Dobsonville-messtekery: Man wel in hof

Argieffoto

Argieffoto

Die man wat Donderdag in hegtenis geneem is nadat twee kleuters, hul ma en ouma tydens ʼn rooftog in Dobsonville, Soweto met ʼn mes aangeval is, het toe wel Vrydag in die hof verskyn.

Phindi Louw, woordvoerder van die Nasionale Vervolgingsgesag (NVG), het vroeër gesê die aanklagte teen Harris Nhlapo is teruggetrek weens ʼn gebrek aan bewyse. Volgens Louw het die direkteur van openbare vervolging vir Gauteng-Suid egter besluit dat die saak op die hofrol geplaas moet word.

Nhlapo het in die Protea-landdroshof verskyn en die saak is uitgestel vir verdere ondersoek. Hy moet weer op 24 Desember in die hof verskyn. Die familie hou egter vol dat Nhlapo nie die man is wat hulle aangeval het nie.

Die twee seuntjies, onderskeidelik twee en drie jaar oud, en hul 20-jarige ma is Dinsdagaand tydens ʼn rooftog in hul huis in Dobsonville x3 aangeval. Twee mans was glo betrokke. Die tweejarige seuntjie is drie keer in sy kop gesteek en die driejarige het agt steekwonde gehad. Die ma is ook verskeie kere in haar linkerarm met die mes gesteek. Die kleuters se 60-jarige ouma het ʼn sny op haar voorkop opgedoen tydens die rooftog. Die verdagtes het met elektroniese toestelle gevlug.

Klik hier vir vorige berigte oor die saak.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.