Dlamini-Zuma sê oor drankverbod, aandklokreël

Nkosazana Dlamini-Zuma gedurende die mediakonferensie (Foto: Kopano Tlape GCIS)

Volgens Nkosazana Dlamini-Zuma, minister van samewerkende regering en tradisionele sake, probeer die regering om die verspreiding van Covid-19 in die land, eerder as Suid-Afrikaners se regte, te beperk.

Dlamini-Zuma het Maandagoggend verskeie redes verskaf vir die herinstel van die drankverbod. Die nasionale Covid-19-bevelsraad word gekap nadat pres. Cyril Ramaphosa Sondagaand strenger maatreëls, waaronder die herinstel van die drankverbod, aangekondig het in ’n poging om die verspreiding van die nuwe koronavirus hok te slaan.

’n Aandklokreël is ook weer van krag en besoeke aan familie en vriende word steeds nie toegelaat nie.

Dlamini-Zuma het tydens ’n mediakonferensie verduidelik dat die gebruik van alkohol daartoe bydra dat mense in groepe bymekaarkom en dat die nodige maatreëls soos die dra van maskers en die handhaaf van sosiale afstand onder dié omstandighede agterweë bly.

Sy het ook daaraan herinner dat alkoholverbruik groot druk op hospitale en gesondheidswerkers plaas weens motorongelukke, geweld en ander alkoholverwante trauma. Ramaphosa asook dr. Zweli Mkhize, minister van gesondheid, het reeds gewaarsku dat al Suid-Afrika se beskikbare hospitaalbeddens binnekort vol sal wees. Altesaam 276 242 bevestigde gevalle van Covid-19 is in dié stadium in Suid-Afrika aangemeld en 4 079 mense het reeds weens die virus gesterf.

Argieffoto ter illustrasie (Foto: Unsplash)

Volgens Dlamini-Zuma word familiebesoeke en die reis tussen provinsies nie toegelaat nie om die eenvoudige rede dat die virus só oorgedra kan word. “Wanneer ons geliefdes besoek, is dit ons natuurlike instink om naby hulle te wil kom en hulle te omhels. Sosiale afstand word dan nie gehandhaaf nie,” het die minister verduidelik.

Sy het verder verduidelik dat jonger mense meer rondbeweeg en moontlik Covid-19 kan opdoen sonder om enige simptome te toon. Hulle kan dus hul ouer familielede aansteek tydens familiebesoeke.

Volgens Dlamini-Zuma word die reis tussen provinsies steeds verbied aangesien Covid-19 op dié wyse van metro’s met baie gevalle na provinsies met minder gevalle oorgedra word. Akkommodasie vir ontspanningsdoeleindes word steeds nie toelaat nie en is slegs beskikbaar vir kwarantyn-, isolasie-of- werksdoeleindes.

Die minister het verder verduidelik dat parke oop is hoewel strande gesluit sal bly om te verhoed dat Suid-Afrikaners op die land se strande saamdrom. Veilings sal steeds toegelaat word onder streng maatreëls.

“Ons doen dit om te verseker dat hierdie mooi nasie nie vergaan as gevolg van die virus nie…. Dit is in die belang van die nasie,” het Dlamini-Zuma bygevoeg.

Volgens die bevelsraad word Suid-Afrikaners nou die geleentheid gegun om op die maatreëls kommentaar te lewer. Kommentaar kan via e-pos aan die bevelsraad gelewer word. Die e-pos-adres sal in die Staatskoerant gepubliseer word.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

51 Kommentare

Pieter ·

Ek is nie deel van jou nasie nie. Ons almal weet wie sit agter die drank verbod jy dink ons het jou mentaliteit.

JJ ·

Jy wen nie jou argumente op die manier nie. Wat is jou oplossings? Hoe sou jy dit hanteer het? Lig ons asseblief in- nog beter-skryf vir die bevelsraad en wys vir hulle waar hulle verkeerd is en hoe dit beter gedoen kan word. Anders is jy maar net die beste skeidsregter in die vol paviljoen.

