Dodetal styg in brand by Jhb-gebou

Foto: ER24

Minstens sewe mense is dood nadat ʼn brand by ʼn gebou in die Johannesburgse middestad uitgebreek het.

Nana Radebe, woordvoerder van die Johannesburgse nooddienste, het aan Maroela Media gesê die brandweer en nooddienste is omstreeks 09:00 na die gebou by Nugget- en Jeppestraat ontbied.

“’n Man het na sy dood gespring nadat die gebou begin brand het. Die liggame van ses mense is binne die gebou gevind.”

Volgens Radebe is dit ʼn gekaapte gebou waar mense in haglike omstandighede leef. “Die brand is grootliks geblus, maar smeul nog. Die oorsaak van die brand is nog nie in dié stadium bekend nie.”

Talle ander mense is uit die gebou en van die dak gered.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

12 Kommentare

m ·

Hoekom word mense in die eerste instansie toegelaat om so te leef. Dis omdat sulke goed net toegelaat word dat dit so gaan.

Lientjie ·

Want hulle sukkel al baie jare om hulle uit te sit. Die gebou is al baie lank terug onveilig verklaar, maar die mense wou nie uit nie. Nou kan hulle maar die gebou sloop!

Jaco ·

Die middestad is vol sulke geboue wat net leeg staan. Daar is nie geld om dit plat te slaan nie so dit word net gelos. Wie weet wat alles daar binne aangaan…

judith ·

ja Jaco, wie weet wat alles daar binne aangaan….. waar ’n rokie is, moet ’n vuurtjie wees…

wicus ·

AS DIE SYPAADJIE SO VOL GEMORS IS WIL EK NIE WEET HOE LYK DIE KAMERS NIE

Maya Roon Joubert ·

Kyk net hoe lyk die sypaadjie! Derde wêreld gemors verby as dit buite in die publiek so lyk dan hoef ‘n mens nie eers binnekant te kyk hoekom ontstaan daar ‘n brand!?

Donovan ·

Meeste van die geboue word deur Sanlam en Old Mutual besit en in die vroee 70-80s was dit baie goeie beleggings maar sederd die nuwe RSA staan die geboue leeg en ons as polis houers se gelde moet daardie heffings en dienstes betaal sonder dat daar enige inkomste verdien word… Hopelik sal die versekering die gebou nou sloop… Daar is so baie geboue wat onwettig net beset word en niemand kry die mense uit nie… jy kry hof bevel teen een en as jy weer sien is die volgendes weer in… is n baie bose kringloop… Ek het wel al gesien dat van hierdie geboue omskep word in woon eenhede wat baie mooi is maar wie wil gaan bly in n plek wat jy nie veilig in is nie…

Christelle ·

Die hele wereld is aan die brand. En wonder wat gaan aan. !!!!

Mrs.B ·

Toe ek nog tiener was (wat baie jare terug was) het ek deur die strate van Johannesburg stad gestap. Toe was dit nog veilig en skoon. Vandag is al die geboue omskep in onwettige verblyf en wegkruip plek vir onwettiges. Hulle leef sonder krag en water, dit is hoekom die gebou brand, seker vuur gemaak om warm te bly.

P ·

Dit gaan so want die hele wereld se vlugtelinge kom mos hierheen. Hulle kom woon hier sonder werk en dan trek hulle net in en ons moet sorg. Daarna gaan soek hulle ‘n stukkie grond en sit ‘n struktuur op en dan kan hulle begin betoog vir dienste en ons moet maar ingee en betaal. Daarna betoog hulle vir huise en brand ons geboue af, moor en roof en hulle word nie gevang nie. Ek weet nie waarheen alles gaan nie maar ek sien nie dat dit beter sal gaan in die land van ons nie

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.