Dodelike skietery by Pta-winkelsentrum

Die skietery was in die parkeergebied van die sentrum. (Foto: Twitter)

ʼn Man is dood en nog een agter tralies ná ʼn skietery Maandagoggend by die luukse Menlyn Maine-winkelsentrum in Pretoria.

Volgens die winkelsentrum het die voorval in die oop parkeerterrein van die sentrum gebeur.

ʼn Video van die voorval is wyd op sosiale media versprei.

Die winkelsentrum het gesê sy sekuriteitsbeamptes was dadelik op die toneel en die polisie het kort daarna gevolg.

Brig. Mathapelo Peters, Gautengse polisiewoordvoerder, het gesê die oorledene was glo saam met twee ander mans by die winkelsentrum, toe een van hulle die verdagte genader het. ʼn Stryery het uitgebreek. “Voorlopige aanduidings is dat die verdagte na sy voertuig toe is, en met ʼn vuurwapen teruggekeer het.

“Hy het meer as een skoot op die oorledene geskiet, wat die situasie probeer ontlont het. Die man is op die toneel dood verklaar,” het Peters gesê.

‘n Video van die voorval is op sosiale media versprei. (Skermgreep: Twitter)

Die polisie het op sy wapen beslag gelê.

Die motief vir die skietery is in dié stadium nog onduidelik.

“Die verdagte is in hegtenis geneem en sal op ʼn moordklag in die Pretoriase landdroshof verskyn,” het Peters gesê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

18 Kommentare

Ai ·

Ek stem saam met jou Karli. Defnitief is hulle daarop uit om ons aspris uit te lok en dood te maak. Hy sal nog loskom ook. Ons Regering sal net ‘n blinde oog gooi/

Ferdie ·

So lyk die nuwe Suid-Afrika reeds 57 moorde oor die naweek .

Blondie ·

Festive season? Veel eerder iets soos hunting season in SA………..

Mens wil jouself net toesluit in jou huis agter hoë mure en alarm stelsels en nêrens heengaan nie.

Lana ·

…waarom verwys mense nog na “Die nuwe” Suid-Afrika? Dit is al meer as ‘n kwarteeu vandat die ANC die land regeer. Niks meer nuut nie, net oor die algemeen aansienlik verwoes.

Nadia ·

Dit is verskriklik. My innige simpatie aan die familie.
Is dit net ek of is dit 2 verskillende fotos?

Sê net ·

Heel moontlik dat daar twee skieterye gister was en die fotos deurmekaar geraak het.

Jaco ·

Toe ons klein was het n moord nuus 7uur nuus gehaal. Dis nou so algemeen slegs sekere moorde word van gehoor. Kry die gevoel dat n rusie op n moord afstuur die norm gaan raak. Geen konflik of moord…

Fotos tog ·

Die een foto is van wes geneem en die ander van suid, tog…

Dorotie ·

Ek het nie geweet ‘n winkelsentrum kan praat nie. Dit is die eerste keer wat ek hoor die winkelsentrum se dit of dat. Ek vra maar net

Rina ·

Woede wat nie beheer kan word nie. Waar los jy n vuurwapen in jou voertuig ……… onverskillig … nog n aanklag. Beter om jou inkopies vinnnig af te handel en tuis te bly.. jou woning gerieflik en veilig in te rig

Johan ·

Hulle het die person in sekuriteit bakkie gesit om hospital toe te neem. Hy is oorlede voor hul by die hek uit is. Eerste foto is by die uitgang waar hul hom weer afgelaai en behandel het, maar toe dood is. Tweede foto is waar hy geskiet en geval het. Daar is ‘n video van die hele voorval.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.