‘Dlamini-Zuma misbruik BBP-beskerming’

Nkosazana Dlamini-Zuma (2012) (Foto: SA Government | Flickr)

Dr. Pieter Groenewald, leier van die VF Plus en hoofwoordvoerder van polisie, het Saterdag gesê die beskerming van dr. Nkosazana Dlamini-Zuma, die voormalige voorsitter van die Afrika-unie, deur die BBP-afdeling van die polisie is die misbruik van staatsbronne om haar presidensiële veldtog te finansier.

Dr. Groenewald het gesê hoewel die polisie beskerming aan private mense kan verskaf indien hulle veiligheid bedreig word, is dit onnodig om dié beskerming te verleen met ʼn konvooi voertuie en kan slegs twee persoonlike beskermers vir dié doel gebruik word.

“Dlamini-Zuma is nie ʼn openbare ampsbekleër nie en daarom nie verplig om vergaderings by te woon nie. Indien haar veiligheid sodanig bedreig word, moet sy wegbly van openbare vergaderings. Indien sy dit dan wel wil bywoon, moet die ANC sy MK-veterane vra om haar op hul eie koste te beskerm,” het Groenewald gesê.

“Die polisie skuil agter ʼn sogenaamde verslag rakende die bedreiging van haar veiligheid en die VF Plus sal die minister van polisie in die parlement vra om hierdie misbruik van die polisie- en belastingbetalersgeld te verklaar. Belastingbetalers en gewone burgers moet jaarliks miljarde rande opdok om hul eie private sekuriteit en veiligheid te verseker. Die ANC moet die koste wat reeds aangegaan is vir Dlamini-Zuma se beskerming terugbetaal aan die staat,” het Groenewald gesê.

Die polisie het Vrydag bevestig dat Dlamini-Zuma steeds beskerming van die presidensiële beskermingseenheid van die polisie ontvang.

“Dit is ten volle in ooreenstemming met hul mandaat en voorskrifte, wat gelei word deur dreigemente en veiligheidsassessering,” het genl.maj. Sally de Beer, nasionale woordvoerder van die polisie, gesê.

Kragtens die presidensiële beskermingseenheid se mandaat word beskerming verskaf aan die president en adjunkpresident van die Republiek van Suid-Afrika, voormalige presidente, staatshoofde van ander lande en hul eggenote.

“Die voorsitter van die Afrika-unie ontvang sekere voordele deur die departement van internasionale betrekkinge en samewerking met die status van die president. Terwyl sy in daardie hoedanigheid gedien het, het dr. Dlamini-Zuma beskerming ontvang volgens dié voorskrif.

“Verdere beskerming word verskaf aan die voormalige AU-voorsitter gegrond op die uitslag van ʼn veiligheidsassessering en ʼn voortgesette ondersoek wat betref dreigemente teen haar,” het De Beer bygevoeg.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

21 Kommentare

pieter ·

So ons boere se lewens is ook in gevaar hoekom word hulle nie beserm nie.Patetiese verskoning ANC en Polisie.

Leendert ·

Dankie aan brigadier Sally De Beer, woordvoerder van die polisie wat per ‘n vorige berig die polisie se saak gestel het. Dankie Ter Wille Sally.

Cherokee ·

Jy oordryf. Verduidelik sseblief wat Sally De Beer gedoen het om jou bewondering af te dwing.

AL ·

Sy is verseker vir haar saal om by Zuma oor te neem. Tog het God die laaste sê. Ons wik maar God beskik. Ek het vaste vertroue dat God ons nie aan die aasvoëls sal oorhandig nie…

Carel ·

Weet julle wat. Dit is tyd om mekaar te ondersteun. Hou op met sieniese en sarkastiese opmerkings.
Moenie ‘n vorum waar jy gesigloos jou opinie kan gee, gebruik om jou gevoèlens teen ander lede te opper nie.
Daar is nou een saak en dit is om van ‘n onbevoegde leier ontslae te raak.

johan ·

Ek weet nie so mooi nie Carel. Romeine 13:1 se dat geen regering aangestel is sonder dat die Here dit gedoen het nie. So dit lyk asof ons kabaal Sy wil is, of hoe verstaan ek dit?

Jan ·

Hierdie mense is almal bang vir iets waarvan ons nie weet nie. Party grou selfs gate om in te kruip.

