DNS-uitslae bekend van slagoffer wie se vleis geëet is

Argieffoto

Dit is dié week bevestig dat ʼn hand en deel van ʼn been wat deur ʼn man by die Estcourt-polisiestasie aangebring is die oorskot van Zanele Hlatshwayo (25) was. Hy het gekla dat hy “moeg is om mensvleis te eet”.

Maroela Media het vroeër berig kol. Thembeka Mbhele kon nie berigte bevestig dat die deel van die been en hand wat aan die polisie oorhandig is dié van Zanele Hlatshwayo (25) is nie. Hlatshwayo is volgens die berigte verkrag, vermoor en toe geëet. “Wat ek wel kan bevestig, is dat daar DNS-monsters [van die ledemate] geneem en dit vir DNS-toetse gestuur is.”

“Ons het die gemeenskap gevra dat mense met vermiste familielede na vore moet kom. Die uitslae van die DNS-toetse is dié week beskikbaar gemaak en dit was toe Hlatshwayo. Haar gesin is onmiddellik in kennis gestel,” het Mbhele gesê.

Mbhele het ook verder bevestig die man wat in Augustus na die polisiestasie gekom het, was ʼn tradisionele geneser. Volgens mediaberigte is die mensvleis glo in opdrag van hom geëet.

Vyf mans is daarna in hegtenis geneem en het vroeër in die Estcourt-landdroshof verskyn. Die verdagtes is Khayelihle Lamula, Nino Mbatha, Sthembiso Sithole, Lindokuhle Masondo en Lungisani Magubane.

Natasha Kara, provinsiale woordvoerder van die Nasionale Vervolgingsgesag (NVG), het aan Maroela Media bevestig die verdagtes het op aanklagte van moord en sameswering om moord te pleeg verskyn.

“Aanklagte van die besit van menslike oorskot kan moontlik bygevoeg word wanneer die ondersoek afgehandel is,” het Kara gesê.

Mbhele het nou laat hoor hulle word wel ook aangekla van die besit van menslike oorskot.

Die saak is tot 28 September uitgestel vir nadere ondersoek.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

10 Kommentare

Lynette ·

Hoe moet ons onseld beskerm teen hierdie tipe wesens wat nog glo dat om mensvleis as “muti” te eet, hulle gesond en sterk sal maak? ? Dis mos onmoontlik? En dan is daar nog diegene wst kwytraak dat boere meer “paraat” moet wees – absolute snert.

Andre ·

As hy nie na die polisie toe gegaan het nie, het hulle nou nog van niks geweet nie…

Vuisvoos ·

2017 is die jaar van verligting… Dit wat in die duister is kom aan die lig.
En watter jaar was dit nie die. So baie wat in die duister was is aan die lig gebring.
Op wyses onverstaanbaar. Soos hierdie toordokter. Hier het “ilumenation” plaasgevind!
Ongelukkig kos dit tragediese gebeure om mense wakker te maak.
Ons swart mede landsburgers moet uit hulle sluimer wakker gemaak word.
Die enigste redding vir die land is die “Westerse Christen Kultuur”.
Afrika kultuur (is donker en goddeloos).
Komunisme/sosialisme moet gestop word! Die n resep vir n spookdorp.
As die boodskap nie by ons swart landsburgers uitkom dat hulle denke op n afgrond lei nie gaan Suid Afrika soos ons dit vandag ken heeltemal verdwyn.
Jesus het gesê “My volk gaan te gronde as gevolg van n tekort aan kennis.”
Bewusmaking moet begin. Ons het lankgenoeg teruggehou.

Theresa ·

Moeg om mensvleis te eet. Geen twyfel aan groot, groot, groot probleem nie. Wonder hoeveel van die vermiste mense is verorber. Wat is die straf hiervoor? En om te dink die skrikbewind wat vooraf plaasvind. Verkragting, vermoor en dan opgeëet. Stephen King sal wenners skryf hieroor.

Toppie ·

Gedink party mense eet net steak by die Spur en hoender dye en borsies by KFC – dink weer, more kan jy dalk ‘n maaltyd wees.

Francois du Preez ·

In 1952 is Elsie Quinlan, n non wat op pad was om kos en klere te gaan skenk aan swart arm mense, voorgekeer en diod gebrand in haar motor. Stukke van haar liggaam is afgesny en geeet en selfs dele van haar liggaam is afgesny vir muti en n vrou het selfs n stuk van haar liggaam vir haar kind gaan wys sodat sy kon sien hoe lyk mensvleis. Hierdie is nie n nuwe tendens nie, dit kom al jare.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.