DNS verbind man met vrou se moord

mes

Argieffoto: Pixabay.com

ʼn 39-jarige man is vandeesweek in die Nigel-streekhof gevonnis vir die moord op sy vrou meer as ʼn jaar gelede.

Sers. Harry Manaka, woordvoerder van die polisie, het gesê die man, ʼn inwoner van die Duduza-nedersetting aan die Oos-Rand, se inhegtenisneming volg na puik speurwerk van die Duduza-polisie se speurders.

“Op 6 November 2016 het die polisie ʼn toneel besoek waar ʼn vrou dood in haar bed aangetref is. Haar man was in die huis en het vir die polisie gesê sy vrou het met beserings by die huis gekom, bed toe gegaan en is later dood,” het Manaka gesê.

Die speurders het onraad vermoed en die man verder ondervra, waarna dit aan die lig gekom het dat hy haar met ʼn skerp voorwerp doodgesteek het. Hy het daarna haar bebloede klere uitgetrek en dit van die polisie probeer verberg. Die bebloede klere is op die toneel gevind en die man is dadelik in hegtenis geneem.

Die man is deur DNS-toetse op die klere aan die moord verbind.

Die regter het tydens sy vonnisoplegging die polisie se optrede geloof wat gelei het tot die inhegtenisneming en vervolging van die man. Die man is tot lewenslange tronkstraf gevonnis.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

8 Kommentare

Stormrider ·

Ek weet nie van die sogenaamde puik speurwerk nie.
Ondervraging en bewyse op die toneel gevind – hoeveel ‘speurwerk’ was ter sprake?
Klink vir my maar na ‘n redelike maklike saak om op te los.
Net dankbaar hulle het nie weer opgeskroef met die bewysstukke nie.

Cherokee ·

hehee.. Stormridder, na aanleiding van jou uitleg is die ‘kompliment’ dat jy ‘netso skerp is’ miskien alles behalwe komplimenterend.

Drikus ·

Sy DNS op haar klere? Is ‘n man en vrou wat gereeld aan mekaar raak se DNS nie vanselfsprekend op mekaar se klere nie? Ek aanvaar dat al die inligting net nie in die berig gedeel word nie.

Siek en sat ·

Nou hoop ek van harte dat lewenslank, lewenslank is. Totdat die stuk gemors sy laaste asem op die sementvloer van sy tronksel uitroggel.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.