‘Dodelike’ N1-botsing het LUR bekommerd

Die ongelukstoneel. (Foto: Twitter)

Jacob Mamabolo, die Gautengse LUR vir openbare vervoer en padinfrastruktuur, eis dringende ingryping ná Vrydag se dodelike kettingbotsing op die N1 in Pretoria.

Jacob Mamabolo het sy kommer uitgespreek oor die hoë aantal sterftes op Suid-Afrikaanse paaie nadat twee vragmotors en minstens agt voertuie tussen die Pumulani-tolplaza en Walmansthal gebots het.

Sewe mense het in dié voorval omgekom.

“Ek glo dat ons buitengewone ingrypings en ʼn nuwe paradigmaskuif nodig het om die sterftesyfer in ons padnetwerk te verminder,” het Mamabolo gesê.

Die LUR het in ʼn verklaring sy medelye met die oorledenes se naasbestaandes betoon. “Ons wil ons innige meegevoel betuig met die families wat hul geliefdes verloor het en wens die beseerdes ʼn vinnige herstel toe. Een dood op ons paaie is een te veel.”

Mamabolo het motoriste versoek om altyd ʼn veilige volgafstand te behou en die regering te help om die sterftes op paaie te verminder.

“Ons kan nie die belangrikheid van versigtigheid op paaie genoeg beklemtoon nie. Dit is jammer dat die ongeluk plaasgevind het op die vooraand van ons Vervoermaand-veldtog wat onder meer kwessies oor padveiligheid uitlig,” het die LUR gesê.

Luidens die verklaring het die departement van vervoer Vrydag met vyf munisipaliteite in die provinsie vergader om planne te beraam oor hoe Gautengse paaie veiliger gemaak kan word.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.

36 Kommentare

jongste oudste gewildste
Snoopy

Nou moet ons die regering help maar kort kort is daar korrupte toetsbeamptes wat of lisensies onregmatig uitreik of onpadwaardige voertuie op die pad sit. Jammer maar ons wat wettig op die pad is en wettig getoets is vir bestuurders lisensies kan die regering nie help nie skerp julle standaarde op wanneer daar mense aangestel word om te keer dat korrupsie plaasvind. Ek is jammer vir die onskuldige mense wat altyd seerkry in die proses

nella

As mense net nie so opmekaar ry nie. Dan is daar ook nog voor mekaar indruk en padreëls word nèt nie toegepas nie. SPOED , SPOED, SPOED oral en altyd.

Koos de Meyer.

Kyk eerstens wat en wie veroorsaak die ongelukke. Meeste van die tyd, swaar voertuie. Taxi’s want die spoorlyne bestaan nie meer nie. Ry tussen Durban en jhb en sien hoe ry die swaar voertuie. Hulle gee nie ‘n flenter om vir jou met ‘n motor nie. As hy sy flikkerlig aan gesit het ry hy voor jou in. Dan kom hy ook nie verby by die een wat hy verbygaan nie. So sit jy maar agter hom vir ‘n ent.

Chris

My innige meegevoel met die famillies van die oorledenes . Bla bla bla ! Mnr Mamobolo gaan niks help nie. Die grootste getal ongelukke word veroorsaak deur persone met gekoopte lisensies. Hulle weet nie wat beteken pad tekens nie , sperstrepe is soos toilet papier hulle vee hulle af daaraan . So ook is die wetstoepassers te bang om teen die nasie op te tree omkoopgeld isvir hulle belangriker. Begin doen iets praat help nie dade is baie meer doeltreffender. .

Se maar net

Maak eerstens seker alle bestuurders het hulle lisensies wettig gekry deur uit te passeer en dit nie gekoop nie. Want as jy dit gekoop het ken jy nie die padreels nie