Dodetal ná gru-ongeluk styg verder

Die dodetal het nou tot 13 gestyg. (Foto: KZN EMS)

Die dodetal ná Saterdag se gru-ongeluk tussen Underberg en Bulwer in KwaZulu-Natal het verder gestyg en staan nou op 13. Nog twee mense is ernstig beseer.

Die minister van vervoer, Fikile Mbalula, het gesê die slagoffers is vermoedelik almal familielede. Die jongste slagoffer was ʼn tweejarige kind, terwyl die oudste slagoffer 61 jaar oud was.

Robert McKenzie, woordvoerder van die provinsiale nooddienste, het vroeër gesê die ongeluk het in Kilimon plaasgevind. Die bestuurder van ʼn minibustaxi het glo beheer oor die voertuig verloor waarna die taxi die pad verlaat het.

Mbalula het sy medelye met die familie en vriende van die slagoffers betuig.

“Ons is diep bedroef deur hierdie gru-ongeluk en die ontydige sterftes laat ʼn leemte in talle se lewens.

“Ons pleit by motoriste om uiters versigtig te wees – om nie net hul eie lewe te red nie, maar ook dié van ander motoriste,” het Mbalula gesê.

Die Padverkeerbestuurskorporasie (RTMC) en die polisie ondersoek die presiese oorsaak van die ongeluk.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

Stefaan ·

“Ons pleit by motoriste om uiters versigtig te wees – om nie net hul eie lewe te red nie, maar ook dié van ander motoriste,”
Sê dit vir die Taxi bestuurders wat daagliks alle reels en regulasie oortree en almal om hulle en die insittendes se lewens in die gevaar stel.

ᛄᚪᚾ ·

Sê asb ook vir die busbestuurders. Hierdie pendelaarsbusse ry soos die taxis, maar weeg 6keer meer. Hulle maak my meer vreesbevange as enige ander padgebruiker

Nicholaas ·

Ons weet hoe belangrik pad reels en regulasies is se, se dit vir die taxi,s of is jul te bang om reguit vir hul te se.

JM ·

Taxi-bestuurders glo hulle beheer die paaie en hul roekeloosheid ken geen perke nie. Ek het ‘n week gelede tussen Johannesburg en Pretoria gery, die verkeer het opgedam as gevolg van twee ongelukke en wat doen die taxi’s? Hulle jaag die een na die ander in die geellyn verby, want hulle mág mos! “Wie gaan ons keer?” Taxi’s is die grootste vloek wat ons paaie nog getref het en die oorsaak van duisende lewensverliese.

Pieter ·

So gaan dit in die ANC land jy koop mos jou best lisensie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.