Dlamini-Zuma moet 90 hofsake trotseer

Die minister van samewerkende regering en tradisionele sake, Nkosazana Dlamini-Zuma. (Foto: GCIS)

Die minister van samewerkende regering, dr. Nkosazana Dlamini-Zuma, het Dinsdagoggend in ʼn toespraak in die Nasionale Raad van Provinsies uitgewei oor hoe dit voel om 90 hofsake omtrent die afsonderingstydperk te moet trotseer.

“Die hofsake is werklik nogal ʼn uitdaging. Party mense meen ons maak die ekonomie te stadig oop, party meen ons doen dit te vinnig, en party meen alles wat ons doen is ongrondwetlik. Sommige sake is teruggetrek, sommige is buite die hof geskik en sommige hofsake is nog aan die gang.

“Ons leer baie uit die hofsake, veral omdat ons buigsaam probeer wees en luister na die bevolking. Dit is ook hoekom ons die regulasies so geredelik aanpas – ons leer baie uit die bevolking se besware,” het Dlamini-Zuma gesê.

Sy het benadruk dat die streng afsonderingstydperk noodsaaklik was omdat dit die verdubbelingstydperk van die land se virusgevalle van drie dae na 17 dae verleng het.

“Dit is nie dat die regering net op sy eie besluite geneem het nie. Ons het na die mense geluister.” Dlamini-Zuma het toegegee dat daar foute gemaak is, maar het benadruk dat dit ook die eerste keer is wat die regering só iets moes hanteer.

“Ons regulasies het verander en is gewysig volgens die uitdagings wat ons in die gesig staar.”

Dlamini-Zuma het Suid-Afrikaners bedank vir hul opofferings tydens die afsonderingstydperk, en die versekering gegee dat die regering so gou moontlik na normaal wil terugkeer, maar dat die tyd daarvoor nie tans geleë is nie.

Die twee sosiale byeenkomste wat Dlamini-Zuma die meeste bekommer is begrafnisse en taxi-ritte, want navorsing toon dis waar die virus die maklikste oorgedra word.

Nog ʼn kopseer vir die minister (meer gefokus op haar portefeulje) is dat die inkomste van munisipaliteite so aan’t afneem is omdat mense nie meer kan bekostig om hul munisipale rekeninge te betaal nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

21 Kommentare

Plaaskind ·

Ag asseblief die kopdoek tannie maak my moeg. As sy so graag na die mense luister – hoekom mag hulle steeds nie sigarette koop nie maar wel drank koop? Drank doen volgens my mening meer skade as die twakkies.

Burgermeester ·

Ek wonder of ANC lede ooit dink voordat hulle iets sê? Kyk wat raak dz kwyt, “… veral omdat ons buigsaam probeer wees en luister na die bevolking. … ons leer baie uit die bevolking se besware,” Van wanneer af is die regering buigsaam, en van wanneer af luister hulle na die bevolking?

JohanR ·

Nee, is nou tyd vir my om te gaan bad, te eet en dan bed toe te gaan, want as ek eers hier begin met ‘n kommentaar dan gaan ek iewers baie sleg vloek. Ek los die nou maar vir die 40 kommentare wat ek weet gaan volg sodra julle die vreet gesig se gesig sien. Goeie nag almal…

Sobymykoolkop ·

As die alewige belastingbetaler nie vir die astronomiese koste van hierdie grap van ñ regering ingestaan het nie sou hulle nie so lekker elke saak beveg en hof toe gehardloop het nie.

Persheks Adri ·

Ek stem Plaaskind! Sy is meer bekommerd oor begrafnisse en taxi’s regtig? O ja, want dis WEER “our people” wat saak nie en nie ons boere nie! Red tog net ‘n nasie!!!

Gaan sy NOU vervolg word vir die onwettige drank en sigarette in haar en haar kinders se besit??? Sy gaan skotvry van dit af kom soos altyd

BAN DIE PAP IN DIE TOWNSHIPS AS JY NA MENSE LUISTER!!!!!!!!!

Johan ·

Ja as die mense nie so duur vir sigarette hoef te betaal nie kon hulle die munisipaliteit rekening betaal Jou klip in die water maak nou lelike golwe en ons wag vir die na- skok.

Alida ·

Die ou vrou weet nie wat sy doen nie. 11 miljoen mense rook en sy gooi daagliks miljoene rand weg aan belasting. Tannie step down en gaan rus ASB!! Jy weet niks

Boortor ·

Toemaar, sy sal nie stres oor dit nie. Sy kan nie sover tel nie. Sy dink dit is net twee! Sy maak my SIEK!!!

Gemaskerde Sopbeen ·

Ek wonder of sy lewendig is of opgewen word. Sy praat dan telkens dieselfde twak.

PH ·

As ‘n selfverklaarde bewonderaar van Marxis/kommunis Amilcar Cabral, sal sy natuurlik nie bekommerd wees oor die leuens wat sy vertel of die vernietiging van klein “minderheids” besigehede , ens, ens nie.
Die sinnelose, stupid regulasies wat hulle loop uitdink sal haar nie pla nie. Besef nie mooi wat aangaan nie. Of miskien is sy heeltemal bewus daarvan , maar gee nie om nie.

Persheks Adri ·

Johan jy slaan die spyker op die kop! Stupid verby as jy my vra!

piket ·

Die werklike probleem is die stryd tussen Goed en kwaad. Kwaad probeer om alles wat Goed is te vernietig en ook omdat die Goeie ook nie meer deur die algemene bevolking gepromoveer en bevorder word nie. Al vir jare aan die gang en dit tel geleidelik momentum op. Gaan in intensiteit vermeerder tot die vlak waar niks, maar niks meer gered kan word nie. Let op dat dit maar oral so gaan, in S.A. is dit verskriklik erg want die kwade triomfeer.

Scalla ·

Ek is nogal geneig om saam saam te stem met die omstrede foto wat geplaas was en soveel kritiek ontlok het.

AH ·

So leer dan uit die mense se besware! Dit is immers wat jy verkondig ND-Z!! Ek dink jy gee slegs om vir jou bankrekening en niks of niemand ander nie!! Ek hoop jy verloor elkeen van die hofsake met koste – uit jou persoonlike sak en nie uit die belastingbetaler nie!

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.