Dlamini-Zuma minag steeds hof – LFN

Nkosazana Dlamini-Zuma. Foto: @SAgovnews/Twitter

Die skuif na vlak 1 van die staat van inperking, wat Sondag deur pres. Cyril Ramaphosa aangekondig is, was nie genoeg om die klag van minagting van die hof teen Nkosazana Dlamini-Zuma, minister van samewerkende regering en tradisionele sake, te laat verdwyn nie.

Só sê Reyno de Beer, president van die drukgroep Liberty Fighters Network (LFN), wat in Junie verlede jaar ʼn hofbevel teen Dlamini-Zuma verkry het waarvolgens sekere maatreëls van die inperking as ongrondwetlik verklaar is.

Daarom het die LFN Dinsdag begin met die regsproses om met die klag van minagting teen die minister voort te gaan.  “Alle verwysings na die betrokke (maar nou verouderde) maatreëls moet verwyder word,” aldus die verklaring.

Die minister het tot dusver in gebreke gebly om die hofbevel, wat deur regter Norman Davis uitgereik is, te gehoorsaam. Dit het onder meer die sluiting van strande, beperkte bywoning van kerkdienste en begrafnisse en gepaardgaande strafregtelike vervolging van oortreders as ongrondwetlik en ongeldig verklaar.

Die hof het destyds bevind dat die regulasies, wat toe ingevolge inperkingsvlak 3 van krag was, irrasioneel was en nie op grond van regsbeginsels kon slaag nie. Die regulasies is ook uitgevaardig sonder om die verhoudingstoets in ag te neem wat van toepassing is wanneer die uitvoering van mag die vermindering van grondwetlike regte tot gevolg het.

Reyno de Beer (Foto: Verskaf)

Dlamini-Zuma het destyds aangedui dat sy appèl teen die uitspraak gaan aanteken, maar het nie betyds so ʼn aansoek ingedien nie en ook nie die hofbevel nagekom nie.

Vandaar die klag van minagting van die hof wat in Januarie vanjaar voor die hof gedien het. Die LFN het die hof onder meer gevra dat die minister tronkstraf van ses maande opgelê word vir haar oortreding.

In sy uitspraak van 19 Februarie het regter Davis bevind dat Dlamini-Zuma “tekens van minagtende optrede” toon en dat die hofbevel van Junie 2020 in sy geheel van krag word omdat appèl nie aangeteken is nie.

Hy het nogtans ʼn reddingsboei na die minister uitgegooi deur verdere uitstel te verleen om haar kans te gee om die destydse hofbevel te gehoorsaam. Die verlengde keerdatum was gister (1 Maart), maar Dlamini-Zuma het dié tweede bevel weereens verontagsaam en die staat van inperking na vlak 1 geskuif ondanks die moontlikheid van ʼn derde vlaag van Covid-19.

De Beer sê dit lyk asof die minister ʼn vlak van die inperkingsmaatreëls oorgeslaan het om die LFN te systap sodat die groep nie met die saak van minagting van die hof teen haar sal voortgaan nie.

“Jammer, minister, dit was nie genoeg nie,” sê De Beer in ʼn verklaring wat vandag uitgereik is. “Minagting van die hof is ʼn misdaad waarvoor die minister behoorlik gestraf moet word, anders sal sy aanhou om hierdie dooie perd te klap soos sy sedert Junie verlede jaar probeer doen het.”

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

27 Kommentare

Karen ·

Lyk my as jy die van Zuma het, geld geen hofbevel nie…. jy mag dan maar die hof minag…

Mariana ·

Nog ‘n Zuma wat haar ook nie aan hofbevele steur. Hulle moet sommer sel deel. Maar hulle is mos deel van die ANC elite en sal niks oorkom nie. Is mos nie reg dat hulle skotvry kom nie. Eendag is eendag dan gaan hulle dade hulle inhaal. Gouer hoe beter.

Drico ·

Nou gaan zuma eers ongelukkig wees, want sy eks kry 6 mnde en hy 24 mnde…:-))

Persheks Adri ·

Gaan groot soos in groot hulle dink mos hulle is bo die wet gggmmmfff! Magsmisbruik die ou vrou genade wat van jy gaan op pensioen op 60 huh kopdoek?

Corne123 ·

Zuma in SA beteken seker maak wat jy wil jy is bo die wet geen reels en regilasies geld nie so lyk dit want hofsake word gemaak esv maar niks gebeur nie

Petrus ·

Al die Zumas en die hele ANC IGNOREER al die wette van die Land en volg die WHO

Jerry ·

Ek hoop werklik julle slaag met die klag maar ek gaan nie my asem ophou nie.

Johan ·

Stuur die polisie en sluit haar toe…as die polisie 300k mense kon toesluit omdat hul nie maskers gedra het nie kan hul haar toesluit vir minagting. Die hele “covid” storie is ongrondwetlik.

Jan ·

Sy en haar trawante behoort van moord en misdaad teen die mensdom aangekla te word.

Suid-Afrika, met een van die strengste en langste inperkings ter wêreld, sit met die swakste ouderdomgebaseerde sterftesyfer ter wêreld. Die “kuur” het veel dodeliker as die siekte geword.

Die data dui daarop dat, selfs indien die aanvanklike geraamde 351 000 sterftes in Suid-Afrika in die eerste golf plaasgevind het, die skade wat die “beskermingsmaatreëls” berokken het, steeds veel erger sou gewees het. Die langtermyn effek sal nog vir baie jare voortduur.

christo ·

NDZ moet soos enige landsburger behandel word. Minagting van die hof is ‘n kriminele saak. Die hele ANC spul dink hulle is verhewe bo die reg. Die ANC kaders misbruik die hoër howe om appèl aan te teken en sake uit te rek, waarvoor die
belastingbetalers moet opdok.

Dirk Mostert ·

Gister het die goewerneur van Texas, Greg Abbott, afgekondig dat van 10 Maart gesigmaskers nie meer in Texas verpligtend is nie en dat alle besighede teen 100% kapasiteit bedryf kan word.

Adeline ·

Vinger kommentaar – regtig ek wonner waar die fout lê – as die zumtas en zuma brigade nou die regstelsel ag as hulle is bokant dit …………….WIE GEE HULLE DIE MAG OM DIT TE KAN DOEN?

jzjz05 ·

Ace en Zuma stel die voorbeeld vir Kopdoek en die ANC ondersteen die handeling van die middelfinger vir die gereg

Genis ·

Wat kan meer as dit uiter? Ou Cyril your “Zuma People” man… Ek dink Cyril is vrek bang vir sy Zuma/Ace/Malema Kaders… Die kamma Zuma faksie is n klug wat die ANC die land voer… Hulle is soos die Musketeers “All for one, one for all”…

Sandra ·

Lyk my minagting van die hof hardloop sterk in die Zuma familie, en die ergste is hulle kom weg daarmee.

Nico ·

Dink hierdie twee dat hulle bo die wet verhewe is. Ryno gee hulle gas, werk hulle sake.

pompies ·

Nou ja ek raai niks maar niks gaan gebeur nie. Haar man het n inhegtenis name bevel teen hom en wat gebeur, al die ministers en oposisie parteie hardloop nkaaaaandla toe om saam hom n koppie tee te drink. Daar gan dadels van haar hofbevel kom.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.