Dlamini-Zuma: Werkloosheid kan tot 50% styg

Foto: Pixabay

Die werkloosheidskoers in Suid-Afrika kan van die huidige 29% tot 50% toeneem weens die gevolge van die koronavirus en die afsonderingstydperk.

Dr. Nkosazana Dlamini-Zuma, minister van samewerkende regering, het Dinsdag in ʼn voorlegging aan die Nasionale Raad van Provinsies gesê waar sowat ses miljoen Suid-Afrikaners tans voedselnood ondervind, kan hierdie syfer met drie miljoen tot nege miljoen styg.

Die staatskas sal na verwagting tot R250 miljard verloor aan belastinginkomste, met ondernemings in die toerisme-, vermaak-, ontspanning- en lugvaartbedryf, asook nuwe ondernemings en informele handelaars wat die swaarste getref sal word.

Die Suid-Afrikaanse Inkomstediens (SAID) het vroeër die maand ʼn nog donkerder prentjie geskets. Edward Kieswetter, hoof van die SAID, het voorspel Jan Taks gaan vanjaar, te midde van die Covid-19-pandemie, R285 miljard minder belasting invorder. Kieswetter het dié daling van tussen 15% en 20% nie net aan die uitbreking van die nuwe koronavirus nie, maar ook aan die reeds sukkelende ekonomie toegeskryf.

Dlamini-Zuma het verder gesê armoedevlakke sal omvangryk styg en munisipaliteite se inkomste sal met tussen 20% en 30% daal. Sy het haar departement opnuut daartoe verbind om veral leiding te verskaf wat geldelike ondersteuning aan munisipaliteite, rampbestuur en watervoorsiening betref.

Dlamini-Zuma het ʼn paar vrae beantwoord, maar teen die tyd dat die Suid-Afrikaanse Plaaslike Regeringsvereniging (Salga) en die Wes-Kaapse regering se verteenwoordigers haar tot orde kon roep omdat die veelgeroemde R20 miljard wat die regering aan spesiale hulp vir munisipaliteite gaan toedeel eers teen einde Julie op die vroegste uitbetaal gaan word, was sy reeds weg.

Salga het trouens gewaarsku dat ʼn “perfekte storm” in munisipaliteite dreig omdat baie van hulle in Junie nie salarisse sal kan betaal nie – deels omdat ondernemings wat weens die staat van inperking gesluit moet bly, asook huiseienaars wat geen inkomste kry nie, dit nie kan bekostig om hul stadsraadsrekeninge te vereffen nie.

Parks Tau, adjunkminister van samewerkende regering, het gesê die toewysings aan stadsrade kan eers oorbetaal word nadat die minister van finansies, Tito Mboweni, aanstaande maand sy nuwe begroting ingedien het.

Intussen moet munisipaliteite maar die geld in hul huidige begrotings herprioritiseer, het Tau aanbeveel.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

21 Kommentare

Wilhelm ·

Ja dit kan Dlamini-Zuma, en jy is deels verantwoordelik daarvoor. Nie die virus nie, jy.

Pieter ·

Wanneer gaan ons blankes standpunt in neem wanneer gaan ons wakker skrik. Wanneer gaan ons oe oop gaan.

Jaco ·

Ongelukkig nooit. Ons kan nie saam staan nie, selfs my blanke bure sal op my “snitch” omdat ek in “lockdown” my besigheid van die huis af nog probeer bedryf het net sodat ek kon eet. Elkeen is net vir homself, jaloers, afgunstig en kyk almal hoe hulle mekaar in die afgrond in kan vertrap…n Afrikaner tuisland is ook maar net n droom. Dit sal NOOIT gebeur nie. Dis verby met ons, en dis alleenlik ons toedoen. Daar is nie meer vir ons n toekoms hier nie. Dis of emmigreer so gou moontlik of bly en krepeer van ellende.

JohanR ·

En 49% us deur jou veroorsaak doek! Is jy net te dom om te besef jy is nie juis gewild nie?

Boortor ·

En toe vlug sy!! Ha ha ha!!! Ai ou kopdoek….as dit snaaks was het ons almal vir jou gelag!

