Dlamini-Zuma ontken bande met onwettige sigarethandel

Dlamini-Zuma en Mazziotti.

Dr. Nkosazana Dlamini-Zuma, minister van samewerkende regering, het bewerings deur die beweerde onwettige sigarethandelaar Adriano Mazzotti dat hulle vriende is, ontken.

Dlamini-Zuma is Dinsdag tydens ʼn parlementsitting prontuit oor haar bande met Mazzotti uitgevra deur die leier van die DA in die Nasionale Raad van Provinsies, Cathy Labuschagne.

“Ek is nie Mazzotti se vriend nie,” het Dlamini-Zuma geantwoord. Sy het gesê almal wat in Suid-Afrika die wet oortree, moet in hegtenis geneem, verhoor en gevonnis word – ook onwettige handelaars in tabak.

Dlamini-Zuma het verlede maand met die skuif van vlak 5 na vlak 4 van die afsonderingstydperk aangekondig dat die tabakverbod steeds ingestel bly. Dít nadat pres. Cyril Ramaphosa net enkele dae tevore aangekondig het dat sigarette verkoop mag word tydens vlak 4.

Ramaphosa het hierna op 13 Mei aangekondig dat groot dele van die land teen einde Mei na vlak 3 van die afsonderingstydperk kan skuif. Samesprekings het daarna begin volg en Ramaphosa het ook gesê daar sal beraadslaag word oor die verkoop van alkohol en sigarette. Ramaphosa het Sondagaand weer die land toegespreek en aangekondig dat alkohol op vlak 3 verkoop mag word, maar dat die tabakverbod steeds geld.

Die kwessie van Dlamini-Zuma se bande met Mazzotti – daar is foto’s waar hulle knus langs mekaar staan – het tydens die staat van inperking algaande meer pertinent geraak namate die verbanning van sigaretverkope beteken het rokers wend hulle al meer tot die sluikhandel in tabakprodukte.

Dlamini-Zuma saam met Mazzotti (links) en Mohammadh Sayed, bedryfshoof van Carnilinx.

Dit beteken wettige sigarethandelaars en die staatskas (weens verlies aan sigaretbelasting) verloor hul inkomste terwyl onwettige handelaars al die pad bank toe lag, sigarette se prys drasties styg en baie Suid-Afrikaners die wet begin verontagsaam en oortreders word weens die verbanning van sigaretverkope.

In hierdie verband het Dlamini-Zuma se rol as voorste strydvoerder teen wettige sigaretverkope, en die aanduidings dat Mazzotti ʼn groot borg was van haar mislukte poging om in 2017 ANC-leier te word, niemand verbygegaan nie.

Dlamini-Zuma het in elk geval geen twyfel gelaat dat sy die voorste strydvoerder teen sigarette is nie.

Sy het ʼn lang inset oor die nadele van rook gedoen toe sy gevra is oor die verband tussen rook en die koronavirus, en bygevoeg dat die staat se regspan gereed staan vir die hofsaak wat teen die grondwetlikheid en regsgeldigheid van die verbod op sigaretverkope ingestel is.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

62 Kommentare

Stofdonkie ·

So, dlamini-zuma, soos die engelse nou sou sê, put your money where your mouth is, en laat vervolg vir edward zuma en mazotti eerste. Wys ons dan jy is teen onwettige sigarette ook en nie net teen wettige sigarette sodat die onwettiges beter kan verkoop nie. Sy is so besig om haar self-geneemde mag te misbruik dat sy nie eers agterkom hoe duidelik dit is wat sy doen nie.

Kobus ·

Wel as hulle gereed staan vir ‘n hofsaak sien ek nie dat siggies gou op die rakke gaan wees nie.
En noudat hulle ook hoor watse pryse die mense bereid is om te betaal,gaan hulle mos natuurlik die pryse hemel hoog maak die dag as ons wel weer kan siggies koop!

Nie Verbaas ·

Miskien glo ANC kaders haar. Geen mens met n gesonde brein wat nie intellektueel bankrot is glo dit nie.

Piet parys ·

Ja hy moedig en ondersteun haar om nie sigarette te wettig nie dan groei sy besigheid . Sy staan verskeie kere saam met hom op fotos en nogals hand om die lyf . Hoe stupid dink sy is die publiek

Junior ·

Ontken ontken en nogmaals ontken dis wat mens doen as jy jouself moet verdedig so 70 % vd mense is verkeerd en sy is reg

JohanR ·

En die geld rol. Kan daar ‘n “life audit” gevra word van die een se finansies na Covid-19? Daar sal seker niks van kom nie want die onwetige sigarette geld is seker ver weg gesteek, of oorsee, of gewas! Is Doek nou die beste “gangster” in Suid Afrika?

