hierdie land van ons kan so waar as wragtig nie nog ‘n Zuma as president bekostig nie

Dan ·

Heeltemal voorspelbaar, ons inteligensie word soos altyd onderskat, die kat kom terug.

Joann ·

John boetie jy sal verbaas wees watse geleerdheid ek het,meer as n BA graad. As jy dan so lief is vir mede broers is dit jou reg,maar deur hul toe doen sit ons in tamatie straat. Kruip net so veel as jy wil dalk kry jy ook ministers pos

Weskaper ·

Onthou die president kry ‘n toelae vir elke kind en vrou, so as die 2 Zumas weer trou is Jakob Regop net weer waar hy was met al die toelaes dit verskuif net van 1 na die ander. Hoe kan ons so dom en onnosel wees.

Joann ·

John ek wag????. Ek is nie rassis nie,kom goed oor die weg met alle rasse. Maar wat tans aan die gang is,is verregaande

John ·

Joann, Hier is skielik twee John’s in die storie. Die nuwe een is bietjie minder Boer as ek, so ek onttrek. Hierdie is my laaste ‘kwe’ op Maroela. Baklei julle maar verder. My ink is op. Groetnis

Ben Prinsloo. ·

Joan moet jou nie aan almal se kommentaar steur nie. Daar word baie erger uitsprake na die anderkant toe gemaak en niemand sê n woord daaroor nie. As dit jou gevoel is is dit reg so.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.