Dodelike skietery toe twee glo in tou wou indruk

Inwoners het die verdagte na die skietery voorgekeer en aangerand. (Foto: PT Alarms/Facebook)

ʼn Man is agter tralies ná ʼn skietery in Isipingo, wat glo gevolg het op ʼn stryery oor twee mense wat in ʼn tou ingedruk het.

Die mense het omstreeks 08:00 Dinsdagoggend in die tou buite ʼn perseel in Isipingo gewag, oënskynlik om maatskaplike toelae te ontvang.

ʼn Argument het ontstaan toe twee mans glo ingedruk het.

“Tydens die argument het die verdagte sy vuurwapen uitgepluk, skote geskiet en twee mense gewond,” het kapt. Nqobile Gwala, polisiewoordvoerder in KwaZulu-Natal, gesê.

Die man het gevlug, maar nog ʼn man het hom probeer voorkeer.

“Hy het sy vuurwapen uitgehaal en die slagoffer, vermoedelik in sy 30’s, in die bors geskiet. Hy is op die toneel dood verklaar.”

Inwoners het daarna nadergestaan en die verdagte aangerand.

Hy is met die hulp van ʼn veiligheidsmaatskappy aangekeer en word onder polisiebewaking in ʼn hospitaal behandel.

Gwala sê aanklagte van moord en poging tot moord word ondersoek.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

Sarel ·

Die gevolge van swak organisasie. Ons sien daagliks hierdie mense in toue staan. Laat Parlementslede self bietjie in die Bloedige son in ‘n tou kom staan .

Tanniepetoors ·

So nou word daar al moord gepleeg vir SASSA-toelaes, korrupsie en diefstal is nie genoeg nie. Ons arme land en sy mense gaan ten gronde en ons onbeholpe regering kyk hande gevou toe.

Blikkies ·

Ek dink weer dit is maar die tekens van die tye waarin ons leef. Mense het nie meer geduld nie, is verskrik en bang en aggresief. So iets wat hier gebeur het sal enige iemand die josie inmaak want jy staan in die tou vir lang tye en wag jou beurt af, wie dink die indringer is hy om jou te ontneem van jou plek. Die wereld is oral onderstebo en het mal geword……..en dit word erger.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.