DNS verbind hom aan 37 verkragtings

Argieffoto

Argieffoto

ʼn 23-jarige man wat verlede jaar in Limpopo in hegtenis geneem is op aanklag van verkragting, se DNS verbind hom nou aan 37 verkragtings in die Bolobedu-gebied.

“Die verdagte is in Mei 2014 in hegtenis geneem,” het kol. Ronel Otto, woordvoerder van die polisie, in ʼn verklaring gesê. “Die man het by sy laaste slagoffer se huis ingebreek en haar oorval en verkrag. Sy het geskree en haar pa het die man agternagesit. Hy het die man in die been geskiet en die polisie ontbied.”

Tzaneen se familiegeweld en kinderbeskermingsdiens het deeglik ondersoek ingestel en DNS-toetse gedoen. “Die uitslae het bevestig dat die man betrokke was by 37 sake van verkragting.”

Die verkragtings het in 2013 in Bolobedu begin. Die verdagte het sy slagoffers oorval wanneer hulle alleen geloop het, of hy het by hul huise ingebreek en hulle verkrag.

“Die man het Vrydag in die Tzaneen-landdroshof verskyn. Hy moet weer op 30 April in die hof verskyn,” het Otto bygevoeg.

Die man se identiteit word weerhou, aangesien ʼn uitkenningsparade nog gehou moet word.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

8 Kommentare

rensie ·

Watter beter uitkenning as DNS kan daar wees? Gewetenlose gemors wat sy drange net eenvoudig soos ‘n dier blatant en aanhoudend loop en bevredig!

Hetta Niemand ·

Hoekom tyd mors en die slagoffers verder verneder met n uitkennings perade. DNS is meer as genoeg.

l j ·

Wanneer jy jou vuurwapen verkeerdelik aanwend word die van jou weggeneem en jy kry nie weer die reg daartoe nie. Neem weg wat die man pla.

Peet Schabort ·

Ek stem Ij. Wanneer ek my pistool misbruik word dit weggevat. Syne kan ook mos weggevat word, of hoe?

Neptunus ·

Goeie genade, alles in dieselfde gebied, en hy word nou eers gevang? Net ‘n obiter opmerking Maroela: Kry iemand om hierdie bydraes te proeflees asseblief. Anders is julle net nog ‘n meulsteen om ons vuisvoos taal se nek. Korrekte Afrikaans sal wees “DNS verbind hom met 37 verkragtings” (nie AAN dit nie). Dit lyk alweer of die teks sommer op ‘n lui wyse direk uit Engels vertaal is. “Tzaneen se familiegeweld en kinderbeskermingsdiens” moet liefs lees “Die SAPD in Tzaneen se Eenheid vir Gesinsgeweld en Kinderbeskerming”. Fokus mense – selfs al is die persoon wat hierdie berig saamgestel het ‘n matriekkind wat dit vir ekstra sakgeld doen, is daar geen verskoning vir sulke prulwerk nie!

Susan-Marie Viljoen ·

Genade Neptunus, daar is ook maniere om iemand reg te wys op hulle foute. Ek verstaan Maroela se span is maar klein – wees eerder dankbaar dat jy gratis by hulle kan nuus lees en as jy hulle dan wil regwys, doen dit ten minste op ‘n beskaafde manier. Of bied jou eie taaldienste gratis vir hulle aan.

Neptunus ·

Die grootte van die span is geen verskoning nie Susan. Mens is nie bietjie of baie professioneel nie, net soos iemand nie bietjie of baie swanger kan wees nie. ‘n Meer beskaafde manier sê jy? Dis juis as gevolg van hierdie sagte handjies-benadering dat ons soveel volksvervlakking op baie gebiede beleef. Waarvoor moet ek dankbaar wees? Met my gemiddelde salaris dra ek heelwat meer maandeliks by tot Maroela se oorhoofse organisasie as die gemiddelde persoon, en geen hoeveelheid “gratis” nuus gaan my stilswye koop nie. ‘n Ding is reg of verkeerd en basta met die res. Dalk is dit tyd dat hierdie blad beperk word tot mense wat Solidariteit/AfriForum daadwerklik finansieël steun en nie net aanmoedig van die kantlyn nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.