DNS-uitslae bekend ná man 31 jaar lank vermis was

Dennis Haynes nadat hy met sy familie herenig is. Foto: Facebook

Die familie van Dennis Haynes, die man van Bloemfontein wat 31 jaar gelede spoorloos verdwyn het, het Dinsdag die uitslae bekendgemaak van DNS-toetse wat gedoen is om te bepaal of hy werklik dieselfde Dennis is wat in 1986 vermis geraak het.

Volgens Desireé Haynes, Dennis se suster, het die DNS-toetse bewys dat sy en Dennis inderdaad broer en suster is. “Ek het van die begin af geweet dit is my broer Dennis. Die DNS-uitslae is net ʼn stuk papier. Ek is bly dat die mense wat nog heeltyd gesê het dit is nie Dennis nie nou die bewyse het dat dit wel hy is, maar die grootste deel van ons familie het nog heeltyd geweet dit is hy,” het sy gesê.

Maroela Media het vroeër berig Dennis was 22 jaar oud toe hy in 1986 van Bloemfontein na Roodepoort vertrek het vir ʼn werksgeleentheid. Sy vrou en eenjarige dogtertjie het in Bloemfontein agtergebly. Dennis het egter nooit teruggekeer nie en sy familie kon hom nie in die hande kry nie. Hy is as vermis aangemeld by die polisie, maar ʼn soektog na hom het niks opgelewer nie.

Nadat ʼn vriendin van Desireé ʼn Facebook-blad begin het om teen alle verwagting in te kyk of sy nie dalk vir Dennis kan opspoor nie, het ʼn vrou wat hulp aan haweloses in Pretoria gee Dennis se foto gesien en haar gekontak. Sy het gesê dat daar ʼn hawelose man in Pretoria is wat moontlik Dennis kan wees. Desireé is Pretoria toe om die man te ontmoet en hy het homself as Francois voorgestel, hoewel hy baie soos ʼn ouer weergawe van Dennis lyk wat 31 jaar gelede vermis geraak het.

Volgens Desireé ly die man aan erge geheueverlies en het hy ʼn vorm van breinskade opgedoen, vermoedelik nadat hy in ʼn tref-en-trap-ongeluk betrokke was.

Dennis Haynes soos hy gelyk het toe hy vermis geraak het. Foto: Facebook

Dennis is sedertdien in ʼn hartroerende oomblik met sy ma in Bloemfontein herenig en woon nou by haar terwyl die familie steeds besig is om die stukke van die legkaart van die afgelope 31 jaar aanmekaar te sit. “Ons weet basies dat hy die afgelope klompie jare haweloos in Pretoria was en gedink het sy naam is Francois. Wat ons nog moet uitpluis is wat daardie eerste 17 jaar wat hy vermis was, gebeur het,” het Desireé gesê.

Sy het gesê daar het reeds een vrou na vore gekom wat vir Dennis in daardie tyd geken het, maar daar moet uiteraard nog mense wees wat in hierdie tyd met hom te doen gehad het. “Ons wil ʼn beroep doen op enigiemand wat tussen 1986 tot 2003 met Dennis in Roodepoort kontak gehad het, om ons asseblief te kontak. Ons sal baie graag wil uitvind wat presies met hom gebeur het.”

Desireé het gesê weens Dennis se breinskade is dit onwaarskynlik dat hy ooit weer heeltyds sal werk, maar hy doen tans handewerk en maak onder meer sleutelhouers en armbandjies om homself besig te hou. “Ons probeer hom nou by ʼn plek inkry wat sy brein kan help stimuleer en ons wag vir ʼn sielkundige en ʼn maatskaplike werker wat ook met hom en my ma sal werk en hulle sal help om hierdie nuwe aanpassing in hul lewens te hanteer,” het sy gesê.

“Dit is natuurlik vir my ma ʼn baie emosionele ding om haar seun wat sy 31 jaar terug verloor het net skielik terug te hê. En Dennis is nog baie deurmekaar en praat soms van goed waarvan sy nie weet nie en dan weet sy nie hoe om dit te hanteer nie. Natuurlik is dit ʼn aanpassing. Dit is nog ʼn lang pad vorentoe, maar ons sal daar deur kom. By ons was daar nooit enige twyfel dat dit wel Dennis is nie.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

38 Kommentare

CS ·

Wonderlike nuus, baie jare om in te haal en so bly vir sy ma se part

wynanda van zyl ·

So bly vir die familie….kan nie help om te wonder of sy vrou en dogter ook na hom gesoek het.??

thelsa ·

Hoop ons sal in die toekoms ook sulke flink diens kry met DNS toetse as dit by kriminele sake kom. Dit neem gewoonlik maaaande

Lynn Weber ·

Ek glo dat hierdie toets privaat gedoen is en self voor betaal is, daarom dat dit vinnig kon gebeur.