Mudguard ·

Ja swaer. En toe kry hulle die persoon wat vir al ons probleme verantwoordelik is. Nogal n vrou. En haar naam? MISS Management.

JJ ·

Nee maneer- sy is nie. Daardie las rus op die Chinese se skouers. Sy volg net die pad wat ander wereldleiers loop en glo my vry, in hierdie land waar 60% in armoede leef, het sy geen ander keuse nie. – Tussen “hell and high water”

Ansie ·

Maar ons het mos geweet daar gaan probleme wees met die toelaat van alkoholverkope. Dieselfde probleme sou egter nie kop uitgesteek het as die verbod op tabakverkope opgehef was nie (ek rook nie self nie, maar het simpatie met die rokers). Dis omdat NDZ toegelaat was om haar persoonlike voorkeure op die mense af te dwing en CR te veel van ‘n nat lap is om die sweep te klap.

Misky ·

Ag asseblief en julle is mos voorbereid en miljoen grafte is besig om gegrawe te word

JJ ·

Val die vrou aan in haar hoedanigheid as minister- persoonlike aanvalle maak eenvoudig geen sin nie en plaas jou dadelike op die morele verloorpad. Hamer op die feite, sonder om persoonlik te word.

Robert ·

Geskiedenis het bewys dat enige verbod lei na ‘n swart mark wat ontwikkel… maar ek verhgeet mos die ANC het hulle eie weergawe van geskiedenis!

Frannie ·

Hippocrate! Asof jy vir die “mooi” nasie omgee. Jy gee net om vir jou en jou seun se beursies!

Willem ·

En taxis mag ver afstande ry. Is dit nou oor grense of net in provinsies. Kom vertel ons

Trotse Boervrou ·

Dit is so belaglik! Taxis se passasiers mag 100% teen mekaar sit maar ek mag nie my kind druk nie. Tussen provinsies reis is taboe maar binne die provinsie mag ons rondry. Wat is die verskil? Moet asb nie sê dit is agv hoë risiko areas wat laer risiko areas gaan aansteek nie. Moet asb ook nie die 80% van die bevolking straf agv diegene wat hul versuip aan drank nie. Indien die meerderheid polisie hul werk reg doen (en dit sluit nie hardwerkende polisie in nie) en SA het ‘n Regering gehad wat wet en orde kon handhaaf, sou al hierdie simpel reëls nie nodig gewees het nie. Ek is nie ‘n roker nie maar die verbod op sigarette is net so belaglik. Flippen sirkus!

johanf ·

Hulle kon eerder alkohol ingeperk het, om net by jou huis te gebruik….. Ag wat te hel……, laat hulle hul tog aan gaan……

Magda ·

alweer ou Kopdoek – bla bla bla en bla en bla en blaaallllllllllllalalalalalalalalalal GAAPPPPPPPPPPPPPPPPPPPPPP

Renee ·

Was daar nie voor covid geen ongevalle nie en is hospitale nie gebruik daarvoor nie.. Die regering het biljoene geleen om voorsorg te tref teen covid maar is nie gedoen nie. te veel korupsie en bedrog en diefstal van die geld)
Hoeveel veld hospitale is tenvolle toegerus en in watter provinsies.
Die regering het misluk nou wil hulle die blaam op die mense pak, maar die taxis kan 110% oorlaai word hulle sal die virus nie versprei nie volgens hulle nie. Kan net nie die logika verstaan nie, of is hulle bang vir die taxis en nou moet ons ander daar onder ly. Dit is net nie regverdig nie. Wat goed is vir die een is goed vir die ander.

Pappa Beer ·

Ou cyril is n swak barman, hyt nie eers “last rounds” geroep nie! Seker te besig om die madam se kopdoek te was en stryk vir haar, terwyl sy die omkoop geld tel en opdeel tussen die lot van hulle.