Kokerboom ·

Net die volgende paar vrae:
1) Wat is die funksie en bestaansreg van die Dept van Samewerkende Regering
2) Wie monitor die resultate en werkverrigting van die Dept?
3) Is dit geskep om die Minister te akkommodeer?
4) Wie gee haar die reg om ekonomiese uitsprake te doen wat funksie van Min Mboweni is
5) Wie gee die sog. Bevelsraad die reg om namens kabinet op te tree?
6) Is die min Dlamini-Zuma die skadu president?
7) Hoekom is die klomp so obsessief oor virus en wat word gedoen tov ekonomie opbouing en werkskepping?
Ek vra net!

PH ·

Dis duidelik dat die tempo van die “selfmoord van die middelklas” of ” bourgeoisie Class suicide” soos die kopdoekvrou dit noem in die parlement gister, te stadig is na haar sin.
Dus die volgehouse sinnelose regulasies.

Koos ·

Sy het dit maar net nie daarbo om agter te kom sy is grotendeels die oorsaak nie.Aan die anderkant mag dit wees om arme CR te laat dom lyk sy is mos maar ‘n halwe zuma.

Marius ·

Net my vyf sent insit . Sy is die hoof rede van die probleem met haar kennis oor sigarette en die virus .
Haar aanhangers sal met n R100 noot staan en besluit om eerder sigarette te koop as kos , sigarette wat normaal R10 n pakkie kos . Kan iemand my aub se watse tipe Dr graad die vrou het ? Sy verhonger haar eie mense met haar verbod , so sy moet nie nou kom huil oor kos en werkloosheid nie .

RB ·

Marius, sy het (blykbaar) in die 70’s BSc geswot toe in UK medies klaargemaak.
Jy sal onthou sy was eerste ANC minister van gesondheid (’94-’99).

Ek moet erken ek is nie so oortuig van daai kwalifikasie. George Soros en lord Renwick se geld koop baie dinge . . . . sal my dus niè verbaas.

Marius ·

RB – Kry ek nou n koue rilling toe ek jou kommentaar lees . Ek sal nie eers my siek mossie na haar toe neem nie , sy sal waarskynlik net panado’s voorskryf . LOL Dankie vir die inligting RB .

marius ·

Hul planne loop soos ‘n haai op ‘n houtkatrol . Die sjinese is seker ook nou nog nooit vrinne gewees nie .

Anel ·

Die is Afrika. Hulle verryk hulle eers self. Daar is geen inkomste vir die land nie, mense het nie werk nie, verloir hulle werk, maar ons gee toerusting vir ander Afrika state. Daar is nie eens geld vir ons EIE mense nie, maar ander lande se komrades moet gehelp word. En wie moet daarvoor betaal? Sorg eers vir jou eie mense. LUG HIERDIE ONNODIGE INPERKINGS DAT ALLES VERKOOP KAN WORD, BELASTING KAN IN KOM EN MENSE MET HUL LEWENS KAN AAN GAAN. As 100% van hierdie land se mense geen inkomste of werk het nie, wat gaan dan gebeur? Gaan die bevelsraad en Zuma sorg!

Andre ·

Seker die enigste land wat werkloosheid rekords kon opstel.

Alleen Wolf ·

Hulle gaan nog meer verloor, in meeste gevalle is daar nog baie wat gedoen kan word om jou persoonlike en maatskappy belasting wettig te verminder, tyd dat hulle voel.

Magda ·

Hoop JY is die EERSTE EEN WAT WERKLOOS GAAN WEES – want duidelik verdien jy nie jou POS NIE.

Pappa Beer ·

Blikke wat leeg is, maak die meeste geraas. As kopdoek haar smoel oopmaak stel sy alhoe meer haar tekort aan intelligensie bloot.

Jack ·

Ek het slegs een mening oor die 1994 tragedie tot nou. Anc aanhangers kom ons beroof die land en vernietig sy infrastruktuur. Dan gaan leen ons geld by china in ruil vir ons weet wat nie. Dan wanneer die land moet betaal en ons kan beslis nie sal china sy eise kom stel. Ons hoef net te raai hoe die land met sy rooi vlae gaan lyk

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.