Jacobus ·

Sorry, fotos en familiebande lieg nie. Dat julle vry-loop is die probleem.

Adam Adriaan ·

Ek glo sy is die hoof mafia baas agter dit alles. Sy gaan te veel verloor as sy die verkoop van sigarette weer wettig.

Tino ·

Ons maak mos asof ons eerste wereld land is waneer dit kom by dinge soos koolstof belasting maar waneer jy oop en bloot korrupsie pleeg, afgryslik mag misbruik en die reels maak soos dit jou sak pas ten koste en spyte van miljoene dan maak jy nie soos ‘n 1ste wereld minister nie.

Jy bedank nie alhoewel dit baie duidelik is dat jy moet jou pie vat en waai. Is jou Pie nie groot genoeg nie?

Kokerboom ·

Die gesig van die onderwereld. Kan die geagte minister ons vertel wanneer die smokkelhandel in sigarette total uitgeroei gaan word? Indien sy enigiets voel vir die ekonomie of dit verstaan?

Boortor ·

Gee my net EEN (ja net een, ek dink nie jy kan verder tel nie) rede hoekom ek jou moet glo! Jy beledig my intellensie en ek hou nie daarvan nie!

Pieter ·

Kan ons rokers nie net elkeen tien rand gee en kry die beste adv en prok wat daar is nie. Praat gaan nie help nie. Praat sy wat vir mense wat HIV is gese het om knoffel en beet te eet.

katerinadiekat ·

Dis wat ek ook dink! Massiewe klas aksie teen die regering en spesifiek teen haar! Daar is studies gedoen wat toon dat rokers Minder geneig is im die virus te kry.

gatgogga ·

Probleem is, jy kan nie in die hof kom nie. Uitstel, uitstel,……….

marius ·

Het iemand gese hulle is vriende ? Sy is gekonfronteer oor haar ooglopende bande met die persoon , en sy het geen antwoord nie . Sy beskou haarself as onaantasbaar . Waarom is die drankverbod opgehef ? Want daar is nie drank wat oor die grense gesmokkel kan word nie . Dit onwettige handel in sigarette word doelbewus toegelaat want dit besorg biljoene in agtersakke en gaan al vir jare aan . Daar word hier en daar arrestasies uitgevoer maar dit is diegene wat nie deel is van die binnekring nie . Die mafia lyk soos die sewe dwergies teen wat in die mishoop aangaan !

gatgogga ·

Ja. Drank is net so sleg vir die lewer, as wat sigarette vir die longe is.

pokkel ·

ontken sy ook dat ‘n Zuma familie lid se sigarette tans oral beskikbaar is?

Heinrich ·

Sure….jou eks-man ontken ook nog steeds dat hy iets verkeerd gedoen het. Julle gaan lank was vir enige integriteit hier…

MakersMark ·

Dr. Zol lyk darem baie knus saam met die sigaret baronne.

Renier ·

was iemand naief genoeg om te dink sy sal dit net bevestig. ANC beleid is DENY DENY DENY.

Mellie ·

Snaaks, net die ander dag toe beweer Mazzotti dat HÝ asseblief tog net nie met háár geasosieer wil word nie…

PietervB ·

Sy is ‘n leuenaar, sy is betrokke soos JacoZ met skelm streke en so deel van die slinkse besigheid. Edward maak geld soos Dassie…. Hoekom sal hulle die verkoop van sigarette toelaat. ‘As dit pap reen, moet jy skep’ Die Zuma familie wys presies hoe hulle dit doen

Johan ·

Pieter, dit gaan nie net oor die Zuma empire nie. Die ANC is bankrot en die sigaret inkomste ‘n welkome oorbruggings meganisme vir ‘n paar maande tot dat die ANC inplof. Dis waarom daar nou al gepraat word van die uitstel van die munisipale verkiesing volgende jaar.

Karlahari ·

Masotti ondersteun ook die rooi berets. Hulle op hul beurt ondersteun weer ndz om nie sigaret verkope toe te laat nie.
Waar daar n rokie trek rook iemand n masotti zol…

koos10 ·

En Bill Clinton het het ook vir Monica Lewinski nie geken nie, en Pallo Jordan was ‘n doktor nè.
NDZ, jy het te veel onoselhede by jou eks geleer. Van hom het ek dit verwag, maar nie van jou nie, jy skryf immers Dr. voor jou naam.

koos10 ·

But wait there is more : “This is a smear compane against me and my family by the righting elements and white people in general but the DA and VF+ in particular for being a strong woman and my history against apartheid must be taken in account.

