Dlamini-Zuma wil wéér appelleer teen beslissing oor afsonderingsregulasies

Nkosazana Dlamini-Zuma, minister van samewerkende regering en tradisionele sake. (Foto: Kopano Tlape/GCIS)

Die minister van samewerkende regering en tradisionele sake, Nkosazana Dlamini-Zuma, het die appèlhof gevra vir toestemming om te appelleer teen ʼn hooggeregshofuitspraak waarin ses van die regering se afsonderingsregulasies irrasioneel verklaar is.

Regter Norman Davis het vroeër vandeesmaand die minister tien dae kans gegee om sommige van die vlak 3-regulasies te wysig. Davis het Dlamini-Zuma ook verlof gegee om teen sy beslissing te appelleer wat die meerderheid van die huidige vlak 3-regulasies ingevolge die Wet op Rampbestuur tersyde gestel het, aangesien dit ongrondwetlik is.

Die Liberty Fighters Network en sy president en stigter, Reyno de Beer, het Dlamini-Zuma hof toe gesleep oor die regulasies.

Die regter het beveel sekere regulasies wat ʼn duidelike gebrek aan rasionaliteit en grondwetlike nakoming toon, moet hersien word.

In haar aansoek om verlof tot appèl voer Dlamini-Zuma aan sommige regulasies het nog nie eens bestaan toe die hof die saak aangehoor het nie, berig News24. Dit sluit in die regulasies oor oefening, begrafnisse, die sluiting van strande en parke en die verklaring dat sommige oortredings van die Rampbestuurswet ʼn strafregtelike oortreding is.

Volgens die webwerf voer Dlamini-Zuma aan daar is ʼn billike vooruitsig dat die appèlhof kan bevind dat die hooggeregshof ʼn fout begaan het. Sy sê onder meer dat die LFN nie ʼn geldige aanval op die Grondwet van stapel gestuur het nie, dat die hof beslis het oor ʼn kwessie wat nie voor hom gedien het nie, dat die hof se maatstaf waarmee hy rasionaliteit bepaal het foutief was, dat die algehele verklaring van ongeldigheid nie geregverdig was nie en dat die hofbevel onnodig vaag was.

Dlamini-Zuma voer in die hofstukke aan die hof het “onverklaarbaar” beslis oor regulasies wat toe nog nie bestaan het nie en dat die hofbevel net op grond hiervan tersyde gestel moet word.

Die minister vra die hof om dringend oor die kwessie te beslis en sê die uitspraak wek die indruk dat ʼn grondwetlike krisis heers. “Dit is onwenslik, gegewe die belang van voldoening aan die regulasies in die lig van die voortgesette bedreiging wat die Covid-19-pandemie inhou.”

Die Liberty Fighters Network het nie dadelik op navrae gereageer nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

34 Kommentare

Albert Willem ·

Baie waar sy sleep net voete om nig meer belastinggeld te kry

Kiewiet ·

Wat weer mooi saam met malemma by Moegoekop mugabe geleer het

Tinus ·

Sy is na my beskeie mening te positief dat die appe’l gaan slaag.Sal dit dophou,maar ek ruik n rot.

Jacques ·

Hier heers juis ‘n grondwetlike krisis omdat die ANC die grondwet vertrap en nie gehoor gee aan hofbevel wat regter Davis op 30 Junie gemaak het nie. Sy het nié verlof tot appél vir al die regulasies wat hy ongrondwetlik gevind het nie. Sy het slegs verlof om die “blanket” frase te appelleer, wat haar net mooi niks sal help nie, dit gaan nie die praktiese toepassing van regter Davis se hofbevel verander nie. Weereens speel die ANC vir tyd. Sy en die president behoort van minagting van die hof aangekla en verhoor te word.

JohanR ·

Arme Jacob Zuma. Dit is nou die enigste tyd dat ek hom jammer sou kry……hy was met die een getroud!

Jacobus ·

Rasionaliteit is een woord wat jy nie in dieselfde sin as ‘n Zuma moet gebruik nie. Die regstelsel word tot die maksimum misbruik word. Wie betaal vir die regsvergrype – ons die “suckers”.

Jaco ·

Sy gebruik mos ‘n wit regsverteenwoordiger. Dis dubbele standaarde en vreemd komende van ‘n party wat wit mense so min of meer haat en gedurig hamer op regstellende aksie en BEE. Die ANC kla ook spesifiek oor die gebrek aan “transformasie” in die regstelsel.

Trotse Boervrou ·

Daar is nie meer ‘n Wet in die land nie. Die Regering doen net wat hul wil.

Fedup ·

How many pages; in laments english, that we can understand will we recieve this time?

Boortor ·

Laat ek liewer stilbly. Die mense hou nie van die waarheid nie.

Renee ·

Hoeveel miljoene mense is nie alreeds sonder n’ inkomste nie a.g.v hulle onsinnige besluite wat elke dag verander. Doodstraf kan nie terug gebring word nie oor die grondwet maar hulle kan die grondwet verander om grond te onteining. Belaglik.

Tokkel ·

Ek dink sy moet almal ‘n guns doen en haar kleinkinders gaan grootmaak. Haar grondwet verskil van die land se grondwet.

koos10 ·

Ek het geen probleem daarmee nie, die regstelsel laat dit immers toe.
My probleem kom met die bevel wat nie gehoorsaam word nie en dat sy haar eie geld moet gebruik daarvoor. Dis ‘n vertragings taktiek wat meesterlik in haar ex se boeke vervolmaak is.
Ons word vertel dat ons moet maskers dra want dit is wet, maar sy en haar onbeholpe kaders volg self nie die weg van die wet nie.
HULLE MOET ‘n VOORBEELD STEL!!!!!!!

Anel ·

Nou hoe kon dit nie bestaan het nie? Alles was dan toe vanaf vlak 5, strande, parke oefening en nog meer? Die een moet haar doek van haar kop afhaal en maar gaan slaap, om nie weer wakker te word nie. Dit het nooit oor die virus gegaan nie, maar oor haar wil, haar magte. Sy is ‘n komunis, man. Pleks gaan sy Cuba of China toe.

Christa ·

KAN STEEDS NIE GLO SULKE ONKUNDIGE
MENSE IS IN BEHEER VAN DIE LAND. HUL
GAAN ALS VERNIETIG.

Jr ·

Ek is seker dis die rede hoekom Syrypy Cyril die drank verbod weer in gebring het. Dit is om vir ons te straf vir bv haar hofsaak. Hulle is soos klein kinders wat teen alle kostes probeer afdwing dat hulle in beheer is.

Corne123 ·

Apprleer gerus met een voorwaarde gebruik asb jou eie geld

gehasie ·

Blykbaar was Margaret Thatcher korrek toe sy gesê het diè ANC sal nooit ‘n suksesvolle regering uitmaak nie. Het ons met no ANC regering te doen of ‘n ANC Kartel?

Jan ·

Sonder die media en die ANC sou ons geen pandemie gehad het nie, slegs ‘n normale griepseisoen.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.