‘Dodelike’ N1-botsing het LUR bekommerd

Die ongelukstoneel. (Foto: Twitter)

Jacob Mamabolo, die Gautengse LUR vir openbare vervoer en padinfrastruktuur, eis dringende ingryping ná Vrydag se dodelike kettingbotsing op die N1 in Pretoria.

Jacob Mamabolo het sy kommer uitgespreek oor die hoë aantal sterftes op Suid-Afrikaanse paaie nadat twee vragmotors en minstens agt voertuie tussen die Pumulani-tolplaza en Walmansthal gebots het.

Sewe mense het in dié voorval omgekom.

“Ek glo dat ons buitengewone ingrypings en ʼn nuwe paradigmaskuif nodig het om die sterftesyfer in ons padnetwerk te verminder,” het Mamabolo gesê.

Die LUR het in ʼn verklaring sy medelye met die oorledenes se naasbestaandes betoon. “Ons wil ons innige meegevoel betuig met die families wat hul geliefdes verloor het en wens die beseerdes ʼn vinnige herstel toe. Een dood op ons paaie is een te veel.”

Mamabolo het motoriste versoek om altyd ʼn veilige volgafstand te behou en die regering te help om die sterftes op paaie te verminder.

“Ons kan nie die belangrikheid van versigtigheid op paaie genoeg beklemtoon nie. Dit is jammer dat die ongeluk plaasgevind het op die vooraand van ons Vervoermaand-veldtog wat onder meer kwessies oor padveiligheid uitlig,” het die LUR gesê.

Luidens die verklaring het die departement van vervoer Vrydag met vyf munisipaliteite in die provinsie vergader om planne te beraam oor hoe Gautengse paaie veiliger gemaak kan word.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie word ongelukkig tydelik gesluit tussen 19:30 en 06:00.

Jy kan steeds op Maroela Media se Facebook-blad en ander sosiale media saamgesels. Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.

36 Kommentare

Snoopy ·

Nou moet ons die regering help maar kort kort is daar korrupte toetsbeamptes wat of lisensies onregmatig uitreik of onpadwaardige voertuie op die pad sit. Jammer maar ons wat wettig op die pad is en wettig getoets is vir bestuurders lisensies kan die regering nie help nie skerp julle standaarde op wanneer daar mense aangestel word om te keer dat korrupsie plaasvind. Ek is jammer vir die onskuldige mense wat altyd seerkry in die proses

Herr Krieg ·

Groot jammerte dat skepsels wat nie eens bevoeg is om ñ grassnyer te bedryf nie ñ motorbestuurlisensie kan bekom omdat dit ñ sg. ‘Reg’ is.
My innige meegevoel aan die families van die oorledenes.

nella ·

As mense net nie so opmekaar ry nie. Dan is daar ook nog voor mekaar indruk en padreëls word nèt nie toegepas nie. SPOED , SPOED, SPOED oral en altyd.

Gert ·

Nella, in Duitsland is daar geen spoedperke op die autobahn nie, was self daarop, mense ry 200km/h en vinniger, en hulle het die laagste ongeluksyfer van enige land. Dis die mite in Suid-Afrika dat spoed die ongelukke veroorsaak, maar die werklike rede is onbevoegde bestuurders en gehawende paaie. In hierdie geval was ‘n groot faktor ‘n veldbrand.

Koos de Meyer. ·

Kyk eerstens wat en wie veroorsaak die ongelukke. Meeste van die tyd, swaar voertuie. Taxi’s want die spoorlyne bestaan nie meer nie. Ry tussen Durban en jhb en sien hoe ry die swaar voertuie. Hulle gee nie ‘n flenter om vir jou met ‘n motor nie. As hy sy flikkerlig aan gesit het ry hy voor jou in. Dan kom hy ook nie verby by die een wat hy verbygaan nie. So sit jy maar agter hom vir ‘n ent.

Chris ·

Koos dit is die waarheid wat jy praat ek het dit die afgelope week ook weer beleef. n Sperstreep beteken vir hulle niks dit is soos toilet papier hulle vee hulle af daaraan. Beste raad is bly verwegvan af hulle soms moeilik maar mens probeer maar

Chris ·

My innige meegevoel met die famillies van die oorledenes . Bla bla bla ! Mnr Mamobolo gaan niks help nie. Die grootste getal ongelukke word veroorsaak deur persone met gekoopte lisensies. Hulle weet nie wat beteken pad tekens nie , sperstrepe is soos toilet papier hulle vee hulle af daaraan . So ook is die wetstoepassers te bang om teen die nasie op te tree omkoopgeld isvir hulle belangriker. Begin doen iets praat help nie dade is baie meer doeltreffender. .

Se maar net ·

Maak eerstens seker alle bestuurders het hulle lisensies wettig gekry deur uit te passeer en dit nie gekoop nie. Want as jy dit gekoop het ken jy nie die padreels nie

Lena Jonk ·

Gaan doen nou moeite en kyk asb hoeveel gekoopte bestuurslisensies is uitgereik, as hulle dit op n wettige manier gekry het sal hulle weet wat om te doen, uit en klaar.

