Dlamini-Zuma ontken bande met Gupta-familie

Nkosazana Dlamini Zuma. Foto: Flickr/GovernmentZA

Die ANC-LP Nkosazana Dlamini-Zuma het vandeesweek ontken dat sy enige bande met die Gupta-familie het.

Bewerings dat Dlamini-Zuma, wat haar visier op die presidentspos het, kop in een mus met dié omstrede familie is, doen die ronde sedert ʼn brief van lord Peter Hain, ʼn Britse politikus, aan die Britse owerhede gestuur en onlangs openbaar gemaak is.

Hain sê in dié brief dat ʼn groep Londense banke onwettige geld hanteer het wat verband hou met pres. Jacob Zuma, sy familie en die Gupta-familie.

Hy het gesê dat Suid-Afrika “in die greep van ʼn politieke, ekonomiese en maatskaplike krisis is” wat “ontketen is deur ʼn kriminele netwerk wat die Guptas en die Zumas gefasiliteer het”.

Met betrekking tot die onwettige geld het Hain 27 name genoem, wat onder andere insluit Dlamini-Zuma, pres. Zuma en sy seuns, Duduzane, Edward en Mxolisi, die president se neef, Kulubuse, die voormalige uitvoerende hoof van Eskom, Brian Molefe, asook Rajesh, Atul en Ajay Gupta en ander Gupta-familielede.

Dlamini-Zuma het in ʼn verklaring gesê sy is nie bewus van dié brief wat haar met die Gupta-familie verbind nie. “Vir die rekord het dr. Dlamini-Zuma geen bande met enige Gupta-verwante besighede nie. [Die enigste bande wat daar dalk mag wees] is die geld wat sy ontvang het vir die Suid-Afrikaanse Persoon van die Jaar-toekenning wat baie ander prominente Suid-Afrikaners ook ontvang het.”

Dlamini-Zuma het gesê sy is nog altyd in die openbaar uitgesproke teenoor onwettige finansiële vloei en dat sy pogings verwelkom wat dié dade aan die kaak sal stel.

Britse owerhede het intussen bevestig dat hulle die bewerings gaan ondersoek.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

26 Kommentare

Johan v H ·

Bahaa hul is almal so skelm soos die houtjie van die galg

Kat ·

Ek is bly dat die wereld begin sien wat se korrupte nes SA in verval het.Hoop buitelande organisasies ondersoek dt want by ons is daar niemand wat dit kan doen omdat die hele spul verby korrup is.

marlene ·

Die FBI en CIA gaan geen speletjies speel nie. Hul word ook nie omgekoop nie.
Is dit nie pragtig nie? ?????

Gerd Lourens ·

“DOKTER” NDZ???
Waar is die kwalifikasie verwerf???

Deon Meyer ·

Gerd,jy het sekerlik al gehoor van “Toordokter” dit is die kwalifikasie!

Blits ·

Sy het dit gekry toe sy minister van gesondheid was, hulle het dit vir haa veniet gegee omdat hulle nie n minister van gesondheid kan he sonder n dokters graad nie, nie so met ace van die vrystaat. hulle kry dit nie omdat hulle dit verdien nie maar omdat hulle aansien verhoog.
Z = Zero , U = Understanding , M = of Medical / Ministerial , A = Affairs
Dit geld vir haar en haar Xman

Piet Snot ·

Ou Peter Hain is een van die hoofoorsake dat dié klomp diewe nou aan bewind is.
Ek vind sy gekla effe laat.

Braam ·

Is dit die Peter Hein ….. in SA gebore en toe grootste betoger teen SA geword? Tipies die van Engelse … maak nou benoude spronge …. die jare van afbrekende propeganda teen die Afrikaner begin hulle nou inhaal. Ek dink ons moet maar regmaak om nog veskeie “ontblotings” tov Engelse disinformasie teenoor die Afrikaner. Die ding is, hul geld gerigte strategie het nie gewerk nie… die Guptas het met die “cash” weggekom … en nou is hulle bitter kwaad!

Rupert Ashford ·

Wel die feit dat sy nambawan se uitverkore opvolger is se hy het ‘n houvas op haar. Peter Hain…no comment.

Johanna Botha ·

As sy dit ontken beteken dit net dat sy wel bande het !

JP Pretoria ·

Toe Brian Dames bedank het was my kommentaar: Brian wil nie meer na die ANC se pype dans nie. Hy sal eerder bedank want hulle het vir hom gesê hulle weet waar bly sy familie. Dus die stilte.
Brian Molefe het so 2 weke na sy aanstelling in n artikel ( dink dit was in Moneyweb) gesê hy gaan n Internationale span aanstel om buitensporige steenkoolpryse te ondersoek. My kommentaar was: Daar sal niks van kom of hy sal gou in n ander pos aangestel word of die ANC sal vir hom sê hulle weet waar hy bly of hy sal sy bankrekening nommer gee. Dit is duidelik dat hy vinnig van plan verander het en die aantreklikste opsie gekies het.

Siener van Melbourne ·

Lyk my, as ek na sy eie skandalige verlede kyk, dat dit ‘n geval is van suur druiwe. Sy korrupte almar maters maak nou geld sonder hom, so nou blaas hy maar die fluitjie. “Petrus Hain” jy’t mooi geleer by jou ANC maatjies, elke man vir homself en volk die res.

jakes ·

Sy jok blatant…ons weet mos die hele ‘clan’ is ń klomp skelms

zoom zoom ·

Al wat die spil van ken is It Wasn’t Me.I Wasn’t There. I Didn’t Do It.

marianna ·

Ja Peter Hain ek onthou jou ook van doerie tyd, toe hardloop jy england toe!

E.K. ·

Omkoopgeld word nou “toekenning as Suid Afrikaanse persoon van die jaar” genoem? Shakespeare het nie verniet gesê: “A rose by any other name would smell as sweet”. Noem dit wat jy wil, korrupsie sal stink

Niklaas ·

Sorry ou jy was deel van die anc lot.Kry vir jou.Waarom nou teen hulle draai? Wou die soustrein jou nie oplaai nie?Dit kom nou van lib wees.

chris.l ·

kan ek maar ne lag vir daai Persoon van die jaar is di nie
dalk CLOUN VAN DIE JAAR NIE moewiese grap

M'Lady ·

So mnr Peter Hain, gaan jy ons nou kom red? Een van die grootste monde teen apartheid.

Christo ·

Einste dié “lord” wat destyds die woord “apartheid” geskep het om sy, liberaliste en kommuniste se aanslag teen die Afrikaner te propageer.

Trots Afrikaans ·

Natuurlik sal sy dit ontken. Die Suid Afrikaanse politikus wat verantwoordelikheid neem vir hulle (wan)dade en dadelik erken dat hulle verkeerd opgetree het, ens., moet nog gebore word. Die media sal maar die ondersoek werk vir die NPA et al doen, waarna nog kommissies gestig sal word, en intussen sal belastings betaal word, want die groepie by die trog is honger…..

T Strydom ·

Almal , so lyk dit my, vergeet van die Sarafina skandaal en die verlore R14 miljoen rand toe sy ministervan gesondheid was.

007...Met Liefde ·

Dis is maar net ‘n kwessie van tyd voordat inligting daarop sal dui dat Dlamini-Zuma alweer gelieg het

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.