MrMagic ·

Wonder nou of die familie en vriende nie kort-kort ‘n bord kos, koek en/of koffie veiling by hul huise gaan aanbied nie. Sal graag wil bywoon.

Nie Verbaas ·

Laat ons net n paar feite reg kry. Die ANC het in 26 jaar veroorsaak dat staatshospitale verval onder kommunistiese ideologie en onvermoe om te bestuur. Hulle het tyd gemaak om gereed te maak onder vlak 5 en 4. Hulle het weereens n gemors daarvan gemaak. Moenie drank en partytjies blameer nie Ramaphosa. Blameer julle ANC se onvermoe om enige ding suksesvol op te bou en te onderhou.

John ·

……..skuus…..skuus….ek verstaan nou nie mooi nie……hoe kan ek parkie toe gaan en nie see toe nie? Al Verskil is die een het baie water en sand en die ander een het baie gras. . . . . .Het die tannie dan nie gesien hoe hulle lê en kuier in die parkies nie? en as hulle daar klaar is hoe dit lyk nie? Rêrig? né? Die see sal dalk nog help om die Covid af en weg te was…….

Juls ·

Netso, die regering se uitsprake is so teenstrydig, nie hulle, of ons kan kop of tone daarvan uitmaak nie. Dit dra by tot mense se verontsaming van die reels want die reels hou nie water nie.

Scalla ·

As ek mooi na die ouma met die kopdoek foto kyk, verbeel my ek het dit al voorheen gesien.

Prikkie ·

Ek is van die Wes-Kaap en wil graag Addo olifantpark toe gaan en belowe om nie die olifante te omhels nie Dr Kopdoek.

Ek kan ook nie die virus ‘n geleentheid daarheen saam met my gee nie Dr, die virus is klaar oral!

Marius ·

Miss Kopdoek , solank jy weet ek wil nou nie meer n woord hoor oor WERKLOOSHEID en EKONOMIE wat ten gronde is nie . Jy en jy alleen in die land se grootste vyand .

Adam Adriaan ·

Ek dink daardie kopdoek sit te styf. Haal die ding af sodat die brein suurstof kan kry om te dink. Nou kry die brein nie genoeg suurstof nie

Fedup ·

A beautiful nation? Please give me strength.
You and your little corrupt mates made this country hell.
And still you ain’t done?
Get over yourself, no one like you.

Hennie ·

Net een ding wat ek graag wil weet , ek mag nie vir my broer gaan kuier waar ons net 2 mense is nie , maar daar mag 50 mense by n begrafnis wees ………. REGTIG !!

PH ·

En as ek ‘n kopdoek dra? Mag ek dan vir my familie gaan kuier? In ‘n taxi?

Kokerboom ·

Dit is skrikwekkend dat ‘n nasie se lot deur individue soos die bepaal word!Die beste is ons aanvaar alles so sito-sito

Pampoenboer ·

Ek mag nie by my familie kuier nie maar ek mag in n taxi vol vreemdelinge klim en ek mag binne my provinsie in n gaste huis saam met ander gaste gaan bly. Hoe onnosel kan mens nou wees om sulke reels uit te dink

AH ·

As ek vir Antie kopdoek sien dan dink ek een ding…. hier kom nog ‘n klomp bollie uit haar mond uit….Die hele spul maak my naar….

Deon ·

Enige iets sal gedoen word om die taxis gelukkig te hou, die plek wat gemaak word nou is vir die derduisende wat nou gaan aansteek in die oorvol taxis. DA en VF plus, julle probeer net punte kry by elke geleentheid wat julle kan, maak gebruik van ons stemme en begin iets daadwerklik doen. Gaan sit om n tafel en begin praat met mekaar en verteenwoordig julle mense wat hulle stemme vir julle gegee het. Die alewige gepratery sonder enige aksie maak julle net so skuldig aan die gemors waarin ons land is… Julle weet die howe werk nie. Hou op tyd daar mors. As jy in Kanaan is, maak soos die Kananiete. Ons is besig om te vrek sonder inkomste, daar is kinders wat honger en koud gaan slaap en julle speel n speletjie. Doen wat julle belowe het.

