Dlamini-Zuma wil omstrede distriksontwikkelingsmodel ‘gou’ implementeer

Nkosazana Dlamini-Zuma, minister van samewerkende regering en tradisionele sake. (Foto: Kopano Tlape/GCIS)

Nkosazana Dlamini-Zuma, minister van samewerkende regering en tradisionele sake, het Woensdag aan parlementslede gesê die regering se omstrede “distriksontwikkelingsmodel” moet so gou as moontlik geïmplementeer word.

Volgens Dlamini-Zuma het die regering al 52 distrikte en metro’s vir dié plan geïdentifiseer.

Die distriksontwikkelingsmodel behels dat ministers en adjunkministers na plaaslike en provinsiale regerings ontplooi word as sogenaamde distrikskampvegters. Dié plan is volgens ’n uitgelekte dokument die ideale geleentheid om die regering se mag te sentraliseer.

Dlamini-Zuma het vroeër vandag in ’n begrotingsgesprek oor haar departement se aangepaste begroting gesê die Covid-19-pandemie het die wyer implementering van die distriksontwikkelingsplan versnel, ten einde maatskaplike ongelykhede reg te stel.

Maroela Media het vroeër berig briewe is vroeg in Julie aan premiers en burgemeesters gestuur, waarin hulle ingelig word oor watter ministers en adjunkministers hulle distrikskampvegters is. Daar word na dié kampvegters verwys in ʼn dokument van die departement wat as “hoogs geheim” geklassifiseer is. Pravin Gordhan, minister van openbare ondernemings, is reeds in Tshwane ontplooi. Die DA is bekommerd dat die dokument moontlik die begin van ANC-pogings is om die magte van plaaslike en provinsiale regerings in te perk.

Dlamini-Zuma het nog nie die egtheid van die uitgelekte dokument bevestig nie hoewel sy vanoggend gesê het die distriksontwikkelingsmodel sal inkomste- asook rasse- en geslagsongelykheid deur beter integrasie van plaaslike owerheidsbeplanning met ministeriële betrokkenheid aanpak.

“Dit is ʼn fundamentele kenmerk van die distriksontwikkelingsmodel, wat ons met dringendheid moet implementeer, aangesien dit ʼn sentrale funksie is in ons reaksie op Covid-19. Ons hoef nie die pandemie te vrees nie, want dit bied ons ook ʼn geleentheid om ons vooruitsigte aan te pas.

“Deur ons reaksie op die pandemie kan ons die moontlikheid van ʼn meer gelyke, volhoubare en regverdige samelewing terugkry, waar leiers aktiewe fasiliteerders in ontwikkeling is. Die president het met dít in gedagte ministers en adjunkministers as distrikskampvegters ontplooi,” het Dlamini-Zuma aan parlementslede gesê.

Dié distrikskampvegsters sal na bewering betrokke wees by beplanning en implementering in die betrokke distrikte en metro’s.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.

36 Kommentare

jongste oudste gewildste
SomeOne

wie “run” die land nou eintlik ?

Sobymykoolkop

En as Suid Afrikaners een oggend wakker SKRIK is ons ñ ten volle kommunistiese land.

Nie Verbaas

Mense, hulle kan nie eers nou in hul huidige opset basiese intilligente besluite neem nie.

PH

Sy volg alweer haar Marxistiese rolmodel en hero, dofkop Amilcar Cabral se voorbeeld.
Sentrale oorname en beheer .

Martie Smartie

President Kopdoek