Cindy ·

Wow dit is wonderlike nuus. Ek kan net dink hoe die familie moes voel om hom na 31jaar weer te sien. Ek dink moet wees soos om n spook te sien. Veral as jy dalk gedink het dat hy nie meer lewe nie. Ek is so bly dat die storie so n mooi einde het

Tee ·

daar is n video van dit,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,, dis ongelooflik, dit is net ongelooflik om te sien!!!!! hartroerend

Alta Roux ·

Watter wonderlike brokkie goeie nuus! Mag daar baie vreugde vir hierdie mense voorlê.

Andre ·

Sy vrou is weer getroud & sy dogter het nou ‘n kind van haar eie.

Wanda ·

Hy lyk sommer klaar pragtig. Ai hoe wens ek, ek het miljoene gehad om hawelose mense net kan help met n huisie en hulle sommer net te bederf met hompe liefde en mooi maak goed.

Liza ·

Dit was die mees wonderlikste nuus wat op die blad Bring Dennis Home vanoggend bekend gemaak is, ek glo ek was nie die enigste Suid Afrikaner wat trane gestort het van blydskap vir hierdie gesin nie.

Die afgelope paar dae moes hulle baie challenges face van mensr en selfs familie wat dwars getrek het en beweer het dit is nie Dennis nie.

Ek hoop hul almal sal nou vir sus Desiree omverskoning vra vir die hel waardeur hul haar gesit het. Soveel onnodige stres.

Daar le n lang pad vir hierdie mamma, Dennis en familie voor. Ek bid uit my hart dat proffesionele kundiges na vore sal tree en hul dienste gratis aanbied vir hierdie gesin wat dit nou so bitter nodig gaan he.

Dankie liewe Heer vir genade so groot.

Jone ·

Jaco, die dogtertjie is al ‘n vrou van 32 jaar. Ek het iewers gelees dat sy vrou na ‘n ruk weer getrou het, maar dat haar man oorlede is die dag nadat Dennis gevind is

genade groot ·

wonderlike nuus. wil die vriendin nie asseblief ook gaan lees op fb “missing Angela and Sharona poulton” en die soekendes dalk met raad voorsien nie? ek gaan lees van tyd tot tye of die gesin se soejtog vrugte afwerp. help hulle asb Indian moontlik

Peanut ·

genade groot die “missing Angela and Sharona” is n baie hartseer saak. Eks so jammer vir hul mamma wat nooit moed verloor nie sy glo sy sal haar dogters weer sien. Mag ons Hemelse Vader haar die genade gee om ook met hul te herenig

Re ·

Baie bly vir julle. Hoop julle vind vrede. Wees lief vir mekaar.

wynanda van zyl ·

Sjoe dit moet erg wees om iemand dood te laat verklaar en dan word die persoon gevind….sy vrou moes dit seker doen om weer te kan trou???

Sann ·

Na ‘n sekere tyd kon sy net die huwelik nietig laat verklaar (annulment). Dis min of meer soos ‘n onbestrede egskeiding.

LATIE ·

EK IS BAIE BLY DAT DIE MAN GEKRY EN DIS BAIE HARTSEER EN EK WIL STORIE VERTEL HOE EK GEVOEL TEENOOR MY VROU SY HET HAAR MA 26 JAAR LAAS GESIEN EN ONS HET OP FACEBOOK INGESIT SODAT HAAR MA KAN VIND MY VROU WAS BAIE NEGATTIEF GEWEES DAT MENSE VRA ID NR MAAR ONS KEN NIE HUL ID NR NIE NET GESE SY WAS BY DIE DOWES SKOOL IN PTA TOE SY BAIE KLEIN WAS EN HET ANDER OUERS AANGENEEM EN NOOIT WEER GESIEN EN MAAR WAS BAIE GOEIE NUUS WAS HET MY VROU GEBEL KOM VAN GRIEKELAND AF GEBEL EN OM VIR HAAR TE SE DAT HAAR OUERS DALK KRY EN SY KAN NIE HOOR OP DIE FOON NIE EN HUL IN AFRIKAANS GEPRAAT EN VRA OF HAAR MA SEL NR EN TOE MY VROU HAAR SMS EN OF WIL WEET DIS DIE REGTE MA IS EN OU ENDE IS TOE HAAR REGTE MA GEKRY EN DIS WAS DIE SEERSTE EN BAIE BLYDSKAP OOR HAAR MA GEKRY ONS SE DANKIE VADER U IS GOED .

