Altesaam agt mense is dood en sewe beseer in die trompop botsing wat Vrydagoggend in Tembisa tussen Pretoria en Johannesburg plaasgevind het.
Werner Vermaak, woordvoerder van ER24, het gesê die Ekurhuleni-metropolisie het ná hul ondersoek op die toneel die dodetal bevestig. “Daar is aanvanklik gedink dat ʼn kind ook in die ongeluk omgekom het, maar verdere ondersoek het bepaal dat daar nie ʼn kind in die taxi was nie,” het Vermaak gesê.
Maroela Media het vroeër berig ʼn minibustaxi en ʼn Ford Ranger het mekaar omstreeks 05:00 reg van voor getref op die M57 by Olifantsfonteinweg [Ou Pretoriaweg].
Die taxi het ná die ongeluk omgeslaan en aan die brand geslaan. Die oorledenes het onherkenbaar verbrand. Die bakkie het ná die botsing die pad verlaat en teen ʼn muur tot stilstand gekom. Lees meer hier.