Arno Scheepers ·

Lena jy praat so waar en wys asof jy oud is en nie jonk nie.

Arno Scheepers ·

Lê ALLES voor die deur van die korrupte anc regering. Swak tot geen onderhoud, korrupte verkeerspolisie, taxi’s met geen respek vir verkeersreëls, swaar voertuie en die verval van n eens trotse spoorweë. Die anc met sy onbevoegde kader aanstellings en nepotisme.

Coco ·

Gee weer die verkeersbeamptes wat eerlik was en wat die werk kan doen weer die geleentheid want baie van ons is ontslaan wat korrupsie oopgevlek het want ons het te veel geweet en moes verwyder word uit die sisteem

Rene Prinsloo ·

Innige simpatie aan die families van gister se gru ongeluk. Kry die spoorlyne vir vervoer op standaard en minder vragmotors op die pad. Hulle is net so gevaarlik soos al die onpadwaardige taxis op die pad.

Bets ·

Ek het dit al voorgestel en sien nou nog dat dit dalk swaar voertuie uit die pad van ligte voertuie sal verlig op ons opaaie. Maak een baan toegespan van die snelwee en twee baan paaie, waar swaarvoertuie hulle spoed moet hou, nie verby ‘n ander swaarvoertuig kan ry en voor ander voertuie inswaai nie. ‘n sandpad wat indien ‘n swaarvoertuig onklaar raak in daardie baan gaan staan totdat hulp opdaag. Meeste van die swaarvoertuie beweeg verby die ander swaarvoertuig en dan kom ‘n motor wat 120km p/u (hopelik) dan nie ewe skielik n swaarvoertuig voor hom sien en nie kan uitswaai voor aankomende voertuie, maar dit tog doen, want hy het geen keuse, of onderskat die afstand van die voertuig langs hom, of teen die swaar voertuig of die ligte voertuig, want van die spoedvrate dink net aan hulle self en hou nie hulle aandag ten volle op die pad nie. En ons almal weet hoekom, SELFONE.

Donald ·

Was onlangs in Italië / Oostenryk.2400 km gery. Baie meer swaarvoertiue op die pad. Hul bly eenvoudig in hul baan, en sal net verby vat as daar geen ander ligte voertuie is nie.

Erna Dreyer ·

Ek wag nou 1jr 2mnde vir my nuwe bestuurslisensie! Ek en my man het Aug 2018 aansoek gedoen op Kriel, hy het syne 2mnde later ontvang. Myne nog uitstaande na vele navrae, die fout lê glo in Nelspruit waar die lisensies uitgereik word! Ek moes 3x my vingerafdrukke doen. Waar en wie kan my help?

Lalie ·

Hoekom word die Bestuurders nie behoorlik geleer hoe om te bestuur nie. Nee die koop van lisensies is mos aan die orde van die dag.

NEL ·

Geen kommentaar oor die ongelukke wat mense se lewens neem nie. Kry eers die verkeermanne wat dronk op diens is nugter en laat hulle hulle werk gaan doen waarvoor die belasting betaal. Dan is ons ook al n stap nader in die regte rigting.

Max Berg ·

Die LUR moet meer bekommerd wees oor sy kollegas wat soos kriminele rondjaag met hul BBP-Bender’s.

Johanna Botha ·

NOU is die lur bekommered ….hehe due anc se mense is BAIE snaaks ! ! Gaan niks gebeur nie !

Waaksaam ·

Ek voel bitter jammer vir die mense wat geliefdes in die ongeluk verloor het???????????? maar as die kommetare so lees oor onwettigheid en wat nog stem ek nie heelhartig saam nie. Kyk wat was die toestand met ń veldbrand waar is die verkeersbeamtes wat op diens was? Hoekom nie aan altwee kante van die pad verkeer gestop nie? Waar is die duur brandweerwaans wat gekoop word?
Hoekom gaan ry jy in ń wolk van rook as jy nie kan sien? Dus wat my pla !!!!!!

Seemonster ·

Waaksaam, ek stem saam met jou. In hierdie geval het die rook van die veldbrand die sig belemmer. SANRAL en verkeersowerhede moes paaie dadelik toegemaak het, en motors dan in enkel gelid teen 20km/uur laat deurbeweeg het

Hella ·

Waaksaam ek stem 100% saam jou laas vrydag di 20 ste Sep het n soot gelyke ongeluk reg voor my gebeur ook op di N1 so 50km voor Mokopane ook as gevolg van rook ,brande weeskant van di pad ,brande wat gemaak is as voorbrande ,ma nie di brandeeer of verkeerbeamtes was da naby ni ,da was 2 vragmotors en 3 karre betrokke gewees in di ongeluk ,gelukkig was da geen sterftes,my vraag is hoe kan da voorbrande langs n pad gemaak word ma da ni brandweer of verkeerbeamtes om di verkeer te reguleer ni

Herr Krieg ·

Dit is nie spoed, rook, mis en selfone wat lewensverlies veroorsaak nie. Dit is die gebrek aan vaardigheid, arrogansie en houding. Wanneer jy niks omgee vir jou medemens nie, sal jy nog steed ñ ongeluk veroorsaak teen 10Km/uur!