Arno ·

Ons weet nie altyd hoekom nie maar die Here werk soms op n snaakse manier. Ons is heeltemal te klein om sy hand oor alles te verstaan. Soveel te meer dat Hy ons as n nasie so op die proef stel. Hierdie storie sal n goeie einde he glo ek vol.

Jay ·

Ek wonder net hoekom het hy nie sy familie gekontak in daai jare voor die ongeluk nie. Daar is so baie moontlikhede. Hy kon ‘n ander vrou ontmoet het, betrokke geraak het met dwelms en skaam was. Dit lyk nie vir my hy kon rede gehad het om weg te kruip van die familie nie. Hulle soek nog al die jare wat beteken hulle het regtig omgegee.

Sandra ·

Hy het breinskade opgedoen in die ongeluk waarin hy was. Ek verstaan dat hy geheuverlies ook het of gehad het.

Kwaaitjie ·

Hy was in die ongeluk toe hy oppad was bit werksonderhoud. Nie jare weg nie

KarenG ·

Hoe ek dit verstaan is dat die ongeluk ‘n paar jaar na sy verdwyning gebeur het….

Jay ·

vorige artikels het verwys hoe lank dit was vandag hy vermis is en toe die ongeluk gehad het daar was jare tussen in wat hy heel normaal was maar nogsteed nie met sy ouers in aanraking gekom het nie. ‘N vrou het te voorskyn gekom wat hom geken het in daai jare voor die ongeluk en ma die ongeluk het sy gesê dat hy hom ewe skielik met ‘n ander naam voorgestel het. As ek dit nie mis het nie se die berig hy was 31 jaar weg maar 17 jaar daarvan was hy nog nie in die ongeluk betrokke nie.

Linette ·

Ek is so, so, so bly! Ek hoop net Dennis verkies nou om by sy ma te bly sodat hy die regte hulp en stimulasie kan kry. Dankie Here, vir U genade. Dankie dat u Dennis en sy gesin weer bymekaar uitgebring het.

FS ·

Dit wys jou net – is ons nie soms vining om iemand by die robot te oordeel nie? “Kyk nou weer daai boemelaar” . . . min wetend dat daar dalk ’n goeie rede is hoekom daardie persoon daar opge-eindig het nie.

“You know my name, not my story. You know what I’ve done, not what I have been through . . .”

Niccy ·

Ware woorde Fs. So jammer vir al die haweloses. Dit kon netsowel een van ons gewees het maar met die Heer se genade gespaar is om deur soveel trauma en ellende te gaan.

Marts ·

Desireé, dankie dat julle jou broer so ondersteun, dis hoe dit hoort. Daar is Baie wie dit nie doen nie

Saartjie ·

Hoop daar is ‘n kliniese sielkundige of berader wat hul dienste gratis sal beskikbaar stel om hierdie familie by te staan. Alles goed en wel dat die man gevind is, maar na 31 jaar is dit ‘n hengse storie om die emosionele kant van hierdie storie te verwerk.

Michael barnard ·

Snaak, in die wonderlike verhaal hoor jy niks van n dogter wat haar pa terug gevind het nie. Of is daar geen belangstelling van daardie kant nie.

Janine ·

Hiersie is een van die wonderlikste stories wat ek in n lank tyd gehoor het. Soveel jare verlore.sterkte met julle herstel pad voorentoe.

Brian ·

Ons ken Francois al ‘n lank waar hy in die Westdene omgewing gebly het. Haweloos van die tyd. Die laaste wat ek met hom gesels het, was hy by iemand in Newlands. Op ‘n stadium het hy ‘n hondjie gehad. Hy het kom vertel dit was sy verjaardag toe kry hy vleis om te braai, en ekstra vir die hondjie. Hy het kom se hy het by Westdene dam gaan braai. Ander keer het hy kom stort en ons het hom goedjies gegee. Dit was later die aand gesteel waar hy in ‘n park geslaap het. Soms het hy by Steyn omgegaan as iemand hom aangerand het op straat en dan het hy pleisters en gaas gekry.
Ekeen het ‘n storie maar sy storie en my rooi gehuilde oe is een. My Pa was op straat vanaf 1969, maar dit was uit eie keuse. Ek het hom gaan opsoek. Maar Francois se storie was nie sy keuse nie. En ons verstaan dit nie altyd nie. En dan maak ons foute. ‘Skuus Francois dat jy gely het.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.