Dlamini-Zuma weet glo nie waar die hoofstad is nie

Nkosazana Dlamini-Zuma, die minister van samewerkende regering en tradisionele sake (Foto: National Cogta/Twitter)

Nkosazana Dlamini-Zuma, die minister van samewerkende regering en tradisionele sake, is in ʼn geskrewe vraag deur die DA versoek om te sê in watter munisipaliteit die hoofstad van die Republiek gevind kan word.

George Michalakis, DA-LP en lid van die nasionale raad van provinsies, het in ʼn verklaring gesê Dlamini-Zuma het geantwoord: “Die inligting wat deur die eerbare lid gevra is, sal ingedien word sodra dit beskikbaar is.”

“Dit is ondenkbaar dat ʼn minister, wat nie eers weet waar die hoofstad is, in beheer moet wees van die bestuur van alle stede en munisipaliteite in die land nie,” het Michalakis gesê. “Dit is nog ʼn bewys dat Dlamini-Zuma nie haar parlementêre pligte in ʼn ernstige lig beskou nie, ongeag die feit dat sy ten volle aanspreeklik is aan die parlement.”

Dlamini-Zuma is onlangs deur die DA gekap omdat sy ʼn generiese reaksie aanbied op elke geskrewe parlementêre vraag, dat sy dit nie oordink nie en dat sy nie haar aanspreeklikheid in ʼn ernstige lig beskou nie.

“Die reaksie sal aan pres. [Cyril] Ramaphosa en adjunkpres. [David] Mabuza gestuur word met ʼn versoek dat die minister dadelik afgedank moet word. Suid-Afrikaners verdien meer van hul kabinetministers en die uitvoering van hul grondwetlike pligte. Trouens, Suid-Afrika verdien bloot beter kabinetministers.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

40 Kommentare

JohanR ·

Weet sy waar haar neus is? Kan nie moelik wees om te vind, want hy moet by nou al 5km lank wees met al die leuns wat sy vertel!

Snowball ·

LMMA – lag my masker af.
Die amper president!!!!!! En die huidige een kon net ‘n paar stemme meer bymekaarkrap. Toksiese organisasie, daai ANC.

Andre ·

Sy sorg darrem vir ten minste een nuwe woordeboekinskrywing: LMMA! (Dit kan ook anders gestel word).

Snowball ·

Andre, daai een is alreeds afgelag….ná die zol- toespraak.

Pieter ·

Sy weet net waar is zimbabwe want haar sigarette kom van daar af

ronel ·

Haar sigarette kom uit die fabriek op Marlboro afrit in Linbropark, dis die wat nou oral vrylik beskikbaar is oral op die swart mark in verskeie geure, heel gewild nogal,….nie een van haar pakkies sigarette hoef die limpopo te swem nie, dis sommer hier by ons

Pieter ·

Haar katogorie” sal ingedien word sodra dit beskikbaar is” lol

marius ·

Die vraag was vals en misleidend . Daar mag geen vrae van die omvang gestel word sonder ‘n week se kennisgewing vooraf , ten einde behoorlik voor te berei nie . Indien dit ‘n dringende antwoord verg , moet die aangeleentheid uitgestel word sodat die dienste van ‘n onafhanklike Landmeter bekom kan word . Dit moet by vrydag wetgewing wees .

Stof ·

So dankbaar dat ek in Hoopstad woon en weet wat hoop is. Selfs al woon my lyf in die hoofstad.
Tannie Sanna Mienie het beslis nie op laerskool, in Mev Harmse se klas gewees nie. Sy het toe al, hierdie dinge vir ons geleer.

Fedup ·

It’s on the moon headscarf. Really, we all know that.
That information will not be available till you do your schooling all over again.

PH ·

Lapkop is duidelik nie “gainfully employed” nie en behoort afgedank te word. Hou sommer haar pensioen ook terug.

koos10 ·

Noe weet ek hoekom sy ‘n kopdoek dra…… sodat sy weet watter kant bo is en waar die mikrofoon moet kom.
Laat my dink aan die Leon Schuster grappie oor die ou wat moet fluit terwyl hy kamer moet verlaat. Gaan soek maar gerus op, want as ek dit hier skryf sal my kommentaar nie geplaas word nie.

Sarah ·

Dink dit is tyd dat die ouer mense begin om deur jonger mense vervang te word.

Sarah ·

Ek praat spesifiek van in ons regering vir die mense wat nou dink ek praat van oor die algemeen.

Jakes ·

Die agbare minister het al soveel keer haar naam krater gemaak en sy wil graag die volgende staatspresident word. Ek het altyd gewonder hoe sy met Jacob Zuma getroud kon wees maar nou verstaan ek.

gatgogga ·

Ja, maar Jakop het haar toe gelos, want sy weet te veel.

Warrior ·

Solank sy pap skep en d geld reen… vals vals vals en nog dom ook

Dries ·

En Dan neem sy besluite oor die inperking en Covid 19 my aarde hoe is dit moontlik dat sy in die parlement Kan sit

Michael ·

Ek wil ook gaan studeer by die universiteit waar sy haar dokorsgraad verwerf het-dit maak jou blykbaar onaantasbaar

koos10 ·

Ek waarborg julle sy weet wat die hoofstad van Kuba, Rusland en Noord Korea is. Dan seker ook nog Angola en Zimbabwe?

lodewyk ·

Se niks meer nie-weereens n bewys hoekom ons land so gemors is-maar drank en siggarette is mos meer belangrik om the verbied-want SY kan niks anders doen nie

Bushy ·

Ha Ha Ha
By the way.
Waar is die hoofstad?
Ek sal ook graag wil weet.

Johanné ·

Pretoria is die Uitvoerende hoofstad, Kaapstad die Wetgewende hoofstad en Bloemfontein die Geregtelike hoofstad

Simon ·

Sover ek weet het SA 3 hoofstede. Of dit intussen amptelik verander het, weet ek nie. Indien dit nie verander het nie, dan is die DA se vraag of opsetlik onvolledig en misleidend of skep die indruk dat die DA self geen benul het oor waar die hoofstad(stede) in SA in nie en laat dus twyfel by my ontstaan of die DA ‘n party met integriteit is.

Elsa ·

Ai vrou. Loop liewer self voor jy verder verneder word met afdanking

Vonkprop ·

G’n wonder sy daag amper nooit op vir vergaderings nie. Sy weet nie waar haar kantoor is nie. En die kere wat sy wel opdaag het was vir 3 maande terug se vergaderings wat al verby is. Dit is hoekom haar antwoorde ook nooit sin maak nie, want dit is gebaseer op wat sy voorberei het vir 3 maande terug se vergadering.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.