Martie Smartie ·

Aaag really! As twee in die klas stout is, moet almal pakslae kry? Bleddie spul maak my sooibrand kry

Persheks Adri ·

Onbevoeg op ALLE vlakke! Reels is dubbel sinnig en hul pas dit aan soos hulle DINK hulle is slim! Plaas het hulle die belasting geld van die sigarette gevat om hospitale ens te kon bekostig, maar nee om korrup te wees is lekkerder! Gooi net geld weg en druk hul sakke vol geld. Dit gaan my verstand te bowe dat die taxi’s 110% vol gelaai word. O ja ek het al weer vergeet, dit gaan al weer oor “our people” en die regering se vingers is daar ook betrokke… Dis juis “our people” wat NIE by die reels hou NIE!!!!! Daai geel lappie irriteer vir my TE veel. Kan sy nie ander 1 koop met haar onwettige geld nie?

Wondermaarnet ·

Asof eskom werkers wat kastig op betaalde lockdown gehoor gee. Lockdown beteken rondkuier en drink.

Louis ·

Ramaposa is daai kopdoek se puppet.nou dink hy ons is syne.ek sal vir my vriende en familie kuier.dit is ook nie n konsentrasie kamp met klok reels nie.drank was nog altyd oorsaak van baie mense se dood en sal ook tot in toeka so wees..hul moet nie dink ons is hul kinders nie.hul moet nou die lock down gemors stop.hul doen dit net vir hul eie agenda

Anoniem ·

Ek het gewonder wat het van ons staatspresident geword het. Sy was gisteraand seker te lui om die nasie toe te spreek. CR moes alweer instaan en niemand glo ‘n woord wat hy sê nie. Nou spel kopdoek vir ons alles mooi uit sodat ons kan verstaan.

Sakkie ·

Ons moan oor geen sigarette geen dop en curfew laws. Wat ons net moet onthou ons het hier te doen met ’n hoogs intelligente virus
Dit versprei nie in taxies wat in dorpe ry nie maar wel in die wat vêr ry
Dit versprei waar familie in hulle huise saam kuier maar dit versprei nie waar hulle in een plekke saam kuier nie dit versprei ook nie in sassa rye shopping senter rye nie
Dit versprei nie in vliegtuie wat oor provinsiale grense vlieg nie maar wel in motors wat oor provinsiale grense ry
Dit versprei nie in die dag nie maar wel in die nag van 21:00 tot 04:00
Dit versprei op strande maar is wel bang vir visstokke en surfboards so jy mag nie op ’n strand loop nie maar as jy ’n visstok of surfboard het, is jy veilig
En dit skuil in drank bottels en sigaret pakkies

johan ·

Ek het nou net al die kommetare gelees en wil net iets byvoeg. Het julle al met ‘n onnosel mens probeer praat en hom iets probeer verduidelik. Hulle is so onnosel dat hy nie vestaan dat hy onnosel is nie.Hul dink gewoonlik hulle is die slimste en al die slim mense is dom want hulle verstaan ons nie. So vergeet om iets in hul koppe te probeer kry.

Leonora ·

En Mevrou Kopdoek het n siener geword. Sy sien hoe mense gaan reageer. Sy veralgemeen en dink almal sal doen wat sy in die situasies sou doen. Tyd om af te tree, sy kan nie meer oordeelkundig dink nie en is besig om siniel te raak. Red n volk met so n nasie.

Jack ·

Hulle kan sommer hier lees. Ek sweer dat soos met baie van die geld wat weens bedrog net verdwyn en nooit ondersoek word nie is dit waarskynlik dat gelde wat bekom word met sluikhandel in drank en tabak ook iewers in n spesiale fonds vir anc verkiesings gehou word. Die logika en onbetroubare bronne waarop alles geraai word is net te sigbaar.

Renee ·

n’ week voor die verkiesing sal hulle seker vlak 1 instel

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.