Blits ·

Ek wil nie snaaks wees nie maar Zuma en dhlamini het baie ingemeen, hy n sogenamde verslag van dep inligting oor pravin en sy weer n sogenamde verslag by die polisie, en ons almal weet watse snert zuma se verslag was, sy word al klaar beskerm omdat sy klaar bevestig is deur zuma as sy opvolger, dis so duidelik soos daglig.
Die polisie kan privaat mense beskerm maar snaaks hulle kan nie en wil nie die boere beskerm nie, my lewe is al telkemale gedruig omdat ek diefstal sindikaat oop gevlek het, toe ek dit by die polisie gaan meld is daar vir my gese ek moet gaan uitvind wie dit is wat my gedruig het, ek moet volgens die polisie al die invormasie vir hulle insamel, hulle het geen vinger beweeg nie, maar genade ou dhlamini word somme lekke beskerm en ondersoeke ingestel en assesments word gedoen. ons privaat mense en die lewens van die boere beteken niks vir niemand nie, ALLES IS BELAGLIK IN ONS LAND, die polisie kan nie eers hulle self beskerm nie

Blits ·

Om president te word in die anc word die persoon nie inestem nie maar gereel, zuma het klaar gese hy sal dhlamini wil sie as president, by hulle gaan dit nie oor wie is die beste kanidaat vir die pos nie maar wie kan diem eeste omkoopery doen en die beste lieg, so dhlamini is die volgende president behalwe as iets dergligs gebeur, dis hoekom sy al reeds die VIP beskerming kry

John ·

Turkye stem vandag of die president ook outoritere mag soos Zuma mag bekom waar hy oor alles besluit, ook wie die geregshowe beman. Die Turke vrees hierdie mag. Dis waaronder ons dien. Ongelooflik. Om daaronder uit te kom… en die Zuma-Zoeloe het hierdie mag. Wat dalk die wiel kan help draai is wanneer hierdie Zoeloe-‘upper-hand’ ander swart volke soos die Venda’s en Xhosa’s begin grief… baie begin grief… en dit gaan beslis kom wanneer Natal se uitverkorenes groot lappe aarde probeer beset waarop ander volke ook maak… en mens kan raai waar. Bloed is dikker as Engels. Die impi’s se vere en gumbootsies gaan waai… Wees rustig… Ek glo gebeure in die Bybel is nie net stories nie, maar bewyse wat gedoen Kan word. Klomp honde baklei oor ‘n lekker been en die eienaar gaan daarmee heen…

Speedguard ·

Hierdie is maar ‘n druppel in die emmer, wat dink julle het dit gekos om die Guptas en al hul gaste te begelei en VIP bekerming te gee, dit het verseker BAIE belasting geld gekos, was dit ondersoek of wat het geword van die “nie Amptelike ” gebruik van die mense en die amptelike motors , soos alles , wegewaai in die stof !

SARIE VAN HEERDEN ·

Een Zuma sit die presidentsstoel vrot, ‘n volgende eks-vrou is moontlik op pad, dan is die seun saam met die Guptas volgende en dan is daar nog 20 of 30 of hoeveel ookal Zumatjies wat kan volg. Wat ‘n vooruitsig vir ons wetsgehoorsame Suid-Afrikaners!

Kay ·

ek wil ook sy oefen om die president te wees …. tipies …lyk my hulle kyk hoe skelm hulle kan wees

CHRISTA ·

Haar paloeka van ‘n eks sê misdaad het afgeneem, maar hy spandeer ‘n kwart miljard aan sy privaat huis vir “veiligheid” en sy het hierdie vreeslike beskerming nodig!! Wys jou hoe LIEG hulle oor misdaad!!!

Marcia ·

Hoeveel belasting betalers se geld gaan nog gemors word? Sy kry BBP behandeling terwyl ons boere moet sien en kom klaar! Hulle moet hulleself beveilig word vermoor gemartel verniel verneder verkrag terwyl die staatskiste leeg gesteel word deur die anc regerings amptenare.. dis tyd dat ons ophou belasting betaal en die regering dwing om op te gee!

John ·

?… elke moord, elke verkragting… die Here se wil? Nee. Ons vertolking van die Bybel is ons vertolking en ons wil nie die opperheerder van die duisternis in die prentjie bring nie… Wat is sy gruwelike rol? Zuma praat, slinks, sy eie verkeerde aksies vanaf die paas-preekstoel goed deur te se dit is ons Here se Wil dat hy en die ANC regeer… So alles wat hulle verkeerd doen is dus reg? En ons moet verkeerd dus maar gelate en gehoorsaam steun en ons gewete sus?

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.