DNS-toetse gedoen ná agt verkool

Die voertuie se wrakke. Foto: Verskaf

Die identiteit van agt van die nege mense wat Maandag in die vroeë oggendure buite Nelspruit in Mpumalanga in ʼn gru-botsing dood is, moet deur DNS-toetse bevestig word.

Joseph Mabuza, woordvoerder van Mpumalanga se departement vir gemeenskapsveiligheid en sekuriteit, het Dinsdag gesê amptelike stappe om die oorledenes te identifiseer het begin.

“DNS-monsters moet van die oorledenes se naasbestaandes geneem word om die oorledenes positief te identifiseer,” het Mabuza gesê.

Maroela Media het vroeër berig die botsing het omstreeks 03:50 naby Karino plaasgevind.

“ʼn Ligte afleweringsvoertuig en ʼn sportnutsvoertuig het mekaar reg van voor getref, waarna albei voertuie aan die brand geslaan het,” het Mabuza gesê.

Agt mense se liggame is op die toneel gevind. Hul liggame is onherkenbaar verbrand. Twee mense is na ʼn hospitaal geneem waar een later dood is.

Mabuza het gesê een van die voertuie kom van Mosambiek. “Die polisie werk hard om te verseker dat die oorledenes van Mosambiek se familielede so gou moontlik opgespoor word.”

Die voertuie se wrakke. Foto: Verskaf

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Elsa ·

Dubbel sperstreep??? Hoe bots karre kop aan kop???
Sperstrepe wat geignoreer word is die oorsaak van 99% ongelukke.

humor ·

Ek raai dis seker die afleweringsvoertuig wat van Mosambiek gekom het. Wil verstaan dat die afleweringsvoertuig eerder passasiers as goedere vervoer het.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.