MEYER ·

Die spoor netwerk moet weer opgeknap word en begin werk. Die trokke is die ergste moordwapen op die paaie. Ek het al paar keer kaap toe gery. En dit is glad nie sondagskool uitstappie op die N1 nie.

Jannie ·

Daar is mos ñ puntestelsel oppad, so moenie verder worry nie! Dis mos hoekom dit gedoen is? Om lewens te red. AARTO gaan mos alles regmaak wat krom is….

Strandloper ·

Ken die Here in alle saake. Ek vra elke dag dat HY my moet beskerm, kalmte en wysheid gee voor ek werk toe ry. Dit is n saalige rit met die weete HY is in beheer. Satan is lustig en ja soms val ek vir sy streeke maar HY wen altyd.

Johan ·

Die heer Jacob Mamabolo moet die dep. Miniraalsake nader. Hul korrupte myninspekteurs is so opgelei dat hulle ‘n myn sluit as daar ‘n ou op een van die myne seerkry. Selfs ‘n seer toon veroorsaak ‘n helse ondersoek en verklarings van elke bestuurder op die betrokke myn.

Indien hy hierdie arrogante inspekteurs kan kry om te help met verkeerbeheer, dan haal hulle 70% van alle bestuurders van ons paaie af, sluit die paaie en wag vir ‘n ondersoek wat 40 dae en 40 nagte gaan verg om te bepaal wie’t nou eintlik die ongeluk veroorsaak!!!

Slegs die ouens wat dan omkoopgeld betaal, sal dan weer toegelaat word om terug te keer op die betrokke pad. Gelukkig sal daar bitter min voertuie op die paaie wees en ons wetgehoorsame motoriste sal dan maar noodgedwonge op die grondpaaie, addisionele draaie moet ry om by ons bestemmings uit te kom…..

A Mac ·

Miskien kan die minister ‘n pad identifiseer en kyk of die volgende gaan werk: elke 10-15km daardie goed wat so grrr-grrr-grrr-grrr as jy oor dit ry net om jou weer bewus te maak van jou spoed en omgewing, en dalk elke 40-50km ‘n spoedhobbel waar jy regtig moet spoed verminder. Ek ry gereeld langpad en soms is dit of mens “wegraak” (NIE AAN DIE SLAAP NIE), en ek dink dit sal jou net weer laat aandag gee aan die pad. Dit help nie ons skree “verkeersinspekteurs, korrupsie”, en wat nog nie. Ons het iets OP DIE PAD nodig, nie iemand onder ‘n brug of boom nie. En ons begin nou al weet waar die mense sit.

Gert van Wierdapark ·

Die betrokke mini-ster van Gauteng moet darem teen die tyd weet dat beroepe wat hy en die nasionale mini-ster tot die publiek rig, op dowe ore val! Wie Luis of lees die beriggie en verander oor ag van hul padvarkerige gewoonte = niemand nie. Hulle dink met die bietjie “Spin” oor die media, het hul hul deelyjie gedoen?!! Die kop-skuif wat nodig is, is om ELKE padvark, van n Taxi tot n boulig – brigade bestuurder, se voertuig te skut en hul lisensies terug te trek en te “swartlys”, of watter kleur ook al op besluit word!!!

Ekke ·

Nee stop strate sperstrepe rooi verkeersligte ens word mos verontagsaam wat dit was apartheid se reels

wilma ·

Ons was ‘n paar jaar gelede op dieselfde roete toe daar ook ‘n verskriklike brand was en rook die uitsig belemmer het. Indien my geheue my nie in die steek laat nie, was daar ook ‘n sterfgeval of twee.

Johan ·

Ek ry daai pad elke naweek, ek daar enige persoon uit om saam met my te ry vir n naweek. daar bestaan geen werklike wetstoepasing nie mense jaag soos besetenes. elke naweek is daar 2-3 spoedlokvalle maar dit is net vir bribes lyk dit my. ek persoonlik het al gesien hoe n voertuig teen n baie hoe spoed by my verby jaar en afgetrek word. daai voertuig moes verseker meer as 170kmpu gejaag het. 10 km later kom hy weer by my verby teen160 plus. ekle keer as daar n groot ongeluk is dan praat hulle maar niks word gedoen nie.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie word ongelukkig tydelik gesluit tussen 19:30 en 06:00.

Jy kan steeds op Maroela Media se Facebook-blad en ander sosiale media saamgesels. Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.