Dlamini-Zuma se eierdans oor politieke geld

Nkosazana Dlamini-Zuma. Foto: ANA/David Ritchie

Dr. Nkosazana Dlamini-Zuma, minister in die presidensie, is ongeneë om te sê of enigeen wat finansieel bygedra het tot haar poging om ANC-leier te word, voordeel trek uit staatskontrakte.

Dlamini-Zuma is hieroor gepols in ’n skriftelike parlementêre vraag deur die EFF se adjunk-hoofsweep, Hlengiwe Mkhaliphi.

Dlamini-Zuma het geensins laat blyk wie die skenkers was aan haar uiteindelik onsuksesvolle poging om pres. Cyril Ramaphosa in die wedloop om die ANC-leierskap te klop nie, en het die res van die vraag ontwyk.

Al wat sy geantwoord het, is dat daar na die beste van haar wete niemand van haar skenkers is wat staatskontrakte het nie.

Dit kan verwag word dat die EFF haar volgende sal vra wie die skenkers vir haar veldtog was, sodat hulle dit self kan nagaan.

Die jongste parlementêre vraag is deel van EFF-pogings om te bewys dat betrokkenes by interne ANC-veldtogte bevoordeel word by die toeken van staatskontrakte en staatstenders.

So byvoorbeeld het die EFF vir Ramaphosa onder groot druk gesit oor die skenking wat sy veldtog van die omstrede maatskappy Bosasa ontvang het, en is hulle duidelik besig met ’n voortgesette veldtog om Ramaphosa-skenkers uit te snuffel.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

13 Kommentare

Wors ·

Jy sal jou nou wat verbeel! Hoe word die vrou nog ‘n Doktor genoem??

So nou as hulle ondersoek in stel en hulle kry die “Finansiele Bydraers” op haar lysies, wat dan? As niemand hierdie sien as afpersing nie, loop hulle met klappe voor hul ogies!

Thinus ·

Nog ‘n ANC liegbek… hulle is almal dieselfde, ewe korrup.

Thinus ·

Die EFF moet dalk eers oor hulle eie korrupte bedrywighede kyk voordat hulle begin vinger wys. Hulle is net so korrup en rassisties soos hul ANC comrades. Pot calling the kettle black.

Colleen ·

Natuurlik gaan die antie wal gooi, want sy is skuldig. As sy nie was nie, sou sy nie so te kere gaan nie.

Penellope Jones ·

Dis mos maar hoe hulle is.
Weet nooit nie, het nooit geweet nie, is nie hulle nie, dans maar die eierdanse, is vaag met antwoorde, en so aan.

Lou ·

Sy het die regte konneksies op hoë plekke en nog die regte van ook, so die regering sal haar beskerm teen enige aantygings.
Gehoor sy was lank terug ‘n dokter by hospitaal in Botswana. Toe word sy later minister van gesondheid in SA. Die Botswana hospitaal waar sy gewerk het se personeel het glo erg gegiggel daaroor want sy was glo nie ‘n wafferse dokter nie.

Swartbees ·

My wilde raai skoot is JA. Enige iemand wat iets aanbied trek voordeel daaruit en dan moet ons die prys betaal,

Piet parys ·

Hoe sy nog vir enige werk gebruik kan word gaan my verstand te bowe. Al die staats hospitale bankrot bestuur . ZUMA zero understanding of medical affairs moes nie in die parlement gesit het nie.

Dries du Toit ·

Ek sidder as ek dink sy kon byna ons President gewees het. Wat se chaos sou dit wees. Dit is baie erg nou onder CR maar daai aunty sou SA verwoes het

Db ·

Twee geheimsinnige mense woon in ons land. Iemand en Niemand. Iemand mors altyd op en Niemand weet wie dit is nie

McG ·

Dit word by die dag duideliker dat niemand van die betrokke partye west wat om hulle aangaan nie. Lagwekkend.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.