DNS wys maande later lyk is dié van ontvoerde meisie

Van links is Thokozani Msibi, Brilliant Mkhize, Themba Thubane en Knowledge Mhlanga in die Witbank-landdroshof. Foto: ANA

Die liggaam van Gabisile Shabane, die 13-jarige albino-meisie van Mpumalanga wat in Januarie uit haar ouerhuis ontvoer voordat sy vermoor is, se identiteit is uiteindelik deur DNS-toetse bevestig.

Annah Shabane, Gabisile se ma, het dié nuus Woensdag buite die Witbank-landdroshof bevestig.

Kort vantevore het die tradisionele geneser, Thokozani Msibi, en sy medebeskuldigdes, Brilliant Mkhize, Themba Thubane en Knowledge Mhlanga, in die hof verskyn op aanklagte van ontvoering en moord.

Gabisile Shabane en Nkosikhona Ngwenya, 15 maande oud, is op 28 Januarie in die vroeë oggendure by ʼn huis in Vosman buite Witbank ontvoer waar ʼn 50-jarige vrou saam met haar kinders en kleinkinders woon. Gabisile se onthoofde liggaam is in Februarie in Cullinan, oos van Pretoria, gevind. Ngwenya se liggaam is dieselfde week langs die N4-hoofweg in Mpumalanga gevind.

Annah Shabane (links), praat met Linah Malatjie (middel), burgemeester van Emalahleni en Speedy Mashilo (regs), LUR vir samewerkende regering en tradisionele sake in Mpumalanga. Foto: ANA

Shabane het Woensdag gesê noudat die DNS-toetse uiteindelik afgehandel is, is die reëlings vir die begrafnis aan die gang. “Dankie vir julle ondersteuning van dag een af. Ek hoop ons sal weer julle ondersteuning hê sodat die begrafnis goed sal afloop,” het Shabane aan ʼn skare van honderde mense buite die hof gesê.

Staatsaanklaer Fani Mavundla het in April aan die hof gesê Gabisile is gedwing om remvloeistof gemeng met bier te drink en dagga te rook kort voordat sy vermoor is. Die kinders is vermoedelik vir moetie vermoor.

Monica Nyuswa, woordvoerder van die Nasionale Vervolgingsgesag (NVG), het in Augustus verduidelik dat die DNS-toetse op Gabisile se liggaam langer neem omdat haar liggaam met die remvloeistof besoedel is.

Die beskuldigdes is vroeër borgtog geweier en die saak is vandeesweek uitgestel tot 19 Augustus 2019 wanneer die verhoor in die hooggeregshof in Delmas sal begin.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

9 Kommentare

Lee ·

Ai dis so tragies. Die arme kinders. Verwyder die gemors vir altyd uit die samelewing uit. Traditional healer my ass.

honurable member ·

Hierdie goed maak my naar. Kan mens so ongenaakbaar wees. Miskien moet hulle ook remvloeistof drink..

Santie ·

Mog hulle vrot in die tronk. Die muti wat hulle self sekerlik gebruik het om hulle los te kry in die hof en uit die tronk te hou, het sekerlik nié gewerk nie! Dat mense sowaar nog aan hierdie bose nonsense glo gaan my verstand te bowe! Arme kinders en ouers!

Theresa ·

Sien die name Brilliant and Knowledge. Regtig? Sekerlik nie so gedoop nie.
Eintlik sou dit seker beter afgeloop het as die mense wat hierdie uiters wrede en barbaarse goed aan 2 kindertjies gedoen het, dieselfde behandeling moes deurloop.
Het iemand al ‘n fliek gemaak om oorsee te stuur van hierdie tipe “attocities”? Dis so wreed dat mens dit skaars kan indink.

Karolis ·

“Opregte gamorste daai” verduidelik my tuin adjunkminister toe ek hom die storie vertel.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.