Stof ·

As.die prys dan wel verhoog moet word by die ontbanning, voer dit asseblief deur na die boere ook. Gewoonlik, is die primêre produsent, se wins altyd by verre, die kleinste…
Tog is daad hoop. Een van my kudde vertel my dat elke keer as hy wil rook, hy dit wel wettig doen. Hy gooi 100ml SAE40 per tien liter diesel in sy trekker se dieseltenk. En dan rook hy die heeldag openlik op die landerye, sonder dat Abel Konstabel of Tannie Dlamini, hom enige iets kan sê.

Aai ·

Dit lt ‘n mens dink hoekom wil hulle SAL aan die lewe hou want dit is die enigste wat haar en haar kaders uit die land kan vlieg as hier anargie is.

Wilna ·

Dlamini-Zuma nee wat mamma kopdoek jy ht so pas n lat vir jou eie gat gepluk… As jy die tabak onder essential aankope gehou ht Dan het jou en Mazzotti se onwettige sluikhandel nie op die lappe gekom nie mamma kopdoek.

Jacques ·

Eerstens antie die foto’s lieg nie die skelms is jou maatjies! Tweedens as alle kriminele gevang en gevonnis moet word in SA wat wet oortree dan moet hul by jou familie begin julle is almal ewe korrup!
En die 5 redes at jy kwyt geraak het oor verbod op Tabak verkope dat dit inligting van studies is wat in China en Amerika gedoen is n pot snert is want hoekom het nie een van daai lande Tabak verban nie! Niemand glo julle meer enige van ministers en twak wat julle wys raak nie!!

Delilah ·

Ek is nie Mazzotti se vriend nie,” het Dlamini-Zuma geantwoord. Sy het gesê almal wat in Suid-Afrika die wet oortree, moet in hegtenis geneem, verhoor en gevonnis word – ook onwettige handelaars in tabak.
NOU HOEKOM IS HY NOG NIE GEARRESTEER NIE…. omdat hy langs jou staan en jy n ZUMA is?

Jannie ·

Kyk ek is nie n rooker nie maar wragtag waar om drank toe te laat onder vlak 3 maar sigarette nog verbied maak nie vir my sin nie. Drank verwoes huwelike en veroorsaak geweld. Sigarette doen nie een van dit nie. Behalwe vir long siektes ens.

Alleen Wolf ·

Dok TOR Zol sal mos nooit enige betrokkenheid erken nie, sy is ‘n Zuma, alhoewel net in naam, maar het baie goed in die tydjie saam met JZ geleer.
As jy haar loopbaan geskiedenis gaan nalees sal jy ook agterkom dat die sogenaamde dokters graad en ander kwalifikasies onmoontlik in die tydsbestek wat aangedui word behaal kon word, geen wonder sy skryf beet en knoffel voor nie.
Nou is sy boonop ‘n kundige in pulminologie.

Spook ·

Ek identifiseer ook as n duikbootsifdeur, en die maan is van kaas gemaak.

Andre ·

Maar ek verstaan sigarette en drank mag uitgevoer word? Het sy geen genade vir mense buite SA se grense nie? Of glo niemand haar storie nie?

Jackie ·

Indien jy lank genoeg iets ontken, glo jy uiteindelik jou eie liegstorie.

Kobus ·

Wil jy nou meer.Ai tog,nes haar ex is die hele SA nou seker teen haar.Hoe kan ons so ongevoelig wees mense? LOL

Alida ·

Haar regspan rook en suip saam met haar. Kyk maar net na haar suster wat by Sassa was.

Renee ·

Kan ek maar net vra van die foto’s waar is die verpligte afstand wat beheer moet word. Sorry vergeet Dr Zol is die baas

minniemuis ·

Sy lieg nie….hulle is sake vernote en nie vriende nie

Cleopatra69 ·

Laat ek maar my cigs wetting koop. Jul hoef nie vir my n ventilator te gee omdat ek rook nie. Die goed koop gemors wat almal nou in elk geval rook is van n swakker gehalte. Swakker filters en met meer nikotien etc.

Henk ·

“I have nothing against tobacco…some of my dearest relatives are SELLING tens of millions of bootleg sigarettes during MY lockdown” – DZM op twitter, demokrasie in aksie !!

Sarel ·

Jy mag.ook.nie oefen nie. Gyms is nog toe en gasn stap jy word jy